Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 108

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die betekenis van die leer van die Heer

108 Almal bedank My en sê dat hulle dit goed verstaan het, en ons Markus, en met hom ook die ander Romeine, sê nog in die besonder: “Heer en Leraar! Nou begin ek en my metgeselle steeds helderder in te sien dat daar, om God waarlik te leer ken en onwankelbaar lewend in Hom te glo, `n korrekte kennis van die aarde en alles wat daarop en daarin is en sigbare vorms aanneem, absoluut noodsaaklik is; want daardeur begryp mens eers dat hierdie aarde en alles wat daarop is `n baie wyse en almagtige en sodoende ook baie goeie grondlegger en Skepper moes gehad het, omdat `n blinde mag, wat nie eens van homself bewus is nie en wat ons heidene *”fatum” noem, op die aarde en in elke afsonderlike skepsel alles onmoontlik so wys en doelmatig sou ingerig het. *(Latyn vir onafwendbare noodlot) 

[2] In die korrekte kennis van die natuur en haar uiterste wyse geordende krag is dus al `n onomstootlike bewys geleë van die bestaan van `n ewige en hoogs wyse, almagtige en buitengewone goeie God en Skepper van alle dinge en alle wesens. En as die bewys eenmaal bestaan en onomstootlik vasgestel is, is die volledige ware geloof in `n God tog `n vanselfsprekende en uitgemaakte saak.

[3] Wanneer daar dan bowendien nog U leer oor die voortlewe van die siel na die dood van die liggaam en oor die ware, innerlike en lewende ryk van God bykom, en die mens kennis verkry oor wat hy is en waarom hy daar is en hoe hy moet lewe en handel om die kindskap van God te bereik, dan sal hy dit ook beslis doen, en dit te meer, omdat hy tewens deur U leer te wete kom watter lot hy na die dood van die liggaam kan verwag, as hy in sy dwalinge en kwaadaardighede bly.

[4] Heer en Leraar, ek spreek hier nie as Judeër nie, maar as `n baie ervare heiden, en sê: U leer oor die ryk van God en oor die enige ware en ewige bestemming van die mens is onmiskenbaar die hoogste, suiwerste en waarste en tegelykertyd ook die mees oortuigende begryplike, wat die mens ooit as leer oor God en oor hulle bestemming gehoor het, en vir ons is dit nou soveel beter te begryp en te glo, omdat ons die onuitspreeklike geluk het om dit uit U goddelike mond te hoor; want ons sien U, hoor U en kan en mag met U, die enigste ware God en Heer van die ewigheid, oor die mees verskillende dinge en omstandighede praat.

[5] Ons het egter geen ander bewyse vir onsself nodig vir die werklike bestaan van `n God as slegs U self nie; ons is maar tien, aan wie die onbeskryflike geluk en die ewige onverdiende barmhartigheid ten deel geval het om in U die ewige Heer van alle hemele, alle wêrelde en al die lewe te gevind het.

[6] U sal nie persoonlik met ons saamgaan na Europa en na Rome om U daar, net soos hier, deur woorde en dade te openbaar sodat alle heidene U sou erken en in U sou glo nie, maar ons alleen sal U aan hulle verkondig en is ook by voorbaat al daarvan oortuig dat ons werk en ons inspanning nie vrugteloos sal wees nie. Maar ons stamgenote tuis is baie kritiese mense en glo eers in iets, wanneer hulle van soveel moontlike kante helder en baie deeglike, bewyse verkry het dat dit werklik bestaan, wat nou meer noodsaakliker is omdat by ons wysgere en geleerdes die ateïsme algemeen gangbaar geword het en geen enkele hoër ontwikkelde mens meer aan die een of ander God dink en heeltemal daarin glo nie.

[7] En kyk, o Heer en Leraar, daarom is ek van mening dat vir die verkondiging van U heilige Naam en U leer die bewys vir die onbetwisbare bestaan van `n enige ware God vereers helder geformuleer moet word vanuit die natuur en ordening van hierdie aarde en haar wesens! As dit eenmaal wortel geskiet het, sal dit vervolgens ook maklik wees om U Naam en U leer so te verkondig dat mense algemeen in U sal glo en U as die enige ware God sal beskou, en U in woorde en dade sal aanbid en liefhê.

[8] Vir kinders kan `n mens natuurlik vinnig en maklik iets laat glo - maar vir manne, soos wat ons wat in Rome en vele ander stede ook buitengewoon baie van het, moet mens baie anders tegemoet tree, as mens hulle vir iets wil wen! En om die rede het ek dan ook my beste gedoen om oor verskillende dinge en verskynsels in die sfeer van hierdie materiële wêreld baie opheldering te verkry, en ek dank U dan ook al by voorbaat in die naam van al diegene wat stellig deur my tot U bekeer sal word, dat U ons Romeine sulke opheldering nie weerhou het nie!”

[9] Ek sê: “Ek weet baie goed, waarom julle My oor die een en ander om verklarings gevra het en Ek prys julle ywer en goeie wil, en julle werk en moeite ter wille van My Naam sal steeds met My seën bekragtig wees!

[10] Maar tog sê Ek vir julle dat julle nie die mens te veel op die natuur van die materiële dinge van die wêreld sal wys, sodat hulle dink dat hulle God daarin moet soek nie. Daarmee sal julle die mens tot `n vermoede en aanvoeling van die bestaan van `n God bring, maar nooit tot die volle kennis van Hom en tot die ware en lewende geloof in Hom nie.

[11] Maar as julle My leer, soos julle ook dit helder en suiwer van My ontvang het, aan julle broeders sal gee, sal hulle na julle luister en die leer ook aanneem; en omdat My woorde krag, mag en lewe in hulle dra, sal hulle ook iets baie anders in die hart en gemoed van julle broeders teweeg bring as alle moontlike bewyse op grond van die materiële wêreld en die ordening daarvan.

[12] Maar wanneer die mens dan in My sal glo en ook volgens My leer en dus volgens My wil sal lewe en handel, sal hulle in hulself ook die ware leraar en verdere geleier vind, wat hulle in alle ander waarhede sal binnelei.

[13] Wie God en Sy ewige lewensryk wil vind, moet dit in homself, dus in die stille kamertjie van sy hart in die liefde tot God en die naaste begin te soek. En wie ernstig begin te soek en aldeur bly soek, sal ook vind wat hy gesoek het; - maar wie in die soeke verslap, sal dit wat hy wel wou vind, as dit hom maar al te veel moeite sou kos, op hierdie wêreld en ook aan ander kant nouliks of ook heeltemal nie vind is nie.

[14] Begin daarom eers met My lewende woord en wys dan eers agterna vir hulle wat My evangelie aangeneem het, op die oorsaak en die verskynsels van die dinge en hulle orde in hierdie wêreld, dan sal julle so die beste resultate van julle werk en inspanning oes!

[15] Maar nou gaan ons hierdie heuwel weer verlaat en ons na die reeds gereedstaande oggendmaal begewe; daarna sal ons kyk wat ons op hierdie dag nog alles sal onderneem!”

[16] Die Romeine en ook al die ander bedank My vir die gegewe raad, en ons begewe ons dadelik na die dorp en die huis, waar in die groot eetsaal, die welbereide visse, brood en nuwe wyn in `n groot hoeveelheid op die tafels staan. Ons gaan dan ook dadelik daar aansit; soos altyd seën ek ook eers die spyse en die drank en daarna eet en drink ons. Vir die jonges sorg ons RafaEl. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205