Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 113

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die herbergier doen verslag oor die Fariseërs

113 Eindelik kom die herbergier weer na ons toe, deel ons met groot dankbaarheid die wonderbaarlike genesing van albei siekes mee en sê vir My: “Heer! U is meer as `n mens van my soort! U is nie net `n Heiland wat sy gelyke nie meer in die wêreld het nie, maar U is `n groot profeet, waaraan ons in hierdie tyd wel baie behoefte het; want as ons Fariseërs nog lank so sal aangaan, soos wat hulle ook nou doen, dan sal alle geloof aan een God ten gronde gaan. 

[2] Ek het weliswaar van reisigers, wat hier verblyf gehad het, al baie gehoor oor `n profeet, naamlik dat hy groot tekens doen en die mense weer tot die ware geloof in één God bekeer; maar die Fariseërs is hom baie vyandiggesind.

[3] Ongeveer `n jaar of miskien nog korter gelede het hy ook in Bethlehem en plaaslik hier in die omgewing wonderbaarlike werke verrig; daarvan het ek self egter niks gesien nie, aangesien ek vanweë die baie sorge en die werk vir die instandhouding van hierdie groot herberg van my byna nêrens kom nie en Jerusalem al meer as tien jaar nie gesien het nie, - en so weet ek wat ek weet, maar net omdat ek ander terloops daaroor hoor praat het.

[4] Daar kom wel byna elke week `n paar Fariseërs van Bethlehem af hierheen, maar om hulle oor so iets te vra, sou vergeefse moeite wees; want hulle vervloek sonder meer alles wat maar enigsins van die normale afwyk en verklaar dit tot `n baie strafbare sonde, ook al vertel mens hulle dat jy maar net mense in die verte daaroor hoor praat het. Daarom is mense soos ons dan ook nie kwalik te neem as hy hom oor byna niks anders meer bekommer en sorg maak as net oor sy eie huishouding nie.

[5] Wel nou, `n paar dae gelede was daar in die nag aan die hemel werklik buitengewone dinge te sien. Mense het weliswaar na die Fariseërs gegaan en wou vasstel wat hierdie wonderwerke alles sou beteken, en die mense dink ook daaraan dat die goeie, ou JaHWeH nou tog eindelik weereens `n teken van Homself aan die Judeërs gegee het. Maar niks daarvan nie! Die Fariseërs vertel die volk met `n baie opgewekte gesig dat die hele indrukwekkende verskynsel, wat vir ons Judeërs geen goeie profesie inhou nie, `n volksbedrieëry was, bewerkstellig deur die Romeine, met behulp van die Essene, wat goed tuis is in allerlei towerkunste. En verder het dit niks anders beteken nie as dat die Romeine, met wie in die besonder die hoër en ryk deel van die Judeërs al `n lang tyd mee haaks was, deur dergelike metodes die meer liggelowige en bygelowige volk wil mislei en vir hulle Judese owerstes aanstel, om daardeur `n algemene opstand van die Judeërs vir die enigsins swak geworde oormag van die heidene te verhinder. Met hierdie verklaring het mense dan weer baie onverskillig en welgemoed, sonder verdere ongerustheid na hulle huise gegaan en het hulle in die geheel nie meer oor die hele verskynsel bekommer nie, hoe verskriklik dit ookal daar uitgesien het. 

[6] Kort daarna sien mense drie sonne opgaan. Mense stel vrae en kry as antwoord dat dit beteken dat daar wind aan die opkom was en daar weldra ruwe weer sou intree. En weer gaan die mense sonder verdere bedenkinge na hulle huise.

[7] So was daar ook nog maar enkele dae gelede in hierdie streek bepaalde verspreiders van `n nuwe leer, wat sou uitgaan van die profeet uit Galilea, wat rondgetrek het en ook buitengewone tekens gedoen het, en daar is al baie van die volk wat dit navolg. Hoeveel daarvan waar is, weet ek natuurlik nouliks; want by my het daar niemand gekom wat ook maar in die verte na so `n boodskapper van die nuwe leer gelyk het nie.

[8] Maar eers `n paar dae gelede vra ek aan iemand uit die sinagoge, wat uit Bethlehem hierheen gekom het, hoe dit nou is met die boodskappers van die nuwe leer, wat skyn in hierdie omgewing rond te trek, en hy sê vir My: “Ag, sedert die Romeine ons meesters is, swerf dergelike werklose en werksku gespuis immers steeds in groot aantalle rond! Die word deur hulle geduld en gesteun, en ons kan weinig of niks daaraan doen nie!” 

[9] Ja, teen `n dergelike verklaring kon mens redelikerwys ook weer niks inbring nie! Want ten eerste is mense self nie beter op hoogte van alles wat nou daar in die gehele groot ryk van die Judeërs is en gebeur nie, en ten tweede kan mens hulle, selfs wanneer mens beter op die hoogte sou wees van iets buitengewoon, hom tog nie inlaat in `n gesprek met die welsprekende menere uit die sinagoge nie, want ten eerste sou mens niks met hulle kan begin nie en ten tweede ook die gevaar loop om in alle opsigte deur hulle vervolg te word. En so bly mens dan liewer gewoon `n stille landsburger en bekommer hom nóg oor die een, nóg oor die ander nie, hoewel `n mens maar al te goed insien dat die aanhangers van die sinagoge ook maar net vanweë hulle buik is wat hulle is, en hulle self nog minder in `n God glo as één van hierdie baie vrugtebome van my.

[10] En daarom sê ek dus dat dit nou wel baie noodsaaklik sal wees dat daar weereens `n ware en magtige profeet opstaan; want anders sal die volk spoedig alle geloof in `n enige ware God verloor. Te oordeel aan U mag en innerlike wysheid, skyn U dit te wees, en ek is nou bly dat ek in U nou eindelik eers self `n dergelike man te siene gekry het, wat baie goed `n Elia kan wees. 

[11] Nou glo ek weer dat daar in vroeëre tye profete bestaan het, wat, ter wille van die blinde en ongelowige volk, deur God met besondere wysheid en mag toegerus was. Tot nou toe was die geloof by my weggesink in die ryk van vroom sprokies. Maar omdat ek nou self gesien het dat U wil en woord twee siekes, wie elkeen deur kundiges origens as ongeneeslik verklaar het, in eensklaps so fris en gesond gemaak het, is ook my geloof in `n God en in die profete weer volkome herstel – wat vir my dierbaarder is as wanneer iemand My die skatte van die halwe wêreld sou geskenk het.

[12] Maar nou kom die hoofman wat sekerlik met die hoë Romeine moet spreek, na buite; dit is wel seker dat ek daarby oorbodig is, daarom is dit tyd dat ek na binne gaan!”

[13] Ek sê: “Juis nou is jy daarby nodig! Want die Romeine het juis in verband met jou iets met die hoofman bespreek. Deur sy maatreëls het jy vandag deur die verbytrekkende groep soldate `n onverdiende verlies gely wat jou vergoed sal moet word, en wel deur die hoofman; daarom moet jy as benadeelde klaer voor die hoë regters aanwesig wees, want waar geen klaer is nie, is ook geen regters nie!”

[14] Die herbergier sê: “Ja, ja, magtige en wyse Heiland, dit sal alles wel so wees; maar die hoofman sal daarna ook my meester bly! As hy nou deur my toedoen belangrike skade ly, sal ek daarna, as julle hier weg is, groot moeilikheid met hom kry - en daarom sou ek haas liewer alles van hom deur die vingers wil sien, as om my naderhand gewoonweg aan die kruis te laat bind.”

[15] Ek sê: “Maak jou maar oor iets anders besorg; want daardeur sal die hoofman eers `n egte mens en ook jou ware vriend word! En dat jy maar die volste geloof aan My woorde kan skenk, daarvoor het Ek jou `n al meer as tasbare bewys gegee.”

[16] Die herbergier sê: “Ja, as dit so is, bly ek natuurlik! Moet my vrou en my kinders miskien ook daarby geroep word en my enigste naaste buurman, wat my te hulp gekom het omdat my diensknegte op die veld besig was en nie tuis was nie?”

[17] Ek sê: “Dit is nie nodig nie - slegs jy as hoof van die huis, is voldoende!”

[18] Daarmee neem ons herbergier dan ook genoeë en bly alleen by ons.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205