Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Oor die materie en die gevaar daarvan

12 Nou sê Agricola ietwat opgewonde: “Maar Heer en Leraar, U is tog oneindig wys en is vervul met `n almagtige wil; en ook staan U tallose legioene van die magtigste engele, soos wat ook RafaEl daar een is, ter beskikking; ook ons Romeine wil in wêreldse opsig vir die welslae van die goeie saak ten stryde trek teen die mag van alle duiwels en ons wil in hart en mond die leuse voer: “Eerder sal die hele aarde in los brokstukke uiteenval, as dat daar ook maar één hakkie vernietig sou word van die waarheid en geregtigheid van wat U leer ons verkondig het!”

[2] U alleen is egter meer as almagtig genoeg en het nie die hulp van U tallose baie engele nodig nie en nog minder die van ons Romeinse leërs; dan is dit tog vir U baie maklik om die vors van die leuen en duisternis, wat heimlik teen U werk, vir ewig sy boosaardige praktyke af te leer! Wat doen ons mense naamlik met `n totaal onverbeterlike misdadiger? As verdiende straf werp ons hom in `n sogenaamde ewige gevangenis, of ons veroordeel hom volgens die wet ter dood! Want `n mens, wat eenmaal `n volmaakte duiwel geword het, kan baie eerder van die aarde af verdwyn, as dat hy voortleef tot groot onheil van ander, beter medemense. Doen U, o Heer en Leraar, ook so met die vors van die leuen en die bose lewensduisternis, dan sal daar rus en orde en waarheid, liefde en geregtigheid op aarde heers onder die mense!”

[3] Ek sê: “Dit kan jy maklik sê, omdat julle nou nog nie begryp en insien, wat eintlik onder die hel en die vors van die leuen en die duisternis verstaan moet word nie.

[4] Julle het gelyk, as julle sê dat Ek sekerlik die mag het om die hel en haar vors met al sy duiwels te vernietig; maar as Ek dit doen, dan het julle geen aarde meer onder julle voete, geen son, geen maan en ook geen sterre meer nie! Want die hele materiële skepping is immers in `n voortdurende oordeel volgens die onwrikbare orde van My Wil en My Wysheid. Dit moet daar wees en bestaan, sodat die siele van die mens op die harde bodem van die oordeel die vryheid en die volle selfstandigheid van die ewige, onverwoesbare lewe kan verwerf.

[5] As Ek jou raad sou opvolg en die hele materiële skepping sou oplos, sou Ek immers tegelykertyd ook die liggame van alle mense moet verdelg. Die liggaam is egter `n noodsaaklike instrument van die siel, en slegs met behulp van hierdie instrument, kan die siel, volgens My hoogste wysheid en diepste insig, die ewige lewe beveg en verwerf.

[6] Hoewel die liggaam egter absoluut noodsaaklik is vir die siel om die ewige lewe te verkry, kan dit egter ook maklik die grootste onheil vir die siel wees; want wanneer sy haar deur die noodsaaklike prikkels van haar vlees laat verblind, daaraan toegee en haar met al haar liefde en met haar hele denke en wil heeltemal daaraan oorgee, dan het sy onder die oordeel van haar eie vors van die leuen en duisternis gekom, waaruit sy baie moeilik verlos sal word.

[7] En kyk: wat jou liggaam vir jou siel is, dit is die aarde vir die hele menslike geslag! Wie hulle al te veel deur die glans van haar skatte laat verblind en gevange neem, die kom ook uit eie vry wil in die oordeel en die materiële dood daarvan, waaruit hulle hulleself nog baie moeiliker sal bevry.

[8] Omdat die mens nou egter in staat is om steeds meer en meer kosbare skatte van die aarde te ontlok, om daarmee hulle vlees die grootste moontlike welvaart, behaaglikheid en wellus te verskaf, lê daarin nou juis die sterk verhoogde aktiwiteit van die vors van die hel, wat op sigself die ewige oordeel is en sodoende die dood van die materie en die daarmee gepaardgaande dood van die siele, wat hulleself om die voorheen genoemde redes deur haar laat vang het.

[9] Met watter almag en wysheid wil julle daarteen stry, wat vir ewig doeltreffend sal wees? Ek sê jou en julle almal: Met geen ander doel as net die waarheid, wat Ek julle geleer het, en met die mag van die uiterste selfverloëning en die ware en volle deemoed van die hart!

[10] Doen maar net dit wat julle as waar erken, en handel ook daarvolgens ooreenkomstig die waarheid en met die een of ander wêreldse rede vir die skyn, soos ook die tempeldienare en ook baie heidene doen, dan het julle daardeur die hele hel en haar vors in jouself oorwin! Alle bose geeste, wat in alle materie aanwesig is, sal julle nie meer kan kwel nie, en al sou hulle ook in `n eindelose groot aantal uit die materie van die gehele groot skeppingsmens op julle afkom, dan sou hulle nietemin vir jou moet vlug soos los kaf en soos woestynsand voor die magtige stormwind.

[11] Maar wanneer die skatte van die aarde jou gevange hou, sodat jy, om dit in besit te kry, ook die onderkenne waarheid moet verloën, dan is jy al in jou siel oorwin deur die mag van die hel en haar vors, wat die naam dra van leuen en duisternis, oordeel, vernietiging en dood.

[12] Kyk na ons sewe Egiptenare! Hulle ken al die groot skatte wat in die inwendige van die aarde verborge is, en sou dit ook in groot hoeveelhede kan benut; maar hulle verag dit, en lewe liewer baie eenvoudig en soek slegs die skatte van die gees. Daardeur is ook nog die ware, oermenslike eienskappe behou, waardeur ware heersers en gebieders oor die hele natuur heers, wat sekerlik nie die geval sou gewees het as hulle hulleself ooit op die een of ander manier deur die verlokkinge van die natuur laat vang het nie.

[13] Wanneer `n huisvader en meester die korrekte en goeie orde in sy huis wil bewaar, moet hy nie gemeensaam word met sy personeel en steeds toegee aan hulle velerlei swakhede nie. Want as hy dit doen, word hy `n gevangene van sy onbetroubare huispersoneel, en wanneer hy dan vir die een of vir die ander sê: “Doen dit!” of “Doen dat!” - sal sy dienare dan, wat die mag oor hom verkry het, hom nog wel gehoorsaam? O nee, hulle sal hom maar net bespot en uitlag!

[14] Dieselfde sou die geval wees met `n veldheer, wat hom ondergeskik sou maak aan sy soldate, wat hulle krag en hulle moed slegs aan die veldheer te danke het. As die vyand sou kom en hy sou die soldate beveel om die magtige dreigende vyand aan te val en te verslaan, sou die soldate die swakgeworde veldheer dan wel gehoorsaam? O nee, hulle sou teenstribbel en sê: “Hoe wil jy, swakkeling, ons beveel? Jy het immers nooit die moed en die wil gehad om ons ernstig in die gebruik van die wapens te laat oefen nie, en jy het maar net met ons geploeter soos `n speelkameraad. Hoe kan jy ons nou voor die vyand aanvoer? Jy was nooit ons meester gewees nie, maar ons die van jou! Hoe kan jy nou skielik probeer om ons, wat van ouds meester oor jou was, die baas te word?”

[15] Kyk, so gaan dit ook met elke mens, wat vanaf die allereerste begin deur sy ouers en leraars streng aangemaan was om homself te verloën in alle moontlike vleeslike verlange, sodat dit nie meester en heerser oor sy siel word nie! Want as dit die siel eenmaal oor die hoof gegroei het, dan word dit vervolgens `n swaar dobber wat oor al die begeertes en verleidinge van sy vlees gebied, omdat hy immers in sy vlees swak en toegeeflik en onvas geword het.

[16] Word `n siel egter reeds vanaf die jeug volgens die waarheid van die heldere verstand sodanig gelei en geoefen dat sy haar vlees steeds meer onder beheer het en dit dan ook nie méér toestaan as wat dit van nature volgens My ordening toekom nie, dan word so `n siel ook onverskillig voor die hele wêreld met al haar skatte en haar ander bekoringe. En daardeur is die siel wat op die wyse suiwer in die gees sterk geword, dan ook nie maar net meester oor die verlange van haar liggaam nie, maar ook meester oor die hele natuur van die wêreld en derhalwe ook meester oor die hele hel en haar vors van leuens en duisternis.

[17] Nou weet julle, wie en wat die hel en die vors van die leuen en die duisternis eintlik is, en hoe hy bestry en sekerlik oorwin kan word. Handel dan ook so, dan sal julle, mense op hierdie aarde, sy ryk spoedig en maklik volledig vernietig het, en sal julle ware meesters oor die hele aarde en haar natuur en ook oor julle eie natuur wees!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205