Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 121

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die besigtiging van die ou koningshuis

121 Die herbergier sê: “O Heer en Leraar, daar val my huis tog werklik teveel heil en onverdiende barmhartigheid te beurt, want tot nou toe het ek nog weinig verdienstelik vir die ewige lewe gedoen!”

[2] Ek sê: “Vriend, God let nie op wat jy dan nie gedoen het in die beperktheid van jou innerlike lig en wil nie, maar God let slegs op wat jy in die vervolg sal doen! Maar aangesien God jou ernstige wil wel sien, kan jy jou ook wel vooraf verheug in Sy barmhartigheid en die egte en waaragtige heil. As Ek jou nie al lankal vroeër geken het soos wat jy My geken het nie, het Ek nie in jou huis ingekom nie.”

[3] Met hierdie gerusstelling van My was die herbergier volkome tevrede en hy en sy huisgesin bedank My vir sulke lesse en vir alle barmhartigheid, wat Ek sy huis bewys het.

[4] Daarop sê hy vir sy huisgesin dat hulle op die tweede verdieping, waar ons onsself bevind, alle kamers en vertrekke moes oopmaak, wat dan ook onmiddellik gebeur.

[5] Ons gaan eers na regs die aangrensende groot saal binne, wat vol rykdomme en ou gedenkwaardighede was. In hierdie saal is daar in die suidelike wand `n groot marmerplaat, waarop die volgende Psalm van Dawid nog baie goed leesbaar met onuitwisbare verf geskrywe staan, vertaal uit die Hebreeus, en so lui die Psalm. (Psalm 8): “JaHWeH, onse Heer, hoe heerlik is U Naam in alle lande, waar mense U dank soos ook in die hemel! Uit die mond van jong kinders en suigelinge (die heidene) het U vir Uself `n mag berei terwille van U vyande (die Fariseërs en Skrifgeleerdes), om hierdie vyand te vernietig, hierdie wraakgieriges. Want ek (Dawid of die beter Judese volk) sal die hemele sien, die werk van U vingers, die maan en die sterre, wat U berei het (die “hemel” beteken die leer, die “vingers” die liggaamlike van die Heer, die “maan” die liefde van die Heer vir die mens, en die “sterre” die eindeloos baie waarhede wat uit die liefde voortkom).

[6] Wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U Uself oor hom ontferm? (Onder “mens” word hier die hele menslike geslag verstaan en onder “kind” die swakheid en blindheid daarvan.) U sal hom `n tydlank van God verlate los; maar daarna sal U hom kroon met eer en glorie. (Sien die tyd van die Babiloniese hoeredom! Onder “hom” moet die Christenvolk sonder die innerlike goddelike lig verstaan word.) U sal hom tot meester stel oor die werk van U hande; alles het U onder sy voete gelê, (onder “hom” moet mens hier die Heer verstaan, vanuit die standpunt van die suiwer leer uit die hemele, wat ten slotte alles sal deurstraal en beheers.) Skape en osse almal tesame, asook die wilde diere; die voëls onder die hemel en die visse in die see, en wat in die see leef. (Daaronder moet verstaan word alle mense en geslagte van die aarde. Hoog en laag, jonk en oud, ontwikkeld en onontwikkeld, versterk en swak sal hulle in vreugde koester in die lewendmakende lig uit die hemele.) Heer, hoe heerlik is U Naam in alle lande!”

[7] Toe Ek die Psalm aldus van die marmerplaat voorgelees het, was almal baie bly, en die herbergier vra My of Ek hom dan ook in kort die verklaring van hierdie Psalm wil gee; want hy het die indruk dat daar `n wyse en profetiese betekenis daaragter verborge was.

[8] En Ek sê vir hom: “Daarin het jy nogmaals waar geoordeel en Ek sal jou ook die verborge gees van die waarheid toon; maar jy sal dit nie volledig begryp nie, omdat Dawid daarin oor die verre toekoms spreek en sing.”

[9] Hierop verklaar Ek die verborge gees van die Psalm op die manier - alleen meer uitgebreid - soos dit ook nou tussen hakies kort en maklik te verstane uiteengesit is. Daarmee was die herbergier baie tevrede en dankbaar, en al die ander ook, want hulle merk dat dit volledig ooreenstem met wat Ek hulle reeds by ander geleenthede in begryplike woorde voorspel het oor die lot van My leer en oor die verre toekoms.

[10] Daarna lei die herbergier ons na `n oeroue kas, wat baie sierlik gemaak was van seder- en ebbehout, open dit en sê: “Hierdie kas het die besondere geskrifte en aantekeninge van die groot en magtige koning bevat, maar daarvan is nou niks meer aanwesig nie. Ek gebruik hom nou egter vir die bewaring van alles wat ek besit aan skatte, wat uit die tyd sou afstam.”

[11] Daarop open hy verskeie verborge vakkies van hierdie groot kas en toon ons `n aantal dermsnare, wat Dawid self gemaak het, `n steenslinger (slingervel) en `n paar steentjies, vervolgens `n lans, verskeie skryfplankies, wat die Romeine alles met groot opmerksaamheid bekyk en bewonder.

[12] Die herbergier vra egter aan My: “Heer en Leraar, is hierdie relikwieë wel eg uit die tyd van Dawid?”

[13] Ek sê: “Vriend, eg of oneg, dit is nou wel om`t ewe; want die dinge het vir die ware mens, wat na die gees van die lewenswaarhede uit God streef, geen enkele waarde nie. Wat egter as nalatenskap van die wyse koning van die Judeërs waarde het, is die gees in sy geskrifte en gesange, en ook wat die kroniek van sy dade vir die mens bewaar het. Want eenmaal in die ander lewe sal die mens sy salige bestaan slegs hê deur dit wat hy hom deur goeie dade volgens God se wil eie gemaak het.

[14] Origens skaad dit nie `n siel, wat deur goeie dade edel en suiwer is, as jy vreugde beleef aan historiese voorwerpe nie; jy moet jou slegs weerhou van `n oordrewe verering van dergelike dinge, wat, omdat dit op sigself dooie voorwerpe is, geen waarde kan hê vir die innerlike lewe nie.

[15] Wie sulke dinge te veel sou vereer, sou daarmee `n soort skadelike afgodery bedryf en ten slotte maklik tot allerlei bygeloof verval. En dit sou gelykstaan aan die duistere heidendom wat, ter wille van die ryk van God wat nou tot alle mense kom, in alle opsigte teengegaan moet word, sodat dit geen wortel skiet in die nuwe leer nie, want dit sou dit verontreinig en bederf. Dan sou die innerlike betekenis van die Psalm wat aan jou uitgelê was, voortydig werklikheid word, deurdat die mens deur allerlei bygeloof van die een goddeloosheid in die ander sou verval.

[16] Laat hierdie relikwieë daarom ook maar net te siene wees vir mense wat nie bygelowig is nie, en jy alleen, wat dit as suiwer historiese dinge beskou en geen sogenaamde helende magiese krag daaraan toeken nie.

[17] Kyk na die berge en hulle gesteentes! Dit is werke van God se Mag en Wysheid en vir jou al onuitspreeklik oud en as sodanig is hulle beslis baie gedenkwaardiger as die werke van die hande van `n mens. Maar watter verstandige mens sou die berge wil vereer of selfs aanbid, vanweë die feit dat hulle onmiskenbaar werke van God se almag en wysheid en buitengewoon oud is! Hulle is en bly materie en dit is hulle bestemming om die aarde tot nut te wees.

[18] Dergelike ou voorwerpe is dus ook maar net enigsins nuttig, omdat hulle gedeeltelik as bewys kan dien vir die geskiedenis, vir sover hulle as aantoonbaar eg beskou kan word, wat natuurlik vir die mens, wat na die suiwer waarheid soek, by alle dinge ietwat moeilik vasgestel kan word.

[19] Hierdie dinge hier is weliswaar eg - maar desondanks My versekering word die waarde daarvan nie daardeur verhoog nie. En so weet julle nou ook hoe julle hierdie relikwieë moet bekyk. Julle kan die kas dan ook weer sluit en ons na die ander saal lei, vanweë die Romeine!”  


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205