Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 122

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die Heer verklaar Psalm 93

122 Nou bedank die herbergier My nogmaals, ook vir hierdie les en sluit die kas waarop ons die oostelike geleë saal ingaan. Ook hier peul dit uit van allerlei skatte en historiese voorwerpe, waarin die Romeine baie behae skep.

[2] En ons Agricola sê: “Vriend, jy en jou ouers en voorouers moes wel baie swygsaam gewees het oor wat julle besit en jy nou nog besit; want anders sou ons daar in Rome tog wel iets daarvan gehoor het! Hierdie skat het naamlik `n dubbele waarde; ten eerste bestaan dit uit edel metale, pêrels en baie kosbare edelstene, en bowendien het dit veral vir julle Judeërs `n groot historiese waarde.”

[3] Die herbergier sê: “Magtige meester, dit is ook in meer as één opsig nodig om baie swygsaam daaroor te wees, nie soseer vanweë die Romeine nie, maar wel vanweë die priesters. Want as hulle hiervan sou weet, sou hulle my en die huis beslis al sedert `n lang tyd nie meer met rus gelaat het en uit winsbejag ook al die een en ander hier weggesleep het; maar ons verraai nie wat hier is nie, hoewel die priesters ons al baie keer na die een of ander gevra het. En ook het Ek nou nie meer soveel las van die priesters nie, omdat ek my met al my besittings onder beskerming van die Romeine gestel het. Maar op hierdie boonste verdieping herberg ek ook selde reisigers, aangesien hulle maklik op die grond en op die eerste verdieping ingebring kan word en ek nog ander bygeboue het, waar ek ook baie reisigers kan herberg. Van diewe en rowers het ek ook niks te vrees nie; want soos julle ook gesien het, is die huis ten eerste omsluit deur sterk, hoë ringmure waar `n mens nie oorheen kan klim nie, en ten tweede woon daar in hierdie streek te veel eerlike mense en kom die diewe en rowers nie in die omgewing nie, en so kan hierdie skat goed en veilig hier rus! Maar daar is weer `n plaat met `n Psalm! Sal die Heer dit vir ons vertaal?” 

[4] Ek sê: “Ja, ja, dit sal wyser wees as om die ou skat langdurig te bewonder, wat vir die siel en vir die gees geen waarde het nie! As julle in die toekoms skatte vergader, vergader dan sulkes wat nie deur die roes vernietig en deur die motte kapot geknaag kan word nie! Wat baat dit die mens om alle skatte van die hele wêreld te besit, as hy daarby aan sy siel skade ly? As deur die liefde vir dooie wêreldse skatte die kiem van die dood in die siel gelê is, waardeur die siel oorgaan in die dood van die materie - wie sal haar dan red uit die ystergreep van die oordeel, wat die liefde en die slaap van die siel geword het?”

[5] Die herbergier sê: “O Heer en Leraar, by God is alle dinge tog moontlik!”

[6] Ek sê: “Ja wel, dit is sekerlik so; maar in die ewigheid gaan alles baie langsamer voorwaarts as op hierdie wêreld, waar alles maar `n bepaalde, steeds baie kortstondige tyd duur, wat vinnig en maklik verander word en vir altyd ophou om te bestaan op die manier soos dit ook was.

[7] In die ryk van die geeste is daar egter geen stroom van tyd meer nie en daar kan julle nie sê: “Vandag doen ek dit en môre dat!” nie, maar alles lê reeds soos `n uitgevoerde daad en soos `n afgeronde werk in die siel. En as dit van slegte aard is, waar moet die voortlewende siel dan nuwe stof en `n nuwe insig vandaan kry om in haarself die bestaande slegte te omvorm?

[8] Weliswaar sal dit die siele daar ook vergun wees om haarself te verander; maar dit sal by siele wat diep in die wêreld weggesak het, buitengewoon lank duur en ten slotte sal daar tog maar weinig met sekerheid bereik word. Want die liefde is die lewe van die siel. As die geestelike derhalwe volgens God se orde goed is, dan het die siel ook `n waaragtige en volmaakte lewe in haarself en leef volkome in groot helderheid vir ewig voort, en dit is dan al `n egte ewige lewe; maar as die liefde in die siel materieel en dood is, omdat sy in die oordeel is, dan is die lewe van die siel ook gelyk aan die liefde in haar.

[9] So `n lewe kan geen waaragtige, maar slegs `n skyn- en bedrieglike lewe wees. En omdat dit so is, is dit ook geen ewige lewe nie, omdat dit in sy slegte geaardheid nie kan voortbestaan nie, maar hulle moet verander of wel ten goede of wel in die ergste geval in die aartsbose, wat die harde oordeel van die “moet” en die eintlike ewige dood is; en uit die harde bande daarvan sal die siel haarself net so moeilik losmaak as wat `n harde klip homself in suiwer stromende water kan verander.  

[10] Wees daarom nie lief vir die wêreld nie, maar ontvlug haar in haar verlokkende maniere en gebruik haar skat vir goeie werke, dan sal julle die ware skat vir die siel en gees daardeur ontvang!

[11] En laat ons nou eers kyk wat Dawid vroeër geskrywe het op die klipplaat wat in die muur hier vóór ons gevestig is!

[12] Wat daar geskrywe staan, lui as volg: “JaHWeH is koning en ryk getooi (met liefde, wysheid en mag,); JaHWeH is getooi en het `n ryk (die ryk van God op aarde) gevestig, sover die wêreld reik, en sodanig ingerig dat dit ewig moet bly. Van die tyd af staan die setel (van die waarheid en die lewe) stewig; U, o JaHWeH, is ewig! Die waterstrome verhef hulle, die waterstrome verhef hulle gebruis, die waterstrome hef die golwe omhoog. Die deining van die see is groot en bruis geweldig; maar JaHWeH in die hoogte is nog groter! U woord is `n regte leer, en die gewydheid is die sieraad van U huis tot ewige dae.”

[13] Kyk, so lui die baie kort, maar buitengewone betekenisvolle Psalm met sy ryk inhoud, wat nou in hierdie tyd sy verborge lig versprei en ook reeds die toekoms belig!

[14] Die setel van die ewige waarheid word nou wel opgerig vir die hele aarde en sal ook bly bestaan; maar die waterstrome van die huigelaars en leuenaars, van die Fariseërs en valse profete verhef hulle ook en begin steeds sterker op te bruis teen die waarheid, wat uit die hemele na die mense van hierdie aarde gekom het, en hulle hef hulle golwe van mag op teen die lig, om dit uit te doof. Ook die deining van die see het groot geword en bruis geweldig.

[15] Dit dui op die komende groot gevegte tussen lig en duisternis; maar die waarheid van JaHWeH staan bo hulle en sal uiteindelik seëvier oor alles wat vals en boos is. Dit wapen sal die suiwer woord uit God se mond wees, `n regte lewensleer wat ewig sal bly; want soos God ook ewig en magtig is, so is Sy woord dit ook! En soos die gewydheid ook God se lig en sieraad is, so is julle dit ook van Sy woord en Sy leer.

[16] Maar die huis van God is nie die dooie tempel in Jerusalem nie, maar die mens wat God se woord hoor, dit met vreugde in homself opneem en daarvolgens lewe. - Nou het Ek julle dan ook hierdie Psalm voorgelees en toegelig; maar dit is nou aan julle om My openlik te sê of julle die Psalm ook op die regte manier begryp het.”

[17] Daarop sê die herbergier: “O Heer en Leraar, wie sou dit nie begryp nie? Want wat Dawid vanuit God se geïnspireerde gees geskrywe het, staan nou immers daadwerklik op wonderbaarlike wyse voor ons en onthul aan ons ook die verre toekoms, net soos die huidige tyd. Weliswaar beval die bruising van die waterstrome en die groot deining van die see my in die geheel nie; maar wat is daaraan te doen en hoe kan dit verhinder word? Want solank die wêreld moet bly wat dit is, naamlik `n louter tranedal vir die siele van mense, en solank die dag en die nag mekaar op aarde afwissel en die mens sy vrye wil sal hê, sal dit ook nouliks ooit lig word in die gemeentes en in die harte van die mense nie. Heil aan die een wat die lig ontvang en dit vervolgens in sy huis bewaar en goed versorg, tot seën van sy huis!” 

[18] Ek sê: “Daarin het jy gelyk; maar wie `n egte lig in sy huis het en versorg, moet dit nie heeltemal verborge hou nie, maar dit van tyd tot tyd by `n goeie geleentheid ook buite sy huis laat skyn! Wanneer baie huise dit sal doen, sal die duisternis van die gees in die wêreld ook baie minder word en sal die nag self soos die dag word. - Maar laat ons nou nog die ander vertrekke op die tweede verdieping van die huis bekyk! Want die Romeine wil dikwels alles in oënskou neem!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205