Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 127

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die bedenkinge van die hoofman oor die leiding van die mens

127 Die hoofman sê: “Ja, Heer en Leraar, dit het vir my nou heeltemal duidelik geword! Die uiterlike liggaamlike mens is dus maar net deur God aan die siel gegee as `n steun vir haar selfontplooiing en is vir die grootste deel onderworpe aan die mag van God se wil, maar is tog so ingerig dat die siel haar ook daarvan kan bedien soos ook haar wil. As sy haarself daarvan bedien volgens U wil, wat sy deur U leer goed kan leer ken, dan strek dit haar tot groot voordeel, omdat sy haarself so in die liggaam kan ontwikkel tot die ware selfstandige en ewige lewe; maar as sy haarself van haar liggaam bedien op `n manier wat teen U orde ingaan, dan lei dit verseker en kennelik noodsaaklik tot haar verderf. Maar daar kom ons nou op `n punt, waar ek reeds lank op weloorwoë gronde by myself ernstige kritiek op gehad het, ten aansien van `n wyse en beslis almagtige God en Skepper!

[2] Kyk, hoeveel duisendmaal duisende mense het daar, sonder dat dit hulle skuld is, in die diepste nag van hulle siel beland en moet daarom dan ook almal verkrummel en ten gronde gaan, omdat hulle miskien nog in geen duisend jaar die geluk sal hê om van U uitgespreekte leer ook maar één woord te verneem nie! Maar hoeveel het daar reeds sedert seker baie duisende jare op aarde ten gronde gegaan, wat nooit van U leer iets kon verneem het nie! Hierdie lang liglose handeling, tot `n versekerde ondergang van so talloos baie siele, kom vir my van die kant van God se allergoedgunstigste en mees wyse Voorsienigheid as baie erg trietsig voor.

[3] Dit ontbreek die mens nie aan erns om op baie plekke van hierdie aarde die waarheid te soek nie, waarvan ek myself oortuig het en menigeen het ook al `n spoor daarvan gevind - maar waarin lê nou die bevestiging vir die verstand van die mens dat deur `n ywerige soeker en navorser die gevinde spoor van lewenswaarheid wel heeltemal waar was? Mens leer die spoor ken, betuig ook byval daaraan, maar mens kom ook ander ywerige navorsers na die lewenswaarheid tee en mens raak baie gou daarvan oortuig dat hulle op `n baie ander spoor gestoot was, wat met die van die eerste absoluut geen ooreenkoms vertoon nie, maar tog baie naby is.

[4] Ja, daar bestaan haas geen enkele aan my bekende volk op hierdie aarde, vir sover ek dit ken, wat nie in die een of ander godheid glo nie en daaraan vashou nie, maar hoe materieel is sulke leringe en voorstellinge van `n allerhoogste en uiterste wyse goddelike wese. Maar die een en seker enigste ware goddelike Wese skyn Hom ewig weinig te bekommer of daar hele volkere en geslagte in die diepste nag van dwaling ten gronde gaan!

[5] En dan kan nou, soos hier ook met U nou die geval is, die enigste ware en allerhoogste Godheid wel kom en die baie duisendmaal duisende die mees ware lig verkondig, maar die mens sal dit oor die algemeen tog nie aanneem nie en baie sal sê: “Was ons voorvadere, wat al lankal gesterwe het, dan ook nie mense soos ons nie? Wat het hulle dan verkeerd gedoen dat die enigste en ewige ware Godheid, hulle die lewenslig weerhou het? 

[6] `n Ware godheid moet steeds vir `n korrekte verligting van die mens gesorg het; maar as hulle dit nie aantoonbaar gedoen het nie, terwyl hulle nou voorgee dat dit wel gedoen is, dan was dit oftewel nooit `n ware godheid gewees nie oftewel wou hulle dit nie doen nie, vanuit `n bepaalde geringskatting van die mens op hierdie aarde; miskien omdat dit hulle nie beval het nie omdat hulle miskien ewe sleg kon ontwikkel soos baie vrugte, wat `n boom na die bloei begin te laat groei, maar hulle vanweë een of ander gebrek aan inwendige lewensap nie kan voed nie en by die duisende afwerp en op die grond laat bederf en vertrap, - `n baie onekonomiese bedryf waarvan `n alsiende en hoogs wyse godheid tog ook op hoogte sou moet wees, maar dit tog duld en voortdurend toelaat.”

[7] Ek wil U nou absoluut nie met sulke bedenkinge tegemoet tree nie, maar ek weet dat daar in die mens reeds baie ou en diep wortels gevorm het en ons, mense wat van die waarheid van U leer en van die bestaan van die ware Godheid in U nog so deurdring is, sal sonder spesiale hulp van U wel nooit in staat wees om al die duisend maal duisende dwalinge by die mens met sukses uit te roei nie. Want al sou ons, self swak mense, hulle nog so getrou moontlik vertel wat ons self gesien en gehoor het - wie sal ons dan glo?

[8] Dus het ons daarvoor dan ook voortdurend besondere hulp van U nodig, o Heer en Leraar, anders is al ons arbeid en inspanning tevergeefs, en is dit na my mening beter om die mensdom ook vir die hele verdere toekoms in haar duistere waan ten gronde te laat gaan, soos hulle ook duisende jare vóór ons ten gronde gegaan het en in `n volledige niks oorgegaan het. Want wat kan `n almagtige en ewige God aan so `n wêreld vol mense geleë wees, en wat se belang sou die ten gronde gegane en ewig nie meer bestaande mense vir `n God hê?

[9] Wanneer die ewig verder lewe van `n mensesiel nou enkel en alleen daarvan afhang of mens U leer ken en vervolgens daarna leef en handel, dan sal daar wel weiniges wees wat so gelukkig is om ewig te lewe! Maar as dit anders is met die voortlewe van die siele na die altyd enigsins wrede dood van die liggaam, neem ek al my menslike opmerkings terug en wil ek my graag op ander gedagtes laat bring.

[10] Ek het nou getrou en openhartig gespreek en is ook bereid om al die moontlike te doen om soveel moontlik mense vanuit hulle nag van die dood in die ewige dag van die lewe te plaas; maar ek sou nou dan ook graag uit U mond, o Heer en Leraar, wil hoor hoe die sake vanaf die oerbegin staan, en wat my te doen staan. - ek het gespreek.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205