Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die opvatting van Agricola oor die toekoms van die leer van die Heer

13 Hierop sê Agricola: “Heer en Leraar, U het My weer `n nuwe en buitengewone belangrike waarheid onthul, en ek sien duidelik in dat dit so moet wees. Maar hoe is dit byna oral gestel met die opvoeding van die mens van kindsbeen af? Mense weet immers nie eers, hoe en waar mens by die opvoeding van kinders moet begin en eindig nie!

[2] So kry ryk ouers byvoorbeeld `n kind. Hulle het daar `n ware apeliefde vir hom en staan hom alles toe wat hulle maar in sy oë lees en vertroetel hom dikwels op `n onuitstaanbare manier. Self durf so `n kind nie vir sy baie ondeugde bestraf word nie, al is dit maar met `n paar ernstige woorde, en as `n leraar dit miskien later sou doen, dan het hy die kind en die ouers tot sy vyande en vervolgers gemaak; die ou Romeine sê reeds: “Wie deur die gode gehaat word, word deur hulle tot onderwyser gemaak!” Wel nou, die ouers is blinde dwase, en die onderwyser moet dwaas wees, as hy wil lewe. Hoe moet sulke kinders dan `n korrekte opvoeding kry?

[3] Met `n opvoeding soos wat dit ook nou in die wêreld van die groot here algemeen gaan, moet elke mens en die hele mensdom wel so kragteloos word, dat `n mens op geen enkele wyse te wete kan kom hoe die eintlike, ware mens daaruit moet sien en hoe hy moet wees nie! En ek moet hier openlik verklaar dat daar op hierdie aarde nog baie storms oor die velde en seë sal raas, voordat die mensdom weer sal terugkom in die grootse en ware posisie, vanwaar hy in die oerbegin uitgegaan het.

[4] Daar sou goeie skole opgerig moet word, nie net vir kinders nie, maar ook vir die blinde ouers, waarin hulle almal die groot waarhede sou moet leer wat elkeen moet weet om daarvolgens te kan handel en so `n ware mens te kan word.

[5] Maar waar moet mens vir sulke tallose baie mense die korrekte leraars vandaan kry? U, Heer en Leraar, het weliswaar al `n groot groep leerlinge gevorm, wat weet wat daarvoor nodig is om `n ware mens volgens U orde te word; maar wat is hulle aantal, vergeleke by die nagenoeg eindelose groot aantal mense op die hele aarde? En daarby kom nog die groot ruheid en algehele verwildering van mense en volkere op aarde en die starheid waarmee hulle gewortel is in hulle sedes en gewoontes, en ook hulle verskillende tale!

[6] Hoe kan `n mens nou teen al hierdie kolossale belemmerings stry en hoe kan hy dit oorwin? U is tog die Heer Self en alles is gehoorsaam aan U wil, en nietemin stoot U Self hier in hierdie lande met beskawing teen onoorkomelike hindernisse. Op watter hindernisse sal die weinige leerlinge dan nie stoot nie?

[7] Ja, dit sou goed wees as mense U goddelike leer in één nag in die hart van alle mense sou kan lê, saam met die ywer om daarvolgens te handel! Maar dit is nie U bedoeling nie, omdat elke mens dit alles slegs deur onderrig van buite af sy eie moet maak en vervolgens die ernstige wil moet opneem om daarvolgens te handel. Maar op die manier sal dit met die mensdom sekerlik maar baie langsaam voorwaarts gaan, en dit is gladnie te oorsien hoe lank dit sal duur voordat alle mense op aarde U leer sal leer ken nie, en so sal die suiwer lewenslig van U leer altyd die eiendom van min mense wees, en hulle kan hulle selfs afvra hoe lank dit heeltemal suiwer sal bly!

[8] Want solank die mens nie volledig deurdring is van die waarheid van U leer nie, sal hulle daarnaas tog steeds aan hulle wêreldse genietinge bly vashou, hetsy meer, hetsy minder, wat uiteindelik dieselfde is. Van U leer sal deur middel van baie toevoegings weldra `n aardse bron van inkomse gemaak word, en dan sal dit daar met U latere leerlinge in geen enkele opsig beter gaan as nou met die baie Judeërs en heidene nie, en die ware seën en die lewende vrug van U leer sal ver van die mens af staan. Ek is weliswaar geen profeet nie; maar dit sê my taamlike heldere vermoë om te oordeel, wat ek verkry het deur my baie ervaringe, en ek glo dat ek in hierdie aangeleentheid `n baie ware oordeel uitgespreek het.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205