Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 135

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

RafaEl spreek oor die wese van die droom

135 Nou sê RafaEl: “Tussen die droom wat jy gehad het en wat jy nou gesien het, is daar `n baie groot verskil, maar desondanks was jou droom tog ook van geestelike aard, soos wat ook elke droom in meerdere of mindere mate is. Maar dit is geen volledige helder geestelike aanskouing nie, omdat die siel haar in `n dergelike droom nie in so `n volledige verbinding met die gees in haar bevind nie, soos wat die geval nou by hierdie verskyning was.

[2] Kyk, in die siel bestaan daar drie goed te onderskeie grade van aanskouing en waarneming! Die eerste is suiwer natuurlik, selfs in die droom van die materiële natuurmense by wie die innerlike gees nog so passief rus, soos die gees van `n plant in die omhulsel van die kiem in `n saadkorrel.

[3] Die siel dra, soos `n wêreld in die kleine, alles in haar wat die aarde op groot skaal in en bo haar bevat en omvat. 

[4] As die sintuie van die liggaam in die slaap as`t ware dood en onwerksaam rus, dan beskou die siel, wat nie kan slaap en kan doodgaan nie, dit in een of ander van die materiële beelde in haarself, bring dit vir enkele momente tot lewe en verheug haar, as sy iets moois en aangenaam teëgekom het; maar as sy iets vervelend en lelik teëgekom het, word sy ook in die droom angstig en doen sy alles om die verskyning wat haar in die noute bring, kwyt te raak deur weer heeltemal in die vlees van haar liggaam terug te gaan.

[5] Wat `n siel in so `n eerstegraadse beskouing in `n droom sien, het dan natuurlik geen objektiewe, maar alleen `n passiewe, subjektiewe realiteit sonder verband; want sy neem dan alleen op die materiële manier beelde waar uit haar eie wêreld en is daarby ten dele aktief en ten dele passief.

[6] Maar in `n droom soos wat jy gehad het, bevind die siel haar in `n oorgangsfase van die eerstegraadse sien na die tweedegraads en hoër se sien. In die geval is die siel al meer geïsoleerd van haar suiwer materiële gedeelte, tree in `n sekere sin uit haar liggaam, stel haar deur middel van haar aura volledig in verbinding met die buitewêreld en sien en voel dan uit die lewensomstandighede en materiële omstandighede op aarde, wat op haar inwerk, dinge wat hulle ver weg bevind en meer waarheidsgehalte het.

[7] Maar omdat dit al `n hoër graad van aanskouing van die siel is, gebeur dit baie dikwels dat die siel, as sy by die ontwaking weer in die liggaam terugkom, niks meer weet van wat sy in hierdie hoër graad van aanskouing gesien en gehoor het nie, omdat die brein dit in `n sekere sin nie kon vaslê nie, waardeur die siel by die liggaamlike wakkerwees kan sien wat sy in haar vryer lewenstoestand gesien en gedoen het.

[8] Maar sommige mense, soos jy ook, het die vermoë om ook dit wat jy in die hoër graad van aanskouing gesien en gehoor het, vanuit die droom, oftewel die vryer toestand van sien en handel van die siel, na te slaan in die liggaamlike brein; en as die siel haarself dan weer in die liggaam terugtrek en ook liggaamlik ontwaak, sien sy in die brein alles wat sy in haar vryer en hoër graad van aanskouing gesien, gedoen en gehoor het.

[9] En so het jou broer in die selfde nag weliswaar ook dieselfde visioen as jy gehad, maar sy siel het nie die vermoë, om dit wat sy in haar hoër graad van aanskouing gesien en gehoor het in die liggaamlike brein na te slaan en daarom kon sy dit ook selfs nie by benadering vir haarself herinner nie. Jy het dus die siel van jou broer volkome eg gesien en gespreek.

[10] Dat jou siel en ook die van jou broer dit in die droom al `n halfjaar vroeër gedoen het, kom deur die groot fyngevoeligheid van die vryer siel, wat haar uit die behoeftes wat in haar lewe en die logieserwys daaruit voortvloeiende dade en omstandighede in haar vryer toestand, dit reeds vir die gees kry, wat in aardse tyd eers baie later sal gebeur. Elke siel het egter ook in die liggaamlike wakker toestand die vermoë om toekomsplanne vir haarself te maak en dit as reeds volbragte werke voor te stel; maar omdat die siel in haar liggaam, alle voorwaardes en omstandighede wat nodig is vir die uitvoering van `n opgevatte plan, klaarblyklik nie voldoende suiwer en verseker kan sien en voel nie, word daar nog baie aan die vooraf bedinkte planne verander, sowel wat betref die vorm en doeltreffendheid as ook wat betref die tyd, waarbinne die siel die werk volgens haar voorgenome plan al in sy volledige afronding voor haar sien. 

[11] Maar as `n siel ook in die liggaamlike wakker toestand alles net so helder sou kan oorsien as wat sy dit in haar vryer toestand van aanskouing en voel kon doen, dan sou daar aan die eenmaal opgevatte plan ook niks meer verander word nie, en dit sou ook binne die volkome noukeurige bepaalde tyd as voltooide werk uitgevoer gewees het; want `n siel wat vry en onbelemmerd sien en voel, deursien vinnig alle omstandighede, voorwaardes en uiteindelike belemmerings, en tegelykertyd die beste en feillose metodes waarmee die belemmerings die sekerste uit die weg geruim kan word, en so moet dit wat sy haar voorgeneem het, ook inderdaad binne die vasgestelde tyd gebeur.

[12] En kyk, daarin is dan ook die vermoë om vooruit te sien van `n vryer en suiwerder siel geleë, nie slegs wat betref dit wat haar dadelik aangaan nie, maar ook wat betref dit wat buite haar in die wêreld sal gebeur, ontstaan en plaasvind. `n Dergelike siel wat suiwer, verfynd en helder sien en voel, kan vir haar die verband tussen alle omstandighede, voorwaardes en oorsake, wat al lankal aanwesig is met betrekking tot die komende gebeurtenisse, onbedek en dus ook as`t ware plasties voltooid vir die gees gaan haal, wat by `n onvrye nog baie materiële siel onmoontlik die geval kan wees. So het ek jou nou op heeltemal natuurlike wyse, helder uiteengesit in watter toestand jou siel en die van jou broer hulle in jou droom bevind het, en hoe, en waarom!

[13] Maar `n dergelike toestand is nog nie die volledige tweedegraadse heldersiendheid van die siel nie, omdat die gees in haar, homself nog nie in `n hoër verband bevind nie, maar hoogstens slegs op die manier soos ook die gees van `n plant in die omhulsel van die saadkiem, wanneer die saadkorrel `n paar dae in die vrugbare aarde lê, die omhulsel open en begin te spring en die gees sy werksaamheid begin te uiter.” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205