Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 140

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Oor die doel van die skepping

140 Die hoofman sê: “O goeie, wonderbaarlike vriend, dit sou seker vergeefse moeite wees om ons met jou in wysheid te meet; want jy het altyd volkome gelyk, omdat jy op grond van jou goddelike alwetendheid en alomvattende kennis ook steeds die mees onweerlegbare waarheid op `n uiterste heldere manier weergegee het. Maar waar moet mense soos ons dit vandaan kry, aangesien ons wetenskap en kennis van die dinge van die natuurlike wêreld slegs baie beperk van aard is?

[2] Maar dit weet en voel die swak en beperkte mens ook, wanneer iets hom pyn aandoen, en dan sug en kla hy dikwels lang tye tevergeefs, en dit kan die hoogste liefde en wysheid van God hom ook nooit as sonde aanreken nie. En so het ek ook oor die wind gekla, omdat ek maar al te dikwels pynlik ervaar het wat `n vernieling dit hier en daar aangerig het; want ek het immers nie geweet waarom dit so tekere gaan nie. 

[3] Maar nou het jy my dit duidelik gemaak en ek sien die goeie daarvan in, en ek gee jou die volledige versekering dat ek van nou af aan, nooit meer met my gekla in opstand sal kom nie - en op die vasteland wel die allerminste! Slegs op see sou ek wil dat die Heer my van dergelike winde vrywaar, solank ek in `n liggaam moet lewe; want daar is dit baie verskriklik om jou te midde in die rasende stryd van die see met die wind op `n gebrekkige skip te bevind! Ek het dit nou al verskeie kere meegemaak en het daarom `n vyand van kragtige winde geword; en omdat ek toe nog `n egte heiden was, het ek dikwels tekere gegaan oor `n dergelike handelswyse van die gode. Maar aangesien `n hewige wind op see beslis ook `n ewe weldadige bedoeling sal hê as vir die aarde en haar skepsele, soos ook op die vasteland, sal ek hom ook bo die see prys en met rus laat. - Goeie vriend, is dit waar?”

[4] RafaEl sê: “Dit baie seker; want die mens, wie se lewe en alles van God afhanklik is, moet die verordeninge en beskikkinge van God, as hy God eenmaal leer ken het, altyd lowend en prysend erken en nie daaroor murmureer en vererg in opstand kom nie. Want JaHWeH God weet steeds en ewig seker die allerbeste, waarom Hy op `n hemelliggaam nou eers dit en dan weer dat laat plaasvind.

[5] Maar die mens moet hulle daarby geduldig en met volledige oorgawe aan die wil van God gedra en daarby ook dink: Dit gebeur volgens God se wil om die beswil van die mens! Want alles wat daar op aarde, op die maan, op die son en op alle sterre gebeur, gebeur alles uitsluitlik om die beswil van die mens; want die mens is die enigste rede en die enigste doel van die hele skepping in die eindelose ruimte.

[6] Wanneer `n mens so dink en voel, sal hy ook rus vind en het in alle omstandighede van sy vryheids-, ontwikkelings- en beproe­wingslewe op hierdie aarde en sal God hom red uit elke nood en hom die weg van die ware lewe, die weg van die lig en alle waarheid laat vind.

[7] Maar wie ongeduldig word en murmureer oor die een of ander wat hy tog nie kan verander nie, en selfs in sy platvloerse woede dikwels in gedagtes en hom openlik uitgespreek oor die verskynsels in hierdie wêreld wat vir hom weersinwekkend voorkom, maak nie God se liefde hulle eie nie, maar verwyder hulle maar net steeds verder daarvan, en dit gee aan geen enkele mens rus en geluksaligheid nie, nie hier op aarde en gladnie nie aan die ander kant nie. Want alles gebeur immers deur God se liefde, soos ook reeds gesê, maar net vir die ware welsyn van die mens. As die mens dit in sy gemoed dankbaar erken, dan kom hy ook steeds nader aan die God se liefde en sy orde en gaan dan weldra sonder baie moeite heeltemal oor daarin en word daardeur self wys en magtig; maar as hy die teendeel doen, dan word hy ook steeds dommer en in alle opsigte swakker en magteloser.

[8] Ek weet goed dat daar op hierdie aarde allerlei dinge gebeur wat nie vir die mens aangenaam kan wees nie. So heers daar dikwels `n onaangename hitte en eweso `n groot koue; daar is `n langdurige nag en menige grou dae, die vuur brand en vernietig; die water verwoes die lande en dood mense en diere as dit buite sy oewers tree - kortom: alles wat jy sien in die hele natuur van die wêreld kan julle die dood besorg wanneer julle dit onverstandig gebruik en julle in gevaar begewe.

[9] Maar daarom kan God tog niks verander aan Sy goeie geordende skepping nie! Sou die vuur byvoorbeeld nie so gloeiend warm en brandend en vernietigend moet wees as wat dit is nie? Waarvoor sou dit dan nog voor nuttig wees? Of sou die water nie vloeibaar moet wees sodat mense en diere nie liggaamlik die dood sou vind as hulle daarin sou val nie? Of moet berge nie hoog en steil wees, sodat daar niemand van hulle kruine na benede sou kan val en daardeur ook die dood vind nie? Sou daar geen verskeurende diere moet bestaan, geen slange en geen giftige plante nie, omdat dit alles gevaar oplewer vir die lewe van die mens?

[10] Ja, wanneer die mens alles wat vir sy lewe gevaarlik sou kan word van die aarde sou wil verban, sou daar uiteindelik selfs geen atoom van die aarde meer oorbly nie, en die mens self ook nie! Alles moet wel so wees en bestaan soos wat dit ook is en bestaan, en alles kan die mens van nut wees, wanneer hy dit maar verstandig gebruik; maar vir wie dit onverstandig gebruik en dus nie in harmonie met God se orde wandel nie, moet alles vir hom ten slotte skadelik word.

[11] Wie hom dan vererg oor die skadelikheid van die dinge en inrigting in hierdie natuurlike wêreld en daarby teen God se wysheid en mag in opstand kom, vererg hom kennelik ook vir God en bespot Sy Liefde en Wysheid; maar wie dit doen, leef beslis nie in vriendskap nie, maar in `n egte vyandskap met JaHWeH God. Sal dit hom ook maar enige seën bring? Ek dink dat so `n blinde vyandskap teenoor God, die mens eers God sal laat verloor en dat die mens dan in sy goddeloosheid geen lewensgeluk meer kan verwag nie, totdat hy hom sal bekeer en God se liefde, wysheid en orde in alle opsigte lowend sal erken en mettertyd ook duidelik sal begryp.

[12] Maar as die storm op see jou vererg, bly dan op die vasteland as dit op see storm, en gaan eers aan boord van `n skip as die stormagtige tye van die see verby is; en wanneer dit die meeste en die hewigste onophoudelik raas, weet elkeen dit wel wat vlak by die see woon en daar ook steeds mee te make het.

[13] Kyk, vriend, dit is ook wyse reëls; wie dit ken en in ag neem, sal ook reeds op hierdie aarde gelukkig wees en rus hê van alle verskynsels en voorvalle in die aardse lewe.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205