Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 145

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Elektriese verskynsels

145 (RafaEl:) “Eers het ons gesien hoe daar vonke uit die rug van ons kat spring en sigbaar word, nadat ons hom in die rigting van sy kop gestreel het. Was dit dalk ook beledigde etergeeste, wat hulle welig aan die hare op die rug van die kat geheg het? Ja, sê ek julle, so is dit! Die hare van `n kat is baie glad en het geen ongelykhede nie, maar dit is net soos elke ander materie omgewe deur lug en dus ook deur die daarin rustende en seker aanwesige etergeeste, en wel na die kop toe in `n meerdere mate, omdat die hare daar, veral op die rug, digter word as in die rigting van die stert.

[2] As mens nou van die kop na die stert oor die dier stryk, dan verdeel mens by die kop die steeds rykliker aanwesige geeste oor die streek wat minder ryk daarvan voorsien is. Daarom vind daar dan eintlik meer `n gelykmaking as `n belediging van die geeste plaas, en daardeur bly hulle aktiwiteit agterweë of word in elke geval nie sigbaar nie; deur die stryk of wrywing na die kop toe vermeerder mens die hoeveelheid geeste, beledig jy hulle daardeur tot op `n sekere hoogte, en dan maak hulle hulle aanwesigheid weldra kenbaar deur hulle aktiwiteit.

[3] Gladde oppervlaktes, in die besonder van baie harde edelsteen en glas, wat die ou Fenisiërs, die Filistyne en die Egiptenare reeds uit kieselsteen vervaardig het, is spesiaal geskik daarvoor om die etergeeste te dwing om hulle aanwesigheid kenbaar te maak, as mens sulke oppervlakte selfs maar net met droë hande begin te vryf. En die vuur wat op hierdie manier opgewek word, is wederom niks anders as die “elektron” wat ek julle beskrywe het nie.

[4] Verder is die verbranding van hout, strooi, olie, hars, nafta, swawel en alle brandbare stowwe niks anders as `n werking van die “elektron” nie. Dit gloei en smelt en selfs die uiteindelike verbranding van metale en alle minerale gebeur langs dieselfde weg, na gelang die toenemende graad van aktiwiteit van die etergeeste wat in hulle rus gestoor word. Wanneer dit ononderbroke in so `n aktiwiteit gebring word, soos ook die waarvan `n bliksem te kenne gee, dan vernietig hulle alle materie en los dit volledig op in haar oorspronklike elemente, die van eteriese geeste. Maar by die verbranding van hout, olie en hars bereik hulle nooit so `n uiterste hoë graad van aktiwiteit nie, omdat hulle aktiwiteit daarby belemmer word, deurdat hulle steeds in geveg is met die growwer, in die materie gebonde natuurgeeste. 

[5] Maar wanneer by so `n verbrandingsproses, deur `n sterk toestroming van lug, steeds groter aantalle etergeeste hulle in `n sekere sin te hulp kom, word ook die hitte van die hout- of kole vuur aansienlik groter, wat ook nog die starre natuurgeeste in die materie van metale en steen tot aktiwiteit kan bring, en die aktiwiteit kan dit dan gewoonlik gloei en smelt, maar dit ook verbrand en uiteindelik ook die algehele oplossing daarvan bewerkstellig.  

[6] Water self het `n groot hoeveelheid van die etergeeste in hom, wat nou al herhaaldelik aan julle verklaar is. As stof bestaan dit uit buitengewone klein ronde blasies, waarin die eintlike etergeeste opgesluit is. Omdat hierdie blasies baie rond en glad is en dus nie so sterk teen mekaar druk nie, omdat hulle baie maklik kan wegskuiwe en mekaar voortdurend ontwyk, gedra die etergeeste in die water hulleself gewoonlik ook rustig. Maar die water hoef maar in `n ketel op die vuur geplaas te word, of dit word weldra onrustig; want die etergeeste in die water word deur die aktiwiteit van hulle omgewende gelykwaardige etergeeste geprikkel, en begin met steeds groter heftigheid die eintlike waterstofblasies deurmekaar te jaag en begin uitsit, en baie verlaat by die barste van die te sterk uitgesette waterstofblaasies hulle woonelemente en ontsnap, waarna hulle hulleself verenig met die vry etergeeste in die lug van die aarde, oftewel styg hulle vinnig omhoog, heeltemal deur die luglaag heen tot by hulle oerverwante. 

[7] Dat die kook en verdamp van water tot die laaste druppel ook - op die wyse van hierdie wêreld gespreek - `n elektriese proses is, sal julle wel sonder baie moeite kan begryp deur wat ek nou gesê het, maar dit word vir julle nog duideliker as ek julle op `n paar verskynsels wys, wat julle almal al min of meer ken. 

[8] Ons weet nou dat die etergeeste wat in hulle rus gesteur word, baie gou aktief word en sodoende die onweerstaanbare geweld en die mag te kenne gee wat eie aan hulle is. En kyk, dit doen hulle ook as hulle in die water deur `n steeds toenemende aktiwiteit van buite van hulle metgeselle, dus deur vuur, onrustig word. Wanneer hulle dan nog die kook kan ontwyk en in `n toestand van rus kan kom, dan is dit natuurlik beter vir hulle; maar as julle water in `n stewige geslote houer op die vuur sit, sal die rustende water etergeeste in die houer julle weldra laat sien watter geweld hulle in hulleself het, as hulle aktief begin te word. Dit sal nie lank duur vir die houer om in stukke geruk te word nie, al sou die houer ook van yster so dik as `n arm gemaak word, en die geeste sal hulle met `n harde knal vrymaak en hulle daarna terugtrek in hulle aangebore rus. - Dit is `n baie aanskoulike voorbeeld, waar julle nou goed en beslis nog duideliker kan uitmaak dat die etergeeste ook in die water woon.

[9] Niks kan die suiwer etergeeste egter soseer tot groot aktiwiteit bring, as wanneer die onsuiwer natuurgeeste uit die inwendige van die aarde in taamlike groot aantalle opstyg en hulle in `n sekere sin met die luggeeste begin te verenig of hulle onder hulle begin te vermeng nie, soos wat ook so flussies die geval was. Dan ontstaan daar dadelik `n hewige stryd waarby die onsuiwer geeste steeds oorwin word, waardeur dit egter ook gesuiwer en vir die lewe van plante en diere nie alleen onskadelik nie, maar selfs baie nuttig word.

[10] Bo die vasteland woed by sulke geleenthede steeds hewige storms, soos wat ons nou ook een meegemaak het; maar as `n dergelike massale opstyging van onsuiwer natuurgeeste êrens onder die see plaasvind, dan word die suiwer etergeeste in die water ook dadelik baie onrustig daardeur; die gevolg daarvan is gewoonlik `n springvloed storm wat vir skippers die gevaarlikste is, omdat die golwe daarby maklik huishoog word en selfs met die grootste en sterkste skepe `n spelletjie speel soos `n stormwind met kaf. By sulke geleenthede word die onsuiwer geeste ook baie sterk gesuiwer; maar vir mense is dit bepaald gevaarlik om hulle daar op die see te bevind waar iets dergeliks aan die gang is.  

[11] Ervare skippers weet daarvan deur bepaalde waarsku­wingstekens, wat so `n gebeurtenis steeds voorafgaan, en begewe hulle nie in die gevaar nie; as hulle egter al op see is, dan sal hulle hulleself ook haas om so vinnig moontlik die oewer te bereik of, as dit nie haalbaar is nie, hulle tog aan die hoë golwe van die see toe te vertrou.

[12] As die see na `n dergelike storm weer rustig geword het, sal julle die oppervlak van die see, die toue van die skip, die rieme en nog baie ander dinge swak sien flikker met `n swakkerige lig, net soos julle ook so flussies buite die gras, die bome en selfs julle hare gesien skitter het. Die oorsaak daarvan is natuurlik weer die aan julle nou wel voldoende verklaarde “elektron”; maar nou is dit nie soseer afkomstig van die spesiale aktiwiteit van die etergeeste nie, maar veeleer van die gelouterde, voorheen onsuiwer natuurgeeste uit die inwendige van die aarde, watter geeste hulle op hierdie manier op sigbare wyse nuttig begin te betoon aan die plante, die diere, die water en die lug. Die ou natuurwyses het die verligting “teen-elektron” genoem.

[13] En daarmee het ek vir julle die verskynsel dan ook sekerlik op begryplike wyse toegelig en dit kan julle ook vir ander mense doen, sodat die duistere en verderflike bygeloof by die mense afneem en ten gronde gaan; want elke bygeloof is soos `n dodelike vergiftiging vir die suiwer waarheid, as enige siel wil lewe.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205