Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 149

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die Heer maak Sy aardse toekoms bekend

149 Nou ontwaak Ek, gaan regop sit en sê: “As julle in My glo en voortaan volgens My leer lewe en daarvolgens handel, doen julle teenoor My alles wat My liefde, barmhartigheid en erbarming werd is. Julle sal in My Naam nog baie te doen kry; as julle alles wat My Gees in julle van julle sal verlang, uit liefde vir My en julle naaste sal doen, dan sal julle daardeur alles aan My vergoed wat julle deur My liefde en barmhartigheid ten deel geval het.

[2] Wat julle in My Naam goed doen vir julle arm medemens, geestelik en liggaamlik, dit doen julle aan My.

[3] Julle neem nou ook uit liefde vir My die jonges wat Ek aan julle toevertrou het en nog enkele arm mense van hier met julle saam, wat julle nog baie aardse onkoste, moeite en sorg sal kos; kyk, dit neem Ek ook aan asof julle dit aan My sou gedoen het en Ek sal vir julle ook daarvoor die loon in die hemel berei en in hierdie wêreld sal julle geen skade ly nie!

[4] Maar as julle ook - want dit moet in die wêreld wel so wees en gebeur - deur menige beproewing en versoeking geteister word, verdra dit dan met geduld en raak nie ontstemd nie, dan sal dit julle tot seën strek; want diegene wat Ek liefhet, die beproef Ek ook en Ek onderwerp hulle aan allerlei verdrukkings.

[5] Op die Olyfberg het Ek julle al voorheen te verstane gegee dat Ek vanaf nou oor `n kort tydjie self sal toelaat, tot oordeel van die godslasteraars en tot heil van die wat Myne is, dat die godslasteraars My sal gryp en My liggaam sal dood, en wel aan die kruis, soos `n gewone misdadiger. As julle daarvan sal hoor, vererg julle dan nie oor My nie, maar bly in die geloof en in die liefde tot My, dan sal julle daardeur `n groot aandeel hê aan My werk van verlossing van die mens uit die ou en harde bande van die nag van die dood, die sonde en die slawerny van die duistere bygeloof wat die dood bring! 

[6] Ek sê dit nog `n keer aan julle en ook aan al die ander, sodat niemand hulle aanstoot sal neem daaroor nie en swak in die geloof sal word nie! Want hoewel die liggaam van My deur die godslasteraars gedood sal word, sal Ek tog reeds op die derde dag die gestorwe liggaam weer lewend maak en Ek sal opstaan as `n ewige oorwinnaar oor die dood en oor elke oordeel! Dan sal Ek weer na julle toe kom en sal julle die krag van My Gees en wil in julleself gee, wat julle ewig lewend en salig sal maak!

[7] Ek sê dit nou al vir die tweede keer aan julle en vooraf met groot beslistheid, sodat, as dit sal gebeur, niemand van julle aan My sal aanstoot neem nie.

[8] Maar Ek sê julle ook nog iets, omdat julle nou in julleself afvra: “Ja, moet dit dan so gebeur? Het Hy, die alwyse en almagtige Heer van die hemele en van hierdie aarde, egter geen ander middel om, ten eerste die baie godslasteraars aan bande te lê nie, en ten tweede diegene wat in Hom glo en hulle aan Hom hou, salig te maak nie?”

[9] En kyk, wat Ek julle daarop sê, is: Ek wil nie dat dit so gebeur nie en Ek het die metodes en moontlikhede om My kinders ook sonder dit, wat daar nou sal gebeur, te verlos en salig te maak; maar die bose mense wil dit so hê en daarom laat Ek dan ook toe dat dit so sal gebeur, sodat daardeur ook baie godslasteraars hulle tot berou, boetedoening en egte geloof in My sal bekeer! Want die gebroedsel in die tempel sê en skreeu voortdurend: “Laat ons hom tog gryp en dood! Wanneer hy weer sal opstaan uit dit graf, dan sal ons ook in hom glo!” Hulle wil My dus aan hierdie laaste proef onderwerp, en so is dit dan ten slotte ook toegelaat. Daardeur sal daar ook baie, wat nou nog volkome blind is, siende word en in My begin glo; maar diegene wat tot op die bodem boos is, sal die maat van hulle sonde daardeur volmaak en in hulle oordeel en ewige dood val.

[10] Wanneer Ek weer uit die graf sal opstaan, sal Ek ook na julle in Rome kom en julle self oortuig van dit wat Ek nou vir julle gesê het.”

[11] Nou vra die Romein Markus: “Heer en Leraar, wanneer, van nou af gereken, sal dit met U gebeur?”

[12] Ek sê: “Spoedig! Nog voor die jaar om sal wees, sal Ek na julle toe kom en vir julle gee wat Ek julle beloof het. Maar nou sal ons nie verder daaroor spreek nie! Dit begin al behoorlik dag te word; laat ons die oggend weer in die ope lug deurbring!”

[13] Daarmee was almal tevrede en hulle begin hulle met My na buite te begewe, die reeds bekende heuwel op.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205