Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 153

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die Heer onderrig die Romeine

153 Daarop sê Ek: “Vriend, hoe sleg dit daar in Rome en sy elders geleë lande uitsien, weet Ek wel die allerbeste en Ek het julle ook reeds op hierdie slegte toestande gewys, met die bedoeling dat julle, waar sulke dinge nog plaasvind, die jeug wat aan julle toevertrou is, ver daarvan af te hou! Maar tog is daar in Rome ook nog mense, wat net soos julle, geen vreugde belewe aan al die gruwels nie en dit verafsku; en hulle hoef nou nie meer op `n wonderbaarlike wyse van vooraf bemes te word nie, sodat My woord wortel in hulle sal skiet nie, want daar is alreeds bemes.

[2] Maar diegene wat nog aan die ou, slegte sedes en gewoontes hang, is met geen enkele voorafgaande wonderbaarlike bemesting hoe dan ook al, ryper en ontvankliker vir My leer te maak nie; vir hulle moet daar iets baie anders kom om hulle uit hulle ou bedwelming te wek! Daarvoor sal op die regte oomblik en die regte plek ook wel gesorg word.

[3] Maar daar sal ook nou al verskeie mense wees, - wat nog sterk vashou aan die ou, slegte feestelikhede en die wilde, oorlogsugtige volksvermaak, - wat daarvan begin afstand doen wanneer julle met hulle in gesprek sal tree oor wat julle hier gehoor, gesien en meegemaak het.

[4] Maar om julle Romeine nie na Rome te laat terugkeer sonder daardie, deur julle verlangde wonderbemesting vir die saai van My leer nie, wil Ek julle nou as gevolg van julle sterk geloof in My die mag gee om deur die oplê van julle hande alle siekes en gebreklikes te kan genees, wat aan julle woorde `n groot krag en uitwerking sal gee. 

[5] Maar met die krag wat Ek julle nou gegee het, moet julle veral nie gaan pronk en julle daarvoor, deur niemand op watter manier dan ook, laat bewonder of vereer nie, maar vertel en toon hulle wat genees is aan wie hulle hulle genesing in wese te danke het, en aan wie daarvoor alleen eer, lof en dank toekom! Ek gee julle hierdie krag verniet, vanuit die mag van My wil, genees julle derhalwe die mense wat julle hulp nodig sal hê, dan ook verniet!

[6] En Ek gee julle hierdie krag nog op sodanige verhoogde wyse dat julle die mense ook kan genees as hulle hulleself op watter afstand ook bevind, as julle hulle in gedagte en in die vaste geloof en julle vaste wil in My Naam die hande oplê.

[7] Voorsien van hierdie krag sal julle, by `n wyse gebruik daarvan, baie van die mense wat in duister verkeer, tot die geloof in die enige ware God bring, daardeur tot die lig van die lewe en die volle waarheid, en hulle siele bygevolg ook tot die ewige lewe.

[8] Maar neem, al is dit maar vir die uiterlike skyn, geen deel aan die baie ou, heidense dwaashede nie; want die aanskoue daarvan sou julle hart met ergernis vervul en teenoor die dwase van die wêreld verbitter word - en dit kom die siel nie ten goede nie, as die hart vol gal raak!

[9] Bedink altyd dat die grootste krag en mag van die gees in die mens hom openbaar in liefde, geduld, sagmoedigheid en erbarming en daarin magtig werksaam tot uitdrukking kom; want as julle nie `n dwaas met liefde en geduld op die korrekte spoor kan bring nie, dan sal julle dit nog minder met ergernis en toorn kan doen. Dit is weliswaar ook noodsaaklik dat mens so nou en dan, waar dit nodig is, met die korrekte erns optree; maar agter die erns moet tog steeds die liefde oplig in die gewaad van die egte goeie wil. As dit nie die geval is nie, dan is die erns niks anders as blinde en nuttelose lawaai nie, wat baie meer skade as voordeel sal oplewer.

[10] Maar waar julle op die eerste oogopslag maklik sal merk dat die een of ander mens, of ook meerdere mense te vas en te diep in allerlei afgodiese dwaashede van die wêreld begrawe is, en geen oor en heeltemal geen hart het vir die stem van die waarheid nie, keer julle dan van hulle af en gaan nie met hulle om nie - behalwe as so `n dwaas na julle toe sou kom om van iemand van julle te hoor, of wanneer hy iets makeer, en hulp van julle wil hê! As dit sou gebeur, bring hom dan in verstandige en vir hom begryplike bewoording sy dwaashede onder oë, en as hy dit aanvaar het, gee hom dan ook die gevraagde hulp! Maar gee hom, saam met die hulp die vermaning, dat hy in die vervolg nie meer in die ou dwaasheid en die sonde daarvan moet volhard nie, omdat sy leed `n tweede keer nog baie erger sal word as die eerste keer, waarvoor julle hom hulp verleen het. Wanneer julle altyd hierdie raad van My sal opvolg, sal julle in My Naam maklik kan werk en optree en sal julle ook ryklik die beste lewensvrugte oes. 

[11] Wanneer julle self goeie leerlinge in My Naam opgelei sal hê, kan julle hulle in My Naam ook weer die hande oplê, dan sal hulle daardeur ook die krag in hulself gewaar word wat Ek deur My wil nou reeds aan julle verleen het.

[12] Maar Ek wys julle veral nogeens daarop dat, nóg één van julle, nóg later een of ander van julle leerlinge, ooit buite die grense van die ware liefde, beheersing, geduld, sagmoedigheid en erbarming moet tree nie; want `n dergelike oorskryding van die grense sou maar al te gou allerlei vir julle self gerigte haat, vervolging en oorlog tot gevolg hê! Neem dit dus veral in ag, as julle nie, in plaas van seën, tweedrag, ergernis, woede, haat en vervolging onder die mense wil versprei nie!

[13] Daar sal weliswaar in hierdie wêreld nog baie tweedrag, en die bose gevolge daarvan, onder die mens ontstaan, soos wat daar op `n akker ook baie onkruid tussen die suiwerste koring opkom, maar die suiwer koring, ook al gedy dit nie so ryklik nie, sal en moet tog suiwer koring bly, en van julle moet altyd gesê kan word dat julle geen onkruid tussen die koring op die akker van die lewe gesaai het nie. Griffel hierdie woorde van My baie diep in julle hart, dan sal julle werke ryk aan seën wees! - Het julle dit nou almal goed in julle opgeneem?”

[14] Met verbaasde, bly gesigte sê die vername Romeine: “Ja, Heer en Leraar, en ons dank U ook van ganser harte vir so `n groot aan ons verleende barmhartigheid wat U nou, sonder dat ons U daarom durf te gevra het, uit die eindelose volheid van U liefde sommer aan ons geskenk het! En dat ons die krag nou ook werklik van U ontvang het, dit het ons ook diep van binne gevoel, toe U ons dit met die almag van U wil geskenk het; want daar gaan as`t ware `n stroom van vuur deur ons heen, en ons voel onmiddellik `n magtige geloofskrag en wilskrag in ons, sodat ons nou werklik daarvan oortuig is dat ons in U Naam met ons wil nou ook al dadelik hele berge met die dale sou kan gelykmaak. En hoeseer U krag in ons, wat U ons verleen het, ook mag toeneem, ons sal steeds slegs in geval van egte nood, in soverre `n wyse gebruik daarvan maak, soos U ons aangeraai het en waarvoor U ons die krag ook alleen deur U barmhartigheid geskenk het! - O Majesteit en Heer Jesus JaHWeH Sebaot! Is dit goed so?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205