Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 154

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die gebruik van die krag om wonderwerke te doen

154 Ek sê: “Baie seker! Maar as iemand van julle `n nog hoër krag in hulle voel, dan kan hy dit ook gebruik, wanneer dit êrens op die regte tyd en plek sinvol is, maar nooit ofte nimmer om te toon wat hy alles kan doen nie, maar slegs as hy daarmee in die verborgene, in die teenwoordigheid van min en wyse getuienis, in een of ander opsig iets werklik goeds vir die mens kan bewerkstellig! Ek kan julle naamlik nie net die krag skenk om alle liggaamlike siektes van die mens te genees nie; want wie hierdie krag volkome ontvang het, soos julle ook nou, het daarmee ook die krag vir baie ander dinge ontvang! 

[2] Maar hy moet hom nie daarmee aan die mens vertoon sodat hulle hulle oor hom sal verbaas en vervolgens ook alles vas glo wat hy hulle verkondig het nie; maar die besitter van so `n hoër geesteskrag uit My moet hom ook steeds tot My wend met die vraag: “Heer, as dit ook U wil is dat ek nou gebruik maak van die verleende krag deur U aan my geskenk, laat my dit dan weet in my hart en verenig U almagtige wil met krag wat U barmhartiglik aan my verleen het! Maar as dit tewens nie U wil is nie, maak my dit dan ook kenbaar volgens U liefde, wysheid en barmhartigheid!” Dan sal ek so `n deemoedige vraag in die hart van die vraesteller altyd oombliklik met ja of nee beantwoord en Ek sal hom ook helder die rede toon waarom daar `n teken gedoen of agterweë gelaat moet word. Die besitter van so `n verleende krag wat deur My aan hom geskenk is, sal egter ook sonder My volledige instemming wel die wonder kan verrig, maar dit sal vir hom en nog minder vir diegene vir wie hy dit gedoen het, van geen enkele nut wees nie, - en dit kan julle ook goed onthou! Want wie in alle opsigte volkome met My sal wandel en handel, sy werke sal ook altyd van die ware seën vergesel wees. 

[3] Maar onthou veral wat Ek julle en alle leerlinge op die Olyfberg gegee het, naamlik dat julle, wat My evangelie aan die mense moet oorbring, hoofsaaklik daarna moet strewe om alleen deur middel van die mag van die woord te werk! Want `n mens wat deur die woord tot volledige bekering gebring word, is `n groter aanwins vir My Godsryk as duisend mense wat deur tekens en wonders gedwing word om My leer aan te neem. Want die suiwer woord en die lig daarvan bly ewig, maar die tekens gaan en het vir die nakomelinge, wat geen getuie daarvan was nie, bykans geen enkele waarde nie. Die dinge word naamlik wel slegs blindelings geglo as iets buitengewoon wat in die geskiedenis gebeur het, maar julle verskaf die gelowige tog geen volledige oortuiging van die waarheid van My leer nie en verlei ander, leeglopers wat steeds sterk tot bedrog geneig is, maar al te gou en maklik tot die doen van valse tekens en wonderwerke om daarmee die toeskouers tot `n duister bygeloof te bring.

[4] Die suiwer woord is egter `n lig op sigself en het geen tekens nodig tot getuienis van die waarheid in homself nie, omdat dit self die grootste teken van alle tekens en die hoogste wonder van alle wonderwerke is.

[5] As Ek in julle teenwoordigheid niks anders as die mees verbasingswekkende tekens sou gedoen het, dan sou dit vir julle ewe weinig nut gehad het, as die wonderwerke van magiërs en towenaars, wat dit dikwels vir julle vermaak doen; en al sou julle My gedane tekens baie meer buitengewoon gevind het as die van die magiërs en towenaars, sou julle nog langer daaroor kon vertel?

[6] Wat julle egter nou innerlik so helder verlig en ook tot lewe gewek het, was My woord en nie die tekens, waarvan Ek soveel voor julle oë gedoen het. As Ek nou nog meer tekens vir julle sou doen, dan sou julle julle weliswaar opnuut verbaas daaroor, maar dadelik daarna aan My vra: “Heer, hoe was U in staat om die teken te doen en hoe gaan dit te werk dat deur U woord en wil byvoorbeeld brood en wyn ontstaan?” Ja, dan sou Ek Self tog weer na die woord gryp en, soos Ek dit ook reeds teenoor julle gedoen het, die wonderwerk op so `n manier verklaar, dat julle met julle verstand sou begryp hoe Ek in staat was om `n dergelike wonderwerk te doen! 

[7] Wel nou, wanneer die woord en nie die teken alweer verligting kan bring, dan kan die suiwer en waarheid bevattende woord as sodanig dit tog ook alleen doen, sonder `n voorafgaande teken! Daarom is die hoofsaak en die belangrikste voorwaarde vir die lewe slegs in die woord geleë, en nie in die tekens nie! 

[8] Die doen van `n teken, wanneer die mens die krag daarvoor verleen is, soos julle nou ook, kan slegs `n werklike goeie uitwerking binne My orde hê, wanneer `n mens, wat in staat is om `n teken te doen, dit uit liefde tot sy naaste in die verborgene doen, om hom in My Naam van nut te wees. Ek is egter Die Een wat dit sien, al gebeur dit ook hoe verborge, en Ek sal weet om diegene wat in stilte die tekens verrig het, ook te beloon op dieselfde manier as hy wat in My Naam die teken gedoen het. 

[9] As julle `n sieke voor die oë van die mense openlik die hande oplê, sodat dit met hom sal beter gaan, dan het julle ten behoewe van die getuienis vir die waarheid van My woord meer as genoeg gedoen; maar in die geheim, sonder openlike getuies, kan julle dit baie keer per dag doen en arme lydende mense van hulle ellende bevry, sonder dat één van hulle ook te wete kom wie hom van sy kwelling verlos het. Ek sê julle: `n dergelike genesing geld by My meer as honderd sigbare genesings voor die oë van die wêreld! Gebruik daarom die gegewe krag wat nou deur My aan julle geskenk is, altyd volgens die bedoeling wat Ek julle bekend gemaak het, dan sal Ek weet hoe om julle daarvoor te seën. Het julle dit ook nou goed begryp?”

[10] Dankbaar beaam almal dit ook en dink nou diep na oor alles wat hulle van My gehoor het.  

[11] Maar nou kom ook die hoofman uit Bethlehem na My toe en sê: “Heer en Leraar! Ek is ook `n Romein en glo vas in U en het U baie lief! U het nou die tien Romeine iets groots gegee en hulle ook getrou getoon hoe hulle dit alles moet gebruik. Wil U ook nie vir my dieselfde barmhartigheid skenk nie? Werklik, ek sou altyd die korrekte gebruik daarvan maak en in die besonder teenoor die Fariseërs met hulle leuenagtige tonge sou ek `n dergelike genadegawe baie goed kan gebruik; want hierdie mense maak die volk wys, dat ingeval van nood, hulle selfs weer die dooies uit die grafte tot lewe sou kan wek, as hulle dit maar sou wil en mag! Dergelike woorde is tog niks anders as los opswepery, waaragter enige waarheid nog ooit kan skuil nie! As ek nou ook so `n geheime innerlike krag sou hê, sou ek goed weet wat ek ten opsigte van die niksseggende skreeuers sou moet en ook sou doen!” 

[12] Ek sê: “Dit weet Ek goed vooraf en in waarheid, daarom gee Ek jou nou nog nie so `n krag nie; want jy het nog nie die korrekte rypheid daarvoor nie. Maar jy het nou ook die suiwer woord en kan dit gebruik, en dit is, soos Ek ook so flussies duidelik laat sien het, baie meer werd as die doen van tekens! Gebruik dus eers met sukses wat jy het, daarna sal al die ander jou daarby gegee word.”

[13] Toe die hoofman dit van My hoor, was hy ook daarmee tevrede en sê: “Dit is waar, en daarom ook goed! Heer, slegs U wil geskied!”

[14] Ek sê: “Dit, vriend, is meer werd as die doen van duisend tekens!”

[15] Toe Ek dit gesê het, het dit al taamlik lig geword en uit Jerusalem kom daar drie Essene, wat êrens gehoor het dat hulle in Bethanië by Lasarus kon navraag doen waar Ek My wel ophou.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205