Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 155

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die Essene bekla hulle nood by die Heer

155 Soos gewoonlik bekyk ons nou baie rustig ook die verskillende taferele van die oggend; enkele leerlinge bespreek egter met mekaar die geskenkte gawes om wonderwerke te doen aan die tien Romeine en beny hulle heimlik daarvoor.

[2] En intussen bring `n dienaar van Lasarus ook die drie Essene wat uit Jerusalem aangekom het, na My toe op die heuwel, stel hulle eers voor aan Lasarus, wat hulle daarna eers na My toe bring.

[3] Ek vra hulle dadelik wat hulle wil hê, sodat hulle in die teenwoordigheid van getuienis hulle hart kon lug; want Ek het self al lankal geweet waarom hulle My gesoek het en waarom hulle nou na My toe gekom het.

[4] Hulle buig al drie diep voor My, en één van hulle (`n Esseen) sê: “Heer en Leraar, enkele maande gelede het daar ook afgesante van ons na U toe gekom en het van U aanwysings gekry hoe ons in ons instituut, wat nou `n algemene en groot aansien geniet, vanuit die enigste waarheid moet handel, omdat ons andersins binnekort tye sal belewe waarin allerlei onheil oor ons sal losbreek. Ons het dit dan ook gedoen, wat die teruggekeerde afgesante ons nadruklik as U wil meegedeel het en het sedertdien ook nie meer één valse wonderwerk gedoen nie, terwyl die afgesante ons namens U die volle versekering gegee het dat ons, as ons self presies volgens U leer sou gaan lewe en handel en ernstig daarby sou bly, in U Naam sekerlik in staat sou wees om die grootste en mees egte tekens te doen, wanneer dit nodig sou wees.

[5] Maar daardeur het ons nou in baie opsigte werklik in nood geraak en weet ons geen raad meer nie, en nog minder hoe ons onsself daaruit moet red; want ten eerste kom daar nou dag na dag uit alle windstreke allerlei mense en baie bring ons `n groot aantal gestorwe kinders om hulle weer tot lewe te wek en huil en kla verskriklik as ons hulle nie aanneem om hulle weer op te wek nie, waarvoor hulle ons byna onder goud, silwer, edelstene en pêrels wil begrawe. Al die goeie redes wat ons hulle aangee, waarom ons dergelike wonderwerke nie meer mag en wil doen nie, bly vrugteloos, en vanweë ons rus en veiligheid is ons genoodsaak om die dooie kinders aan te neem en daarvan het ons daar nou sedert vier maande gelede op sy minste ongeveer vyfhonderd.

[6] Om hierdie kinders van verskillende leeftye op ons ou manier weer tot lewe te wek, is daar wel meer jare voor nodig, nog meer as daar per week nog één en selfs twee tot drie bykom. Ons het weliswaar probeer om hierdie dooies weer in U Naam tot die lewe terug te roep; maar daar gebeur geen wonders nie en ons moes vir hierdie keer dit weer op ons ou manier hanteer. 

[7] Dit is nou, soos ook gesê, die eerste graad van ons ellende; die tweede en nog erger is egter, aangesien ons volgens U leer begin werk en handel het, het ons nou in ons kinderkweekplekke te min kinders om hulle om te ruil, deurdat ons hulle volgens U woord, ter wille van die hoogste lewenswaarheid, saam met hulle moeders en voedsters uit die kweekplekke laat weggaan het na `n beter bestemming, terwyl ons daarvoor sorg gedra het dat hulle geen gebrek sal hê aan die nodige versorging nie. Ons het die baie moeders en voedsters geld en ander skatte gegee en hulle laat gaan, terwyl ons hulle natuurlik `n goeie en vir hulle begryplike rede vir hierdie nuwe handelswyse van ons aangegee het.

[8] Dit het gebeur, en wel op `n goeie manier; maar waar moet ons in ons ellende nou in `n kort tydjie ander kinders vandaan kry, en hoe kan ons daarby tog volhard in U leer, van welke waarheid ons deurdring is? Heer! Daaraan sien U, en ook al U leerlinge, in watter groot verleentheid ons onsself nou bevind! Hoe moet, hoe kan ons ontsnap aan die gevare wat ons van alle kante bedreig?

[9] Heer en Leraar, as U ons nie op wonderbaarlike wyse help nie, gaan ons almal binne `n kort tydjie ten gronde! Ons het ook alle feeste in verband met die tot lewe wek van mense en ook alle ander towery afgeskaf; maar tog kom die mense van wyd en suid om by ons raad en hulp te soek. Slegs weiniges neem genoeë met onderrig alleen, die meeste wil dade sien soos ons dit ook vroeër gedoen het - en dit wil ons nie doen nie, omdat ons onsself nou eenmaal vas en ernstig voorgeneem het om so streng en suiwer moontlik volgens U leer te lewe en te handel. 

[10] Ag, dit is nou wel moeilik om `n egte mens te wees in die wêreld, wanneer mens enersyds te make het met die reusagtige groot blindheid van die mense, wat geen flou idee het van die waarheid nie, terwyl ons andersyds in onsself te make het met die glasheldere en lewende waarheid en werklik daarmee te kampe het! Ek wil dit nie hê oor die materiële verlies wat ons nou ly in ons strewe na die suiwer waarheid nie, want ons het nog meer as genoeg aan materiële vermoëns; maar die ander probleme, waarin ons van dag tot dag dieper in beland, maak ons nou volkome radeloos. Heer en Leraar, ons smeek U nou baie dringend om advies en om ware hulp!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205