Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 156

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die advies van die Heer aan die Essene

156 Ek sê: “Ek weet en sien dat julle nou teenoor die mense in groot verleentheid geraak het en ook moes raak; maar dit moet ook so gaan wanneer `n mens, wat hulle voorheen deur allerlei liste, wêreldse slimheid en bedrog gepleeg en belangrik gemaak het in die oë van die mense, om op slinkse wyse groot skatte van hulle te verkry, dieselfde waarheid aangegryp het om hulle innerlike te verbeter. Want hulle wil die mense nie meer om die bos lei en bedrieg nie, maar die waarheid durf hy hulle nie sê nie, sodat hulle nie boos word en vir hom sê: “O julle ellendige bedrieërs! As julle nou die waarheid bely en daarvolgens kan spreek en handel, waarom het julle dit dan nie reeds vanaf die begin gedoen nie? Wat se kwaad het ons julle ooit voorheen aangedoen dat julle julle jarelank teenoor ons as snode bedrieërs betoon het? Maak nou al die bedrog wat met ons bedryf is goed, anders sal julle nie ons teregte wraak ontkom nie!”

[2] Ja, vriende, hierdie baie bose taal spreek die innerlike gewete weliswaar voortdurend vir die een wat deur lis en bedrog wil wins trek uit die liggelowige mensdom en dit ook met behulp van sy geslepe wêreldse verstand doen; maar so `n mens verdoof ten slotte sy gewete, wat die innerlike gees van lewe en waarheid in die mens is, en bedrieg die blind gemaakte mense vervolgens steeds meer en meer.

[3] Maar wat gebeur daar naderhand, wanneer die dag van die volle waarheid vir alle mense aanbreek? Waarheen sal hulle vlug vir hulle wat julle so dikwels en so meedoënloos bedrieg en verloën het? Werklik, dit sal `n vreeslike vlug wees en die vlugtendes sal skreeu en sê: “Berge val op ons neer, sodat die waarheidslig van die groot dag ons nie moet inhaal en ons onthul voor die oë van hulle wat ons so dikwels op die mees snode wyse bedrieg en verloën het nie!”

[4] Ek sê dit egter vir julle, wat nou terwille van die suiwer waarheid afstand gedoen het van die groot bedrieëry; want hier kan nog baie goed gemaak word deur die regte werke van die liefde, maar in die ander wêreld, waarin alles openbaar sal word, selfs die mees geheime gedagtes van die siel, sal dit nie meer opgaan nie en die bedrieër en leuenaar sal hom daar die bitterste verdeemoediging moet laat welgeval en sal met meer as groot vernietigende skande belaai word in die oë van alle regverdiges.

[5] Selfs vir My is dit nou moeilik om julle goeie advies te gee en julle ook egte hulp te bied; want Ek, wat die lewende waarheid Self is, kan julle doen en late uit die verlede tog nie vergoeilik toedek en die mense in die waan laat waarin hulle deur julle gebring is nie! Spreek nou die waarheid aan almal na julle toe kom, onderrig julle hulle op die korrekte wyse en sê dat Ek julle dit opgedra het en vertel hulle ook die ware rede waarom julle nou anders dink, wil en handel as voorheen, toe julle self nog ver van die waarheid af gestaan het; sê hulle ook dat nie `n bose wil nie, maar alleen `n sekere medelye teenoor die liglose en lydende mensdom julle daartoe gebring het om deur julle kennis en aangeleerde bekwaamhede dinge, vaardighede en leerstellinge in die lewe te roep, waarin baie mense troos gevind het! Maar omdat julle nou deur My toedoen tot die suiwer waarheid deurgedring het, wil julle hulle, wat altyd hulle vertroue op julle gestel het, nou die suiwer en lewende waarheid dan ook nie weerhou nie, wat hulle vir ewig meer nut sal bring as alles wat julle vroeër vir hulle gedoen het.

[6] Wanneer julle almal so die waarheid aan die mense sal verkondig, sal hulle nie woedend van julle af weggaan nie, maar sal na julle luister en later as ware vriende van die waarheid lewe. Want wat julle voorheen self nie gehad het nie, kon julle ook aan niemand gegee het nie, wat elke met enige insig begiftigde mens sal begryp, en hy sal daarom ook nie kwaad word nie.

[7] Hou julle julleself nou maar net by die waarheid, want alleen dit kan en sal julle vrymaak en julle voortaan alle beskerming en alle hulp bied! Maar om aan die een kant self in die waarheid wees, en aan die anderkant tog sy daaglikse brood met die leuen te wil verdien, dit verdra mekaar net so min as dag en nag of lewe en dood. - Het julle My goed begryp?”

[8] Die drie Essene sê: “Heer en Leraar, ons het U goed begryp en ons sien ook in dat U in alle opsigte volkome gelyk het; maar wat sal ons met die vyfhonderd dooie kinders doen? Moet ons hulle begrawe of onder een of ander voorwendsel teruggee aan die ouers of familielede, wat vir die merendeel nog in die dorp wag? Want dit bedruk ons nou die meeste: ons wil aan die een kant, mense wat die hoop koester, nie weer ongetroos en vol verdriet na die huis laat terugkeer nie, maar aan die anderkant sê ons gewete ons nou dat ons, wat die suiwer waarheid ontvang het, die bedriegde en verdrukte mensdom wat tog al aan alle kante teveel bedrieg is, nie nog verder moet bedrieg en verdruk nie. As ons hulle nou skielik die volle waarheid vertel, sal hulle ongelukkig word - maar as ons vir sover moontlik nog dieselfde praktiseer wat ons voorheen gedoen het en die treurige mense sodoende gelukkig en tevrede maak, dan het ons hulle en via hulle baie ander weer opnuut versterk in die “ou bygeloof” en hulle nog dieper die duisternis in gedrywe. Heer, wat sou hier eintlik die goue middeweg wees, sodat die wagtendes nie treurend en ook nie opnuut bedrieg by ons weggaan nie?” 

[9] Ek sê: “Ook daarin is dit moeilik om `n goeie middeweg te vind; maar aangesien julle nou ernstig `n punt wil plaas agter al julle ou bedrieërye en voortaan wil wandel op die weë van die volle waarheid uit God, wat nou in My in hierdie wêreld gekom het, sal Ek Self iets vir julle doen. Oor `n paar dae sal Ek na julle toe kom en dan sal dit wel blyk wat daar alles gedoen kan word. Maar nou kan julle gaan en dit aan julle broeders meedeel, dan sal hulle goed weet hoe om ooreenkomstig die waarheid te reël!”

[10] Met hierdie woorde van My was die drie volkome tevrede, bedank My vir die les, vir die goeie advies en vir die toesegging dat Ek hulle oor enkele dae Self sou besoek, staan daarna op en trek nog voor sonsopkoms verder. Hulle neem in Bethanië dan ook geen ontbyt nie; eers by die herbergier in die dal gaan hulle na binne, neem daar brood en wyn en spreek met die bediendes wat hulle baie dinge oor My vertel, en reis eers na `n paar uur verder oor die weg langs Bethlehem.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205