Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 158

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die afskeid van die huis van Lasarus

158 Daarop roep Ek vir RafaEl en gee hom te verstane dat hy nou alles in gereedheid moes hou vir die vertrek van die Romeine.

[2] Toe sê RafaEl: “Heer, U heilige wil, vol van ewige en eindelose krag en mag in My is reeds `n uitgevoerde werk! - Kyk julle maar na buite op die groot binneplaas, dan sal julle alles in die beste orde aantref; ook die jonges sit al op geskikte lasdiere en wag vir die oomblik dat julle van hier vertrek, maar veral om hulle ware Vader in die lewe nog één keer te sien en Hom vir alles te bedank en Hom te vra, of Hy hulle altyd barmhartiglik in Sy vaderliefde wil gedenk.”

[3] Na hierdie woorde van RafaEl staan almal dan ook op en haas hulle na die ruim binneplaas, en almal verbaas hulle oor die suiwer wonderwerk.

[4] Ek gaan nou na die jonges toe en gee hulle `n goeie seën, en hulle bedank My onder baie trane; hulle wil My met duidelike gespreekte woorde bedank, wat hulle egter van louter liefdestrane nouliks kon doen.

[5] Maar met `n vriendelike stem sê Ek vir hulle: “Kinders! Ek verstaan die innerlike, lewende taal van julle hart, wat vir My baie kosbaarder is as die mooiste woorde met die mond; bly in die liefde, dan sal Ek as julle ware Vader in die gees onder julle wees en julle deur My lewende woord onderrig en opvoed. Amen.”

[6] Hierop gee Ek RafaEl nogmaals `n innerlike wenk, en hy bestyg `n lasdier, neem plaas aan die hoof van die jonges, en onder aanvoering van RafaEl sit die stoet hulle goed in beweging en slaan die weg na Tirus in.

[7] Daarop bestyg ook die Romeine met al hulle bedienende personeel hulle lasdiere, en met hulle ook alle bekeerde Fariseërs met hulle vroue en kinders en, soos ook bekend, ook alle ander aanwesiges, wat deur die Romeine aangeneem en opgeneem was; hulle bedank My ook onder baie trane vir al die bewese barmhartigheid en groot weldade aan hulle betoon.

[8] Daarop gaan Ek na die Romeine toe, reik hulle die hand en gee hulle die raad om nou die stoet van RafaEl te volg, wat hulle tot aan Tirus sigbaar tot voor die paleis van Cyrenius sou begelei. Daar sou hy hulle dan die korrekte aanwysing gee, hoe hulle die see moes benut.

[9] Agricola bedank My hiervoor en vra My inderhaas nog, wat RafaEl daarna sou doen.

[10] Maar Ek sê vriendelik vir hom: “Maak jou maar nie oor hom besorg nie, want hy is `n gees en weet wat hy volgens My wil, wat hy duidelik ken, moet doen! Wanneer julle hom ooit in liefde tot My sal roep, dan sal hy nie nalaat om julle met raad en daad te ondersteun nie. - En nou moet julle julleself ook in beweging sit!”

[11] Hierop neem almal nog afskeid van Lasarus, en ook van alle ander wat nog hier agtergebly het, en begin hulle daarop in beweging te sit. Die Romeine word ook begelei deur die hoofman, sy metgeselle en die drie herbergiers, nadat hulle My ook eers liefde, dank en eer betuig het; want hulle weet dat Ek nou ook nie langer in Bethanië sou bly nie.

[12] En so was Bethanië nou weer verlaat deur die baie gaste; slegs Ek met My ou leerlinge, met die Judese Grieke en met die leerlinge van Johannes het nog vir `n kort tydjie agtergebly. En nou eers sê Ek in vertroue dat Ek My nou na die omgewing van Jerigo en die tien bekende stede sou begewe, en laat die leerlinge vry om saam met My te gaan. Almal wil saamgaan en Ek gebied hulle, soos ook elkeen in die huis van Lasarus, om vir niemand te sê waar Ek wil heengaan nie. En almal beloof My nadruklik om in alles ooreenkomstig My wil te handel.

[13] Nou vra Maria van Magdala (Magdalena) egter ook of sy My mag begelei.

[14] Maar Ek sê vir haar: “Maria, daarin is jy vry, soos Ek jou ook gesê het; maar om te voorkom dat die blinde wêreld aanstoot oor ons neem, sou jy beter daaraan doen om hier in die huis van broeder Lasarus te bly en My, in plaas van te voet, in jou hart te volg. Die susters van hierdie broeder het jou lief en jy sal die geleentheid kry om hulle menige goeie dienste te bewys, wat Ek so sal beskou asof jy so `n diens aan My bewys het. Maar daarmee gee Ek jou tog geen gebod nie, maar laat jou heeltemal vry in wat jy nou die graagste wil doen.”

[15] Hierop sê Magdalena: “Heer! Ek sal van nou af aan steeds maar net doen wat U die graagste wil hê en die mees aangenaamste is en daarom sal ek tot U spoedige wederkoms by Lasarus bly en U in my hart volg! Maar ons vra U almal, o Heer en Leraar, of U tog gou weer hier na ons toe sal kom! Want sonder U sal ons bestaan en lewe treurig daar uitsien.” 

[16] Ek sê: “Maria, ook al sal Ek My liggaamlik nie by en onder julle bevind nie, sal Ek tog in die gees by julle aanwesig en werksaam wees; want in die gees is Ek immers voortdurend alomteenwoordig, omdat Ek alle dinge in die ewige oneindigheid in stand moet hou en moet lei. As Ek nie in die gees alomteenwoordig sou wees nie, dan sou elke bestaan ten gronde gaan en sou daar geen enkele skepsel bestaan in die hele oneindigheid nie, - wat jy nou goed sal begryp. Want deur die mag van My uiterste lewende en werksame wil is Ek Self immers van ewigheid alles in alles, en alles is in My! Die Vader, wat My as `n menseseun in hierdie wêreld gestuur het, is in My, en Ek en Hy is nie twee nie, maar volkome één; die wil van die Vader is derhalwe ook My wil, en dit is oral werksaam.

[17] Maar natuurlik kan geen mens die Vader as sodanig sien nie; want sonder My sou Hy nie daar gewees het en Ek sonder Hom ook nie, omdat Ek en Hy volkome één wese is! Maar wie My nou sien en hoor, die sien en hoor ook die Vader; want Ek het My as Vader deur My wil Self in hierdie wêreld gestuur. Heil dus aan julle, wat in My glo; want wie in My glo, die glo ook in die Vader wat My gestuur het, en Hy sal hom daarom die ewige lewe gee!

[18] Wanneer julle hierdie woorde goed ter harte neem, sal julle vrolik wees in julle gemoed; want julle sal wel gewaar word dat Ek ondanks My persoonlike liggaamlike afwesigheid tog by julle sal wees en bly. - Maria, het jy hierdie woorde van My goed verstaan?”

[19] Maria sê: “Ja, Heer en Leraar, en Vader, Seun en Gees! Daarom sal ek U makliker en vasbeslote in my hart kan volg.”

[20] Hierop rig Ek My tot My leerlinge en sê: “Tot nou toe het Ek as die Heer en Leraar alleen gewerk, en julle was alleen as`t ware stomme getuies van alles wat Ek geleer en gedoen het; maar van nou af aan sal julle ook met My werk, net soos RafaEl ook met My sigbaar voor die oë van elkeen gewerk het. Laat ons nou dus vertrek!”

[21] Hierop gaan ons dadelik die weg na die dal op, waarlangs mens maklik binne `n halfuur by die herbergier in die dal kom. Lasarus, met beide sy susters en met Maria van Magdala begelei My tot by die herbergier in die dal wat, toe hy My al van ver sien aankom, My dadelik saam met sy familie met ope arms tegemoet hardloop en My van die Romeine nog baie groete moes oordra. Ons neem `n pouse by sy huis, en op versoek van die herbergier seën Ek sy kinders en sy hele huishouding, waarvoor Ek van alle kante innig bedank word.

[22] Hierop neem Lasarus met syne afskeid en gaan na sy huis in Bethanië, waar baie werk reeds op hom gewag het.  


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205