Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Oor die inkarnering van bewoners van die sterre

16 Ek sê: “Vriend, daaroor het Ek julle `n paar dae gelede `n helder lig gegee. Of jy dit volledig begryp het, kan Ek egter nie help nie! Kyk omhoog na die sterre! Ek sê jou dat almal groot wêrelde is, waarop ook mense woon soos hier.

[2] Baie van die tallose mense op die sterre weet deur hulle engele dat `n siel slegs hier op hierdie aarde die ware kindskap van God kan bereik, maar alleen deur `n swaar en moeilike lewe in die vlees. Wanneer hulle dit wil, word dit toegelaat dat hulle siele ook op hierdie aarde in die vlees verwek word. Is jy egter eenmaal daar, dan moet jy ook aanvaar dat jy dit vir `n kort tyd moet deurmaak, omdat jy daardeur vir ewig die triomf van die volle gelykenis met God bereik; en daarvoor kan jy jou ook wel iets laat welgeval, aangesien Ek uit liefde vir My kinders Myself vrywillig ook baie laat welgeval, en aan My nog iets baie groots en bitter sal moet laat welgeval, tot heil van My kinders.

[3] God se ryk kan maar net met krag en groot offers verwerf word! Bedink dit goed, en ook dit wat Ek al daaroor gesê het! Het jy dit goed begryp?”

[4] Daarop sê die magiër: “Ja, Heer en Leraar, ek het dit nou goed begryp en ek herinner my ook weer wat U `n paar dae gelede oor die onderwerp gesê het. Ek dank U vir alles wat ons nou aan U heilige sy gewen het tot ewige heil van ons siel. Wanneer lyding en pyn ons liggaam sal teister, sal ons dit ook met alle geduld verdra, uit liefde tot U; want ook ons kan nou nie weet, waartoe ons anders op hierdie aarde in die vlees geplaas is nie, as dat ons God moet, wil en ook sal soek en erken en Hom vervolgens bo alles sal liefhê, al is die omstandighede hoe bitter.

[5] Want dit skyn my toe dat U hulle wat U die naaste na aan die hart lê, altyd meer op die proef stel as diegene wat deur hulle doen en late verder van U hart verwyderd is. Want op ons reis deur alle streke van die aarde het ek dikwels mense ontmoet, wat aan geen enkele God geglo het nie en hulle medemens dikwels slegter behandel het as wilde diere, terwyl hulle self `n onverwoesbare liggaamlike gesondheid besit het en geswelg het in `n lewe van genot. En bowendien sterf hulle ten slotte ook nog `n pynlose, bliksemvinnige dood!

[6] Daarenteen tref ek elders baie vrome, aan God toegewyde en goeie mense dikwels in die grootste ellende aan, wat dit geduldig verdra, wat my die liefderike sorg van `n goeie en buitengewone wyse God en selfs Sy bestaan in `n baie twyfelagtige daglig plaas.

[7] Nou het sulke vertwyfeling by ons wel geheel en al verdwyn, en ons weet en besef nou waaraan ons toe is, en in watter verskillende omstandighede die mens op hierdie aarde hulle lewe ter beproewing van die vrye wil moet deurmaak; maar gevoelsmatig moet ek daarby tog beken dat die proeflewe van vryheid `n swaar opgawe is vir die mens, ook al bereik hulle deur die volbringing daarvan die grootste en ewige lewenswins.

[8] Ons mense kon vóór ons bestaan nooit gewil het dat ons sou bestaan nie, maar alleen U kon dit wil, en ons is dus U werke; en U sorg dat hulle volledig dit kan word waartoe U hulle geskape en bestem het.

[9] Omdat dit nou eenmaal so, en nie anders is nie, en U ons nou self duidelik die weë getoon het wat ons moet bewandel, wil ons dan ook getrou en dankbaar afgaan op die doel wat U ons gestel het, en standvastig en met die grootste moontlike geduld en met oorgawe aan U wil, oor die dorings gaan wat ons hier en daar in die weg staan. Dit is nou die vaste en ernstige besluit van my en ook van my metgeselle. U egter, wat ons nou erken as ons Heer van die lewe, vra ons om nie te swaar proewe en beproewinge oor ons te laat kom op die oomblik dat ons van hierdie wêreld skei nie, en ook om barmhartig en medelye te betoon vir alle ander mense, na gelang die verdienste van hulle lewe!”

[10] Ek sê: “Waarvoor julle die Vader in My Naam sal vra, sal julle ook gegee word. Want alleen die Vader is goed en skep geen behae in die lyding van die mens nie; maar Hy verhinder ook nie dat sulke dinge oor die mens kom, as hulle uit louter liefde vir die wêreld die Vader vergeet, geen geloof het en hulleself begewe in dit wat hulle alle moontlike teenspoed moet besorg!

[11] Wandel voortdurend op die weë wat Ek julle nou getrou getoon het, dan sal julle weinig te ly hê en sal julle vertrek van hierdie wêreld maklik wees!

[12] Slegs hulle wat uit allerlei gehegthede aan die wêreld hulle siel te veel in die vlees begrawe het, moet uiteindelik meestal bitter ly; want `n dergelike siel moet, om nie volledig ten gronde te gaan nie, in haar vlees, met groot geweld daarvan geskei word, en dit moet in die liggaam dan ook hewige pyne teweegbring. En dit is ook nog goed vir die siel, omdat sy deur die pyne en die lyding gereinig word van haar vleeslike luste en daardeur aan die ander kant makliker sal vorder en verseker voorwaarts sal gaan op die weg van die geestelike lewe.

[13] Mense wat egter sterk aan die wêreld geheg is, wat in geen God glo nie, en daarby tog tot op hoë ouderdom `n gesonde lewe geniet en ten slotte ook `n vinnige en pynlose dood gesterf het, het die loon van hulle lewe al op hierdie wêreld ontvang en sal aan die ander kant nog byna geen loon te verwagte hê nie. Onder sulke mense sal die uiterste duisternis heers en daar sal onder hulle baie gekerm en tandegekners wees.”

[14] Die magiër sê: “Heer en Leraar, wanneer sulke mense, wat meestal heidene is, niks daaraan kan doen dat hulle nooit iets van `n ware God gehoor het en daarom ook nie daarin kon glo nie, dan is `n baie afskrikwekkende voortbestaan van hulle siel aan die ander kant tog `n swaar straf! Ja, mense soos wat ons nou ook is, wat God leer ken het en in Hom moet glo omdat Hy sigbaar voor hulle bestaan en hulle dieselfde weë van die lewe leer - wanneer hulle desondanks afvallig sou word en die bose sou doen, sou hulle wel so `n afskuwelike lot aan die ander kant, soos wat ook nou deur U beskrywe is, verdien; maar mense, wie dit nie kan help dat hulle byna meer `n dier as mens op die wêreld was, sou ek as ontoerekeningsvatbaar wil beskou, en `n straf aan die ander kant vir hulle hier bedrewe slegte dade blyk my nie in ooreenstemming te wees met die goddelike orde en die aan die liefde van God ontspringende geregtigheid nie. Want wanneer iemand op hierdie aarde geen God en derhalwe ook Sy wil nie ken en geen ander wet het as maar net wat sy natuur en sy hartstogte hom voorskrywe nie, kan hy ten opsigte van God se wil, wat hy nie ken nie, ook geen sonde begaan en daarvoor gestraf word nie. Heer en Leraar, kyk, ook dit is nog `n duistere hoek in my siel, wat U miskien nog barmhartigheidsgewys `n bietjie meer sou wil verlig!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205