Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 163

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Oor die wederkoms van die Heer

163 (Die Heer:) “Wanneer `n dergelike toestand onder die mense sal intree, sal die tyd ook gekom het om hulle te gee waaraan dit hulle ontbreek, eers op so `n tydstip sal Ek weer na die mense in hierdie wêreld kom en sal dit dan in die algemeen doen, wat Ek nou in die besonder doen voor slegs min getuies. Ek lê nou die saad in die aarde en bring die mens daardeur geen vrede nie, maar die swaard vir die stryd en vir groot gevegte en oorloë .

[2] Slegs die mens wat My leer sal aanneem en daarvolgens sal lewe, sal in homself die lig, die waarheid en die ware lewensvrede vind, hoewel hy daarby in die wêreld ter wille van My Naam baie gevegte en vervolginge sal moet deurmaak, wat julle almal ook aan die lyf sal deurmaak. Maar wanneer Ek vir die tweede keer in hierdie wêreld sal kom, sal die gisting, stryery en vervolging ook onder die volkere ophou, en die oorspronklike verhouding van die mens ten opsigte van die suiwer geeste van die hemele sal normaal en duursaam word.

[3] Deur wat Ek julle nou gesê en getoon het, sal julle maklik kan weet en sien, waarom dit toegelaat word dat daar mettertyd naas die klein, ware stoel van Aäron, waarop Ek nou vir julle sit, `n valse en lank bestaande stoel te midde van die heidene sal ontstaan, en hoe en waarom dan selfs ook die valse profete en leraars in My Naam toegelaat sal word. 

[4] Maar julle en julle ware nageslag moet geen ag daarop slaan, wanneer julle ook die roep uit die mond van die valses sal hoor nie, volgens watter Messias hier of daar sou wees. Want Ek sal nooit meer My intrek neem in `n tempel wat deur mensehande gebou is nie, maar slegs in die gees en in die waarheid van diegene wat My sal soek en tot My sal bid, in My alleen sal glo en My derhalwe ook bo alles sal liefhê; hulle harte sal die ware tempel wees waarin Ek sal verblyf neem en daaruit sal Ek ook tot hulle spreek, hulle onderrig, opvoed en lei. Onthou dit nou baie goed vir julleself, sodat julle julleself nie vererg as dit alles so gaan gebeur nie, maar dink daaraan dat Ek julle dit alles vooraf aangekondig het, en ook die rede daarvoor!” 

[5] Daarop sê Simon Juda: “Heer, ons herken hierin nou wel U orde, wat met betrekking tot die volledige wilsvryheid van die mens van die aarde ook geen ander rigting kan neem as wat U ons nou, en ook al by ander geleenthede, al was dit nie so openlik nie, uiteengesit het; maar vir die mensdom sien ons in dat in die algemeen daar nog lank geen goue lewensvrugte sal voortkom nie! Maar omdat dit nou eenmaal so moet wees, om hierdie aarde uiteindelik te omvorm tot `n ware lewenskool vir U kinders, is dit dan ook soos U Wysheid dit sal toelaat!

[6] Maar ons sal alles moet insit om soveel moontlik saad van die lewende woord in die aarde van die menseharte te strooi, sodat daaruit so spoedig moontlik die grootste gevegte tussen lig en duisternis onder die mense kan ontwikkel. Alle grafte moet oopgaan en selfs aan die dooies moet U evangelie verkondig word, en die see moet die dooies wat sy verslind het, aan die groot lig uitlewer! Ek bedoel hiermee nie die gebeentes en die vlees daarvan wat al lankal vergaan het, maar die siele; ook daaraan moet U woord in die gees verkondig word!”

[7] Ek sê: “Jy het goed en waar gespreek. Wat nou hier op die materiële wêreld gebeur, sal die tot nou toe sterk bekommerde geesteswêreld waarlik nie weerhou word nie. Maar daar is nou baie mense wat in lewende lywe in die grafte van die lewensnag op die diep bodem van die groot see van wanvoorstelling begrawe is; aan hulle sal julle die evangelie wel verkondig en dan sal daar ook baie uit hulle ou grafte kom en die lig van die lewe sien, en die see sal haar gevangenes prysgee.

[8] Wanneer dit in die algemeen by alle mense sal gebeur, sal die groot en algemene dag van verlossing ook vir alle bewoners van die aarde helder begin aanbreek. Maar die werk is groot en swaar en daar is nog maar weinig goeie arbeiders; streef dus veral daarna dat julle getal weldra groot sal word! Elke arbeider in My lewens­wingerd sal na gelang sy vlyt en ywer, ook `n groot loon kan verwag. Hier op hierdie aarde sal die loon weliswaar karig wees vir julle liggaam, soos dit ook tot nou toe was, maar soveel groter en ryker sal dit wees vir julle siel en gees.

[9] Want die goedere van hierdie aarde is slegs skyn en lyk presies soos dit wat `n mens in sy droom besit. Die klein verskil is net dat die besit van goedere in die droom die siel van die mens enigsins korter begogel as die besit van die uiterlike goedere van hierdie wêreld. Maar beide sal vergaan en na die vergaan sal alles skyn blyk te wees vir die geopende oë van die lewende gees, wat as enigste aan alle skyn, eers in die mees egte sin van die woord, realiteit kan verleen.

[10] Daarom moet elkeen veral strewe na die besit van die gees, die lig, die waarheid en die lewe in die siel! Wat die liggaam in die korrekte mate nodig het, sal op hierdie aarde aan elke getroue arbeider in My wingerd sekerlik as vanself ten deel val; want Ek weet stellig die beste wat die mens ook in liggaamlike opsig nodig het. - Het julle My nou almal goed verstaan?”

[11] Simon Juda sê: “Heer, ek het U begryp en die ander broeders sekerlik ook, en dit is vir ons nou ook volkome duidelik waarom U so flussies die bewoners van die dorp, waardeur ons getrek het, nie aangehoor het nie, alhoewel hulle aan U hulle nood voorgelê het en U om hulp gevra het, asof U maar net so `n wêreldse arts was! - Maar ons loop nou al geruime tyd, die son begin al in die rigting van die aand te gaan en ek kan nog nêrens iets ontdek wat na `n huis lyk nie. Sedert ons `n halfuur gelede met hierdie weg na Jerigo toe gegaan het, sien dit daar verlate uit. Bosse en struikgewasse is daar genoeg, maar verder is daar niks, en dit is te begrype dat diewe en rowers hulle in so `n omgewing sal ophou. Heer, gaan hierdie weg nog lank so verder?”

[12] Ek sê: “Laat die weg maar ook wees soos wat hy is - vir ons is dit `n veilige weg! Julle het saam met My tog baie onherbergsamer streke by die Eufraat deurgetrek, en dit was vir ons veilig en selfs baie vrugbaar. En dit sal ook met hierdie weg die geval wees. As ons oor die heuwel heen is, wat daar voor ons lê, en inderdaad behoorlik lank is, sal ons ook weldra in `n plekkie kom wat ten tye van Lot één van die tien stede was, maar nou net `n baie armsalige groter dorp is; daar sal ons sien of daar iets vir ons te doen is. Van daar af sal ons dan na verskeie plekkies gaan, en ons sal sien waar mense ons in `n herberg sal opneem.”

[13] Die leerling Andreas sê: “Heer, U weet vooraf baie seker watter dorp dit sal wees en hoe die herberg daaruit sien, wil U dit nie vir ons van naderby aandui nie?”

[14] Ek sê: “En al sou dit so wees, waarom steur jy jou daaraan? Maar Ek wil ter wille van julle nou eers nie vooruitsien nie, maar dat mens alles neem soos dit ook kom! In die eerste dorp sal ons egter allerlei mense aantref, soos ook Fariseërs, ou Skrifgeleerdes en ook mense wat hulleself as baie vroom beskou en hulle baie daarop verlaat. Met hulle sal ons in die verbygaan wel ietwat te doene kry!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205