Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 167

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Petrus vra na die loon van die leerlinge

(Lukas 18: 28-30) 

167 Nou kom Simon Juda egter ook na My toe en hy sê: “Heer, ons het alles verlaat en het U by die eerste oproep wat U tot ons gerig het, sonder enige terughoudendheid gevolg, en het nog nooit enige aardse skadeloosstelling van U daarvoor verlang nie; maar noudat daar baie oor die hemelryk en oor die ewige lewe gespreek word, wil ons dan ook `n versekering hê van wat ons in die ander lewe kan verwag!”

[2] Ek sê: “Werklik, daar is niemand wat sy huis of sy ouers of broeders, susters, vrou of kinders verlaat terwille van die ryk van God, wat dit nie reeds in hierdie tyd veelvoudig sal terug ontvang nie, en in die toekomstige wêreld die ewige lewe sal oes! As Ek dit vir julle sê as Die Een wat alles het en ook alles kan en sal gee wat Hy beloof het, dan kan julle Hom ook glo! Want julle het nou al byna `n paar jaar agtereenvolgens gesien, beleef en meegemaak dat Ek nog nooit `n woord gesê het, wat sonder resultaat en onvervuld gebly het nie.

[3] Waarlik, Ek sê vir julle almal: hierdie aarde, soos dit nou ook is, en ook hierdie hele sigbare en eweneens materiële hemel sal verbygaan en daar sal nuwe skeppings in die plek van die oue kom, maar My woorde sal ewig bly en bygevolg ook die volste vervulling van al My openlike uitgespreekte beloftes!

[4] Wie in My glo en My wil doen, sal ook die ewige lewe hê, soos Ek julle ook al by vele geleenthede gesê en ook duidelik getoon het, en daarom is dit nou `n bietjie vreemd dat julle My nogmaals kan vra wat julle sal ontvang, vanweë die feit dat julle alles verlaat het en My gevolg het.”

[5] Simon Juda sê: “Heer, U het tog wel gemerk dat ek hierdie vraag nou nie soseer ter wille van ons gestel het nie, maar veeleer ter wille van die mense wat hier is, wat die wêreld nog baie liefhet en nou deur my vraag dan ook gehoor het dat ons diegene is wat terwille van die ryk van God, alles verlaat en U gevolg het.”

[6] Ek sê: “As Ek die bedoeling van jou nie opgemerk het nie, sou Ek nie gespreek het soos Ek ook gedoen het nie. Maar wat Ek gesê het, het Ek nie soseer vir julle gesê nie, wat My belofte al lankal ken, maar veeleer vir alle mense. En wanneer julle in die toekoms My evangelie sal verkondig, dan moet alles wat hier gebeur het, ook in groot lyne vermeld word.”

[7] Die leerlinge was daarmee tevrede, en ons staan op om ons reis voort te sit.

[8] Die tollenaar en ook die ander aanwesiges begin My egter te vra of Ek nie ten minste hierdie nag daar sou wil bly nie, aangesien die dag al byna ten einde geloop het.

[9] Maar Ek sê: “Wat julle hier deur My aanwesigheid goed gesmaak het, sal die mense in julle naburige dorp ook smaak. In die gees sal Ek egter ook by julle bly, wanneer julle in lewende geloof en in die regte liefde aan My sal dink.”

[10] Dit beloof hulle My van ganser harte en daarop seën Ek hulle en trek toe verder; toe hulle My `n geleide wil gee tot by die naaste dorp, wat seker nog `n uur deurgaans van hier verwyderd was, wys Ek dit van die hand. Hulle bly dan ook almal hier en praat die hele nag met mekaar oor alles wat hier voorgeval het.

[11] Nou sou iemand egter - nota bene - kan vra hoe dit nou kon wees dat die bewoners van die dorp, wat ten slotte tog ook `n bedevaart na Jerusalem gemaak het, nog bykans niks oor My gehoor het nie, terwyl My oproep al in byna die hele Judese land geklink het en Jerusalem vol was van My leer en My dade.

[12] Dit is wat hierdie plekke betref baie maklik te verklaar. Want alle bewoners van hierdie plekkies kom maar selde in Jerusalem, omdat die meeste baie arm was; die min rykes bly egter ook liewer tuis as om `n reis na die duur Jerusalem te onderneem. Want ten eerste deins hulle terug vir die onnodige uitgawes, en ten tweede vrees hulle, dat hulle tydens hulle afwesigheid deur die baie arm mense bedrieg, besteel of selfs beroof sou word.

[13] En so was daar gedurende enkele jare dan ook niemand van die bewoners van hierdie plekke wat in die omgewing van Jerusalem gekom het nie, en aangesien hierdie weg ook nie deur ander reisigers bereis was nie, omdat dit so onveilig was, kon My oproep in hierdie streke nog nie verbrei het nie; want hierdie streke het tog wel taamlik ver van Jerusalem gelê en was bowendien meer deur Grieke en Arabiere, as deur Judeërs bewoon. En weens die feit dat hulle My en My leer gladnie geken het nie, was dit My besluit om na hulle toe te gaan en My aan hulle te openbaar. Want Ek het immers hoofsaaklik in die wêreld gekom om die verlorenes te soek en om op te rig wat in die stof neergebuig gelê het.

[14] Wat Ek hier getrou en waaragtig gesê het, moet vir elkeen tot `n duidelike antwoord dien, wat sou wil vra hoe dit kon wees dat daar in die Judese land, in My tyd en selfs later, nog plekke kon wees waar mense weinig of heeltemal niks van My geweet het nie, terwyl aan die ander kant, My leer tydens My aardse lewe selfs tot in Europa, Persië en selfs tot in Indië en Egipte al taamlik bekend was.

[15] Hierdie woorde is bedoel vir die lesers van die evangelie, wat Ek nou opnuut gegee het. Heil die een wat dit in sy hart opneem, wat My die eer gee, en daarvolgens handel!

[16] En nou weer terug na ons reis!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205