Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 168

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Aankondiging van die lyding. Die leerlinge en die blinde langs die pad na Jerigo

(Lukas 18: 31-43)

168 Toe ons al so ongeveer honderd tree buite die dorp was, en ons bekende Judese Grieke en die paar leerlinge van Johannes, wat taamlik moeg geword het van die dagreis, `n bietjie agtergebly het, omdat hulle ons vlieënde tempo nie goed kon byhou nie, roep Ek die twaalf na My toe, en hulle vra My wat daar aan die gang was.

[2] Ek sê vir hulle: “Luister nou na My en word nie verdrietig nie, want alles wat die profete oor My voorspel het, moet immers deur My vervul word!

[3] Soos ons hier nou ook met mekaar wandel, sal ons ook spoedig weer na Jerusalem reis, en dan sal alles voltooi word wat, soos ook reeds gesê, die profete oor die Seun van die mens geskrywe het. Hy sal oorgelewer word aan die heidene en Hy sal bespot, gesmaad en bespu word, en hulle sal Hom gesel en doodmaak; maar op die derde dag sal Hy uit eie krag en mag weer opstaan, en sal dan vir altyd by julle wees tot aan die einde van die wêreld en haar tyd, en julle sal ewig by Hom in Sy ryk wees.”

[4] Toe Ek dit vir die leerlinge gesê het, kyk hulle mekaar met groot oë aan en vra mekaar: “Wat wou Hy daarmee sê? Eers word daar gesê dat die tempeldienare Hom sal gryp en dat Hy die maat van hulle sonde tot hulle eie verderf deur Homself sal laat volmaak. Maar nou sê Hy niks oor die tempeldienare nie, maar wel oor die heidene, wat vir sover ons weet tot nou toe steeds Sy beste en mees gelowige vriende was! Wie dit kan en wil, begryp dit, maar - ons begryp dit egter tog nie!”

[5] Daarop pleeg hulle oorleg onder mekaar of hulle My `n nadere uitleg daaroor moes vra.

[6] Petrus dag egter dat Ek so iets miskien nie so goed sou opneem nie, en dat dit dus raadsamer was om hierdie saak, wat op sigself baie onduidelik en droewig was, voorlopig te laat soos Ek dit ook uitgespreek het.

[7] Aangesien die leerlinge My verder niks daaroor wou vra nie, sê ook Ek niks meer oor hierdie aangeleentheid nie.

[8] Ons trek vervolgens verder en kom op die plek waar twee hoofweë mekaar kruis. Weliswaar lei ons ou weg, waarlangs ons van Jerusalem kom, ook na Jerusalem, maar dit loop voortdurend in groot heuwels oor berge en dale; die nuwe weg egter, wat die oue hier kruis, lei langs Bethlehem ook na Jerusalem, maar was vlakker en beter aangelê en word meer deur vreemdelinge en ook deur die inwoners bereis. En om die rede was daar langs hierdie weg, in die omgewing van hierdie plekke, ook steeds baie bedelaars wat die reisigers hier om `n aalmoes gevra het.

[9] Op die genoemde plek gaan ons dus die nuwe weg op, asof ons weer na Jerusalem wil reis, wat egter nie die geval was nie; maar die plek wat ons wou besoek, het aan die nuwe pad gelê, en ver van die plek af tref ons `n bedelaar aan wat blind was. Hy en nog baie ander bedelaars het ook op feesdae, saam met hulle siende begeleiers, na Jerusalem getrek, om daar `n groter bedrag aan geld te bedel. Hierdie bedelaar was dan ook op die laaste fees in Jerusalem gewees en het daar gehoor dat Ek groot tekens gedoen het en blindes siende gemaak het, en hy het ook My Naam geken.

[10] Aan die leerlinge, van wie daar enkeles hulle vooruit gehaas het om die stad nog in die dag te bereik, word eers deur die bedelaar luid om `n aalmoes gevra, en toe hulle vir hom sê dat hulle geen geld by hulle gehad het nie, vra hy hulle wie hulle was en wie daar nog by hulle was, en wat hulle, wat self arm was, in hierdie skraal omgewing te soek het, omdat daar al soveel bedelaars was.

[11] Toe sê hulle: “Ons is leerlinge van die Heer Jesus uit Nasaret, wat saam met ons reis, sodat hierdie streek ook deur Hom geseën kan word! Ons het daarom ook geen geld nodig nie, want Hy, die Heer Jesus uit Nasaret, sorg vir ons!” 

[12] Toe die blinde bedelaar dit van die leerlinge gehoor het, wat hier ewe bly wag het, sodat Ek en ook al die ander leerlinge ons weer by hulle kon voeg - wat ons ook weldra gedoen het - vra die bedelaar nogmaals wat dit was en of Ek nou ook daarby was, want hy het gemerk dat daar baie mense in sy omgewing was.

[13] Die leerlinge bevestig die vraag van die bedelaar en onmiddellik begin hy te roep en sê luidkeels: “O Jesus van Nasaret, seun van Dawid - soos mense my ook in Jerusalem gesê het en wat ek ook glo- ontferm U oor My!”

[14] Maar die leerlinge wat vooruit gegaan het, waarsku hom en sê dat hy nie so geweldig moes skreeu nie, maar dat hy moes stil wees, omdat dit, so naby die groot plek, teveel opsien sou baar. 

[15] Maar die bedelaar steur hom nie daaraan nie en skreeu nog baie harder: “O Jesus, seun van Dawid, ontferm U oor My!”

[16] Ek bly dan ook staan en beveel die siende begeleier dat hy die blinde na My toe moes bring, wat ook dadelik gebeur.

[17] Toe hy naby My gebring word, vra Ek vir hom: “Wat wil jy eintlik hê dat Ek vir jou moet doen?”

[18] Toe spreek die blinde: “Heer, dat ek mag sien!”

[19] Toe sê Ek vir hom: “Wees dan siende! Jou geloof het jou gehelp!”

[20] En terstond kon die blinde sien, volg My en prys luidkeels vir God, wat My so `n ongehoorde mag verleen het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205