Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 17

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die behandeling van die mens aan hierdie en aan die ander kant

17 Ek sê: “Ook oor die punt is dit hier al korrek en baie passend gesê, en julle het dit ook gedeeltelik van My leerlinge gehoor; maar met die onthou gaan julle nie so goed af nie en daarom het dit in sommige hoeke van julle lewe weer `n bietjie donker geword. Maar as julle volgens My woord sal lewe, sal julle die doop met die Gees ontvang, wat die ware, innerlike wedergeboorte van die Gees in julle siel is. Hierdie lewende Gees van al die lig en alle waarheid sal julle vervolgens in alle waarheid binnelei, en dan sal alles, wat nou donker en duister in julle is, ook helder word.

[2] God se Liefde en Wysheid sien ook goed, en sekerlik nog baie duideliker, wat jou meer verligte verstand jou sê, naamlik dat mens nie iemand kan straf, aan wie mens geen wet gegee het wat hy moet gehoorsaam nie; en dit sou seker onregverdig en onbillik wees, as dit so deur God bepaal was.

[3] Maar daar bestaan nou nêrens op aarde `n volk wat heeltemal sonder enige wet is nie. Want God het onder alle volkere, na gelang van hulle behoeftes, wyse manne opgewek en hulle het hulle wette gegee en hulle ook gesê en laat sien dat daar `n God bestaan, wat alles geskape het en ook alles in stand hou, lei en regeer. So leer die wyse manne die mense ook dat God hulle, wat aan die wette gehoorsaam is, hier en aan die ander kant sal beloon, maar dat diegene wat in stryd met die wet lewe, sal Hy tugtig en onverbiddelik streng straf, al hier en sekerlik ook aan ander kant, omdat die siel van die mens na die dood van die liggaam verder in `n ander wêreld van geeste leef en ooreenkomstig haar handeling geoordeel word.

[4] Kyk, so `n leer het elke volk ontvang, en wanneer hulle dit begin vergeet, word hulle dadelik weer daaraan herinner, gedeeltelik deur opnuut gewekte wyse manne en gedeeltelik steeds deur die eie gewete, en so kan niemand wat verstand en gesonde geestesvermoëns het, hulle heeltemal verontskuldig wanneer hulle in stryd met die bekende wette optree nie. En wanneer iemand aan die ander kant in die toestand van sy liefde en sy vrye wil kom, sal hy ook nie teenoor God kan sê dat hy hierdie of daardie so regverdig behandel het nie; want aan hulle wat dit self wil, geskied geen onreg nie.

[5] Elke siel sal daar self ten deel val wat sy self begeer. Is dit iets slegs, dan word aan haar van vooraf duidelik gemaak watter gevolge daaraan verbonde is. As sy daaraan gehoor gee, kan hulp maklik aan haar gebied word; steur sy haar egter nie daaraan nie, dan sal ongehinderd toegelaat word dat sy alles sodanig het en geniet soos wat sy dit vanuit haar liefde wil.

[6] Die liefde egter, hetsy van goeie of van slegte aard, is die eintlike lewe van die siel van elke mens, engel en duiwel; - as ons die liefde van die siel ontneem, dan ontneem ons haar tewens die lewe en die bestaan. Dit kan in God se suiwer orde egter nooit voorkom nie; want as die kleinste atoom ook maar in die skepping vernietig sou kan word en die bestaan geheel en al vir ewig verloor, dan sou God self daardeur `n atoom van Sy bestaan verloor, wat egter onmoontlik is.

[7] En so kan die menslike siel haar bestaan nooit heeltemal volledig verloor nie: maar sy kan deur haar eie wil erg ongelukkig en onsalig word en sy kan, as sy dit maar ernstig wil, ook weer deur haar eie vrye wil gelukkig en volledig salig word.

[8] Hoe kan die lewensomstandighede en situasies vir die siel nou anders en beter en regverdiger georden wees as op hierdie manier? Begryp jy dit nou, en is die donker hoek in jou nou al `n bietjie ligter?”

[9] Die magiër sê: “Heer en Leraar van alle lewe, dit het in my nou al stukke helderder geword! Ja, omdat dit so inmekaar sit en ook so inmekaar moet steek, kan daar deur ons mense teenoor U selfs nie die allerkleinste teenwerping meer gemaak word nie; en ek is klaar met vrae stel.”

[10] Ek sê: “Daarmee sal jy voorlopig baie goed doen! Maar dit sal wel weer gebeur dat jy nog baie sal vra. Maar nou is dit tyd om na iets anders oor te gaan. Wie van julle wat nog die een of ander wil weet, kan nou na vore kom en spreek en vra; want vandag staan die poort van die hemel vir julle almal wyd oop!


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205