Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die poort van die hemel en die ryk van God

18 Toe Ek dit gesê het, kom daar vinnig één van die gewende Fariseërs na vore en sê: “Heer en Leraar, aangesien U nou gesê het dat die poort van die hemel vir ons almal wyd oop staan - sou dit dan nie kan dat ons die geopende poort van die hemel nou almal met ons oë kon sien om ons enigsins `n voorstelling te kan maak hoe die hemel daar van binne uitsien nie? Want deur die geopende poort sal mens seker `n klein deel daarvan kan waarneem.”

[2] Ek sê: “Hoe lank sal Ek nog by julle moet wees en julle materiële ingesteldheid verdra?! Want wie is die poort na die ware hemelryk? Ek is die poort, die weg en die hemel Self! Wie na My luister, in My glo en die Vader in My bo alles liefhet, wandel die ligte weg deur die korrekte poort van alle lewe na die ryk van die hemele, wat vanuit My suiwer liefde geestelik geskape is in die ligste en mees lewende vorm vanuit My Wysheid.

[3] Kyk nie omhoog of omlaag met julle vleeslike oë as julle die ware aansig en die wese van die hemel, wat die ryk van God is, wil deurgrond nie, maar rig die oë van julle gemoed op julle innerlike bewussyn van liefde; daar sal julle die hemel aanskou, en wel oral, op watter plek in My skeppings julle julleself ookal bevind, hetsy op hierdie aarde of op `n ander, dit is om te ewe; want die aansig van die hemel sal hom vorm uit die grondslag van julle lewe, soos wat ook volgens My woord en deur julle goeie werke gevorm is. Eers via julle eie hemel sal julle in My ewige en oneindige groot hemel kom.

[4] Onthou almal goed: God se ryk sprei geen enkele uiterlike prag ten toon nie en kom ook nie in `n uiterlike afbeelding en vorm na julle toe nie, maar dit is in julle diepste innerlike en bestaan in die gees van suiwer liefde tot God en tot die naaste en in die waarheid van die daaruit voortvloeiende lewe van die siel; want wie geen liefde tot God of die naaste in hulle het en gewaar word nie, het ook geen lewe in hulle en geen opstanding nie, wat die hemel in die mens is, en derhalwe ook geen lewe daarin nie, maar slegs die oordeel en die daaruit voortvloeiende ewige dood, in plaas van die enigste ware en volmaakte lewe in die hemel.

[5] Op `n bepaalde manier lewe die siele van die boses ook verder na die dood; maar dit is slegs `n slaap net soos die van alle materie en net soos die lewe wat bepaalde diere het, wat die hele lang winter slaap in `n onderaardse gat en volkome passief is.

[6] As julle dit nou `n bietjie diepgaande beskou, sal julle tog hopelik nie meer vir My sê: “Heer, toon ons die poort van die hemel en daardeur ook `n bietjie van die hemel self nie, of toon ons ook die hel, sodat ons, gewaarsku deur die aanblik daarvan, ons des te makliker kan onthou van alle sonde!” Wie dit sou vra, sou Ek `n dwaas moet noem; elke mens het of wel die hemel of wel in die ergste geval die hel volkome in hulle en kan alles in homself gadeslaan.

[7] Wie egter die hel in hulle dra, is doof en blind in sy gemoed; slegs so nou en dan herinner sy gewete hom daaraan, anders sou hy nie die hel in homself gewaar nie - want `n helse geworde siel is al so goed as geheel in die dood deur die oordeel van al haar materie.

[8] Maar `n siel, wat deur haar goeie werke volgens My wil die hemel in haar dra, kan in haarself die hemel ook op `n helder ligte dag bespeur en van tyd tot tyd ook snags in heldere droomgesigte. Want droomgesigte is aan die mens gegee, om so gedurende sy aardse lewe sekere omgang te kan hê met die wêreld van die geeste, sowel met laere as met hoëre geeste, na gelang die siel deur haar goeie werke volgens God se wil meer of minder van die ware hemel in haarself opgebou het en eintlik geskape het.

[9] Wandel dus volgens My gebooie, dan sal julle maklik en spoedig die aansig en die vertoning van die hemel in julleself gewaar. Het julle dit nou ook goed verstaan?”

[10] Die Judeërs, Romeine, Egiptenare en Indiërs sê: “Ja, Heer en Leraar, en ons dank U van ganser harte vir U onderrig aan ons, wat nog altyd baie blind en doof was, ondanks al die groot lig wat U ons gegee het! Daarom vra ons U dan ook om geduld te hê met ons groot swakhede; maar ons sal voortaan wel ons beste doen, sodat U heilige aan ons geskenkte lig steeds helderder in ons sal straal.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205