Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 180

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die ligwolkie verskyn vir die derde keer

180 (Kado:) “Toe ons in die oggend in ons dorp kom, hoor ons oor niks anders praat as oor die ligwolkie nie. En soos dit ook by dergelike wonderbaarlike gebeurtenisse gewoonlik gaan by eenvoudige natuurlike mense, by wie die gesonde verstand te klein is, maar hulle fantasie soveel groter, was daar dan ook geen gebrek aan allerlei interpretasies van die verskynsel nie, maar dit sou waarskynlik nie die moeite werd wees om dit hier nou kort en bondig weer te gee nie.

[2] Ook hierdie dag het ons ons sake en werksaamhede beëindig en ons nog ietwat vroeër na ons toringhuis op die berg begewe om uit te rus en om ons te versterk, net soos ons ook gister gedoen het, en maak ons op ons balkon horisontaal gemaklik, terwyl ons verlangend afwag of ons ook hierdie aand een of ander geheimsinnige verskynsel ten deel sou val.

[3] Ons sit nog geen halfuur so bymekaar op ons balkon na die lewendige taferele op see en kyk nie, of daar kom ons ou priester met nog drie metgeselle ook agter ons aan en hy vra my, of hy ook die aand in ons geselskap mag deurbring, wat hom ook vriendelik en met genoeë toegestaan word. 

[4] Hy gaan langs my sit en vertel ons wat hy in die vroeë oggend gesien en waargeneem het, en trek daaruit die gevolgtrekking dat ons ook hierdie aand dieselfde verskynsel nog `n keer sou sien, en hy het dan ook vernaamlik na ons toe gekom om ons ten eerste daarop te wys, maar om daar ten tweede ook self getuie te wees van hoe die ligwolkie sou ontstaan en van watter kant en langs watter weg dit na die toringhuis sou kom. Hy het naamlik die plan opgeneem, om afstand te doen van die veelgodery en die geloof in één God in te voer; in die eerste plek was hy daartoe genoodsaak deur sy droom, wat drie keer dieselfde was, en ten tweede deur die merkwaardige verskyning van die ligwolkie; en as dit homself ook hierdie aand - vir die derde keer - sou vertoon, sou hy die voorneme waaroor hy nou spreek, nog meer vasbeslote, volledig ten uitvoer bring.

[5] Ek en alle aanwesiges prys hom daarom en ook my ou, troue dienaar stem in met die voorneme van die priester.

[6] Daar word nou nog baie gepraat oor die uitvoering van die voorneme wat deur die priester opgeneem is, en terwyl ons so praat en besluite neem, word dit byna ongemerk aand en die sterre begin aan die hemel te straal. Omdat die see hierdie aand rustig was, laat ek die ligskottel nie aansteek nie, wat ook my huisbediendes wel goed vind, omdat hulle steeds `n sekere vrees gehad het om die ligmateriaal in die skottel aan te steek.  

[7] Terwyl ons nog onder mekaar oor die een en ander spreek, maar ondertussen ons oë steeds gerig hou op die omgewing waaruit die ligwolkie al twee keer gekom het, ontdek ons dit ook vandag vir die derde keer, en almal bars uit in `n groot gejuig, toe dieselfde ligwolkie hom bo die verre horison verhef en hom nogmaals vinnig na ons toe begin te beweeg. Binne enkele oomblikke het dit ook weer my toringhuis bereik, en net soos gister, tot op `n halwe hoogte omhul. Hierdie derde keer voel ons nog `n groter blydskap en voel ons nog meer versterk en die gevoel om sterflik te wees het ons geheel en al verlaat. Die wolkie gee hierdie aand so `n sterk lig dat ons geen enkele ster meer daardeur aan die uitspansel kon sien nie. 

[8] Maar toe die wolkie sterker begin te straal, raak ons almal ten seerste ontroer en ons priester hef sy hande asof in gebed omhoog na die wolkie en sê: “O goeie en heilige wolkie, rig ook vandag `n troostende woord tot ons!” 

[9] En onmiddellik hoor ons almal die volgende duidelik gespreekte woorde: “Wie die lig soek, sal dit ook vind, en dit kom tot hom soos lewe in die nag van sy dood en maak hom lewend. Soek die lig in die vervolg met die korrekte erns, dan sal julle dit daar vind vanwaar julle dit nou vir die derde keer na julle toe gesien kom het! Die eiland is nou weliswaar nog onaansienlik; maar tog sal daar van hier af `n groot lig aan die volkere van die aarde gegee word, en dan sal dit `n vername plek van God se geheime en Sy planne met die mens word, en dit sal `n groot naam hê. Maar voer jy, ou priester, jou voorneme maar uit, en berei vir My `n woonplek in die harte van die mense!”

[10] Na hierdie woorde swyg die wolkie weer, verlaat spoedig daarna ook my toringhuis en trek hom weer terug na die ooste, op dieselfde manier as wat dit hom die eerste twee kere teruggetrek het. Ons staar nog `n volle uur na die plek waar die wolkie voor ons oë verdwyn het, en wil dit eintlik nog eens te siene kry; maar dit was tevergeefs. Dit was egter eienaardig dat daar spoedig na die verdwyning van die geheimsinnige wolkie `n sterk suidoostewind opgesteek het en die see in `n sterk golwende beweging bring, wat my genoodsaak het om die ligskottel te laat aansteek. Ons sou nog langer op die stoep bymekaar gebly het, as die wind nie steeds harder gewaai het nie; maar omdat hy na `n uur te hewig geword het, bly daar vir ons niks anders oor as om weer die huis binne te gaan nie.

[11] Ek nooi die priester saam met sy metgeselle uit om die aandete met my te gebruik.

[12] Maar hy verontskuldig hom en sê: “Ek moet vandag nog baie nadink oor die uitvoering van my plan, net soos oor die betekenis van die woorde wat ek uit die wolkie gehoor het, en daarvoor mag ek my maag nie belas nie. Maar môre sal ek hier verskyn vir die oggendmaal!”

[13] Hiermee neem hy afskeid en gaan met sy metgeselle na benede na die dorp toe. Ons gaan egter aan ons eettafel sit en neem die aandete tot ons.

[14] Dit spreek vanself dat ons baie met mekaar gepraat het oor die verskynsel wat driemaal dieselfde was en hom naderhand nie meer herhaal het nie, net soos oor die uitvoering van die plan van ons ou priester, en dit doen ons tot byna middernag.

[15] Eers daarna gaan ons slaap, waarby ons verskeie kere deur die hewige wind gesteur word, maar in die oggend kom ons tog heeltemal versterk na buite.

[16] Die priester kom vir die oggendmaal, soos hy ook beloof het, en deel ons ook die resultate van sy nagtelike oordenking mee. En hy laat dit nie by sy voorneme, maar dieselfde dag begin hy al te werk aan die uitvoering daarvan, waarby die wonderbaarlike verskynsel hom baie goeie dienste bewys het. En teenswoordig sien julle in my dorp geen Zeus en Apollo meer nie, en die priester het, nou net soos Plato, reeds baie leerlinge, aan wie hy die God van die Judeërs leer ken.

[17] Dit is `n getroue en waaragtige verslag van die gedenkwaardige gebeurtenis, wat op Patmos deur baie gesien is. Maar hoe dit eintlik ontstaan en wat dit te beteken het, dit sal U, beste Heer en Leraar, wel die allerbeste weet. As U ons enige opheldering daaroor sou wil gee, sou dit ons baie gelukkig maak! - Heer, vergeef my die langdradigheid van my verhaal!”

[18] Ek sê: “Jy het alles baie goed vertel; maar laat jou ou dienaar nou hier kom, dan sal Ek vir julle die verskynsel op Patmos toelig!”  

[19] Hierop word die ou dienaar gehaal en hy kom by ons aan tafel.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205