Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 187

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die voorwaardes vir die wederkoms van die Heer

187 Die ou herbergier sê: “Ja, Heer en Leraar, dit het ons almal beslis baie goed begryp! Wat die vier soorte vuur vir die loutering van die mens en die hele aarde betref, is dit weliswaar nie verheugend en aangenaam nie, en mens sou tereg kan vra waarom so iets deur `n baie wyse en goeie God toegelaat word. Maar juis omdat God uiters wys en goed is, sal Hy ook wel die beste weet waarom Hy sulke dinge toelaat. Maar tog dank ons U vir hierdie onthulling van die toekoms en is nou baie bly dat ons nou reeds op hierdie aarde lewe tydens U eerste koms; want vir sover ek dit nou goed verstaan, is onder die mense op aarde in hierdie tyd alles tog nog aansienlik baie beter as wat dit by U tweede koms sal wees.

[2] Ek kan my nou natuurlik geen voorstelling daarvan maak waar en watter soort groot stede die mens mettertyd nog sal bou nie, en hoe hulle die krag van die elemente en selfs die van die bliksem sal reël en beteuel om dit te gebruik nie - maar ek en ongetwyfeld ons almal is bly dat ons dit nie begryp nie en dat ons nog die krag deur U wysheid en mag gelei sien; want as ons dit nou al sou begryp, dan sou die vreeslike tyd van loutering deur die vier soorte vure beslis nog vroeër aanbreek soos U, o Heer en Leraar, ons dit nou aangekondig het.

[3] Maar aangesien U nou al so barmhartig was om ons al vooraf as `n vasstaande feit mee te deel dat U nog `n tweede keer persoonlik en vir goed na die mens op hierdie aarde sal kom, kan U ons tog ook nog sê, waar op aarde U na die mens toe sal kom! Hoe sal die land, die plek en die gelukkige volk heet?”

[4] Ek sê: “Vriend, op hierdie vraag van jou kan Ek jou nou geen antwoord gee wat julle sou begryp nie, want in die tyd sal daar baie nuwe plekke, lande en volkere ontstaan, wat nou nog geen naam het nie; maar dat Ek slegs in `n sodanige land en op `n sodanige plek weer na die aarde toe sal kom, waaronder die mens nog die meeste en mees lewende geloof en die meeste en mees waaragtige liefde tot God en die naaste sal bestaan, dit kan julle as baie seker en volledig waar aanneem en glo.

[5] Maar wanneer Ek kom, sal Ek nie alleen kom nie, maar al die wat Myne is, wat reeds lank in My hemelryk by My sal wees, sal in groot skares saam met My hulle broeders, wat nog op aarde in die vlees lewe, kom versterk; en so sal daar `n ware gemeenskap bestaan tussen die reeds salige geeste van die hemele en die mense van hierdie aarde, wat die mense, wat in dié tyd lewe, werklik tot baie groot troos sal wees. 

[6] En nou weet julle alles wat julle moes weet. Handel daarvolgens, dan sal julle die ewige lewe oes; want Ek sal julle opwek op die jongste dag!”

[7] Toe sê Kado: “O Heer en Leraar, sou dit dan môre miskien al kan gebeur? Want elke nuwe dag is vir ons `n jongste dag!”

[8] Ek sê: “Ek bedoel geen aardse dag daarmee nie, maar `n geestelike dag aan die ander kant. Wanneer jy jou liggaam sal verlaat het en die ryk van die geeste binnegaan, dan sal dit jou jongste dag wees en Ek sal jou dan verlos uit die oordeel van die materie. En dit is die opwek op die jongste dag.

[9] Maar aangesien dit nou al middernag geword het en ons môre `n ver reis voor die boeg het, sal ons nou gaan slaap!”

[10] Toe Ek hierdie versoek geuiter het, staan almal op, bedank My nogeens vir alles, en die herbergier bring ons self na `n groot en uitstekend versorgde slaapvertrek, waar ons almal `n verkwikkende rus geniet tot die môre toe. - Dit spreek natuurlik vanself dat die Grieke nog lank met mekaar gepraat het oor alles wat gehoor is.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205