Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 193

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Oor die erns van die Heer

193 Nou kom daar `n vreemdeling na My toe en sê: “Heer en Majesteit, kan u elke siekte van die mens genees soos U ook nou die van die jong Egiptenaar genees het en van wie het U hierdie wonderbaarlike manier geleer waarmee U siekte genees?”

[2] Ek sê: “Luister, nuuskierige Arabier, vir My is geen ding onmoontlik nie, en wat Ek het, dit het Ek van My Vader in die hemel gekry! Maar vir hierdie Vader ken niemand nie, as alleen Ek, en ook ken niemand My so volkome as wat My Vader My ken nie! - Stel jou daarmee tevrede en vra My niks verder meer nie, want jy en jou stam is nog ver verwyderd van die ryk van God! Julle hemel bestaan immers uit julle vroue en slavinne; en wie sulke hemele as die hemel prys, is nog ver van My en My Vader verwyder!” 

[3] Na hierdie woorde swyg die Arabier en vra My verder niks meer nie.

[4] Toe die aanwesige Essene egter merk hoe Ek die vraag van die Arabier so kortweg afgehandel het, dink hulle dat Ek miskien in nie so `n goeie stemming was nie en dat iemand My stellig beledig het.

[5] Maar Ek sê vir hulle: “Hoe kan julle so iets van My dink, aangesien julle My nou tog ken? Ek is nie soos `n swak, met allerlei hartstogte behepte mens nie, maar Ek het in hierdie wêreld gekom om alle mense te help wat in My sal glo en volgens My leer sal lewe en handel; en so is Ek nou, soos Ek ook was, nog voordat hierdie aarde geskape was. Ek het ook die mens lief wat My nog nie ken nie en ook nog nooit geken het nie, en ook aan hulle sal die evangelie op die regte oomblik verkondig word. Wie dit ter harte sal neem, sal die ewige lewe ontvang; maar wie die evangelie nie sal aanneem nie, sal in die ou oordeel en die ou dood bly. 

[6] Sorg dus in die vervolg daarvoor dat ook die baie dooies wat na julle toe kom en allerlei hulp by julle soek My leer ontvang en in die gees ontwaak en lewend mag word, dan sal julle hulle daardeur werklik help! Ek wil dat alle mense salig word! En omdat Ek dit wil en ook in hierdie wêreld gekom het om vir alle mense die poort na die ewige lewe te open, is Ek nie vandag so en môre weer anders nie, maar steeds dieselfde soos ook die Vader in die hemel, wat in My is, leef, werk, rig en in stand hou.

[7] Aangesien Ek met alle mense in volle erns die goeie voor oë het, sonder om hulle vrye wil in te perk, kan Ek nie met My tyd met hulle verwyl en grappies maak nie, maar alleen ernstig met hulle omgaan en hulle deur onderrig en dade getrou en waaragtig die weë toon, waarlangs hulle tot die ewige en ware lewe van hulle siel kan kom, as hulle dit wil hê.

[8] As Ek nou met dergelike bedoelinge na die mens in hierdie wêreld gekom het, hoe sou Ek daarby dan ooit net soos `n mens sleg geluimd wees, en wie kan My beledig? Wie My herken het en in My glo en volgens My leer handel, sal My seker nie beledig nie; maar wie My nie herken het of nie wil ken nie, ook as hy My sou kon ken, die kan My nie beledig nie; hy beledig alleen homself, aangesien hy `n vyand van sy eie lewe geword het.

[9] Maar Ek soek net diegene wat na siel en liggaam siek is, om hulle te help, en nie na die gesondes, wat geen hulp nodig het nie. Van wat se liefde, wysheid en regverdigheid sou mens `n arts betig, as hy die siekes sou haat, vervolg en tugtig, net omdat hulle siek is?! Wysig dus julle mening oor My en bedink dat Hy, wat nou so voor julle spreek, `n ware en regverdige arts vir siel en gees is en in noodgevalle ook vir die liggaam.”

[10] Toe die Essene dit van My gehoor het, vra hulle My om vergewing omdat hulle so gewoon menslik oor My gedink het.

[11] En die vreemdelinge sê onder mekaar: “Dit is tog `n merkwaardige Wonderarts! Hy spreek nie somaar as `n mens nie, maar as `n god! Na hom moet julle goed luister en julle volgens sy woorde rig!”

[12] Maar Ek sê vir die Essene: “Waarom vra julle My nou eintlik om vergewing, terwyl Ek julle nou net tog duidelik genoeg laat sien het hoe en waarom geen mens My ooit kan beledig nie? Ek sê vir julle: vergewe julle julle sonde en domhede teenoor mekaar en wek julle liefde tot God en tot die naaste op, dan sal julle sonde ook deur My vergewe wees!

[13] Maar as iemand dwaas, blind en stom is, sal hy dan iets daaraan hê as Ek vir hom sou sê: Ek vergeef jou jou dwaasheid, jou blindheid en jou stomheid? Nee, daaraan sal niemand iets hê nie; want daarby sal die dwaas tog `n dwaas, die blinde blind en die stomme stom bly. Maar as Ek deur middel van woord, raad en daad die dwaas van sy kwaal genees en die blinde en die stomme van hulle kwale verlos, sal hulle daardeur almal werklik geholpe wees.

[14] Laat dus die een wat `n dwaasheid begaan, die dwaasheid insien, dit aflê en nooit meer begaan nie, dan sal dit hom ook in die hemel vergewe wees; maar solank hy dit nie doen en van tyd tot tyd tog God om vergewing van sy sonde vra, sal dit hom nie eerder vergewe word as wanneer hy self sy sonde vergewe het, deurdat hy sy ou dwaashede volledig afgelê het. Laat elkeen dus eers voor sy eie deur vee, dan kan hy daarna na sy naaste toe gaan en vir hom sê: “Kyk, ek het die vuil nou van my verwyder en is self in orde; Staan dan ook toe dat ek nou voor jou deur skoonmaak, deurdat ek al die onreg, wat jou aangedoen is, goedmaak, soos jy dit ook wil hê!” Ja, wanneer beide bure dit so goedmaak met mekaar en alles vriendskaplik bylê, dan sal alles ook in die hemel goedgemaak en bygelê wees! Maar wanneer dit nie so is nie, dan het dit geen sin om die hemel om vergewing van die sonde te bid nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205