Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 194

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die korrekte vergewing van sonde

194 (Die Heer:) “Wie goed kan sien, kan, as hy `n splinter in die oog van sy broeder sien, wel vir hom sê: “Broeder, staan my toe dat ek die splinter uit jou oog haal!” Maar iemand wat self nie net `n splinter, maar selfs `n hele balk van sonde en dwaashede in sy oog het, laat hy probeer om die balk uit sy eie oog te haal! Eers as sy eie oog suiwer is, kan hy ook sy broeder help om die splinter uit sy oog te haal.

[2] Wie sy medemens onderrig, laat hy hulle nie alleen met wyse woorde en mooi vol sinne onderrig nie, soos die Fariseërs en ander valse profete ook doen, maar veeleer deur sy dade en werke; dan sal hy sy medemens tot ware en lewende navolging beweeg! Maar soos hy so of so leer, maar self in stryd met sy leer handel, lyk hy soos `n wolf in skaapsklere, wat die kortsigtige en liggelowige skape maar net om hom heen versamel en hulle wyse lesse gee, om hulle tot `n gewillige prooi vir sy buik te maak.

[3] Sal dit so `n wolf van `n leraar dan van enig nut wees, as hy heimlik sy onreg insien en vir God sê: “Heer, vergeef my my sonde; want Ek het opsetlik gesondig teenoor U skape - maar tog die ou wolf wil bly? O, die bid en smeek sal hom absoluut nie van nut wees nie; want hy is immers nog die ou wolf! Hy moet die wolf heeltemal aflê om `n lam te word; dan het hy self sy sonde vergewe, en dan sal dit hom in die hemel vergewe wees!

[4] Wanneer jou broeder jou beledig en kwaad berokken het, het jy deur die liefde in jou hart die volste reg om jou broeder die sonde, wat hy teenoor jou begaan het, te vergewe; en as hy dan ook vriendelik na jou toe kom, jou bedank vir jou liefde en ernstig beloof om teenoor jou goed te doen, dan is die sonde wat hy teenoor jou begaan het, ook in die hemel vergewe - ook, wanneer jy jou deur hom skadeloos laat stel.

[5] Maar as die broeder die onreg wat hy jou aangedoen het, nie insien en in sy boosheid volhard, dan sal jou liefde en geduld jou in die hemel hoog toegereken word, maar die broeder sal sy sonde behou solank hy homself nie geheel en al vergewe nie; en dit kan gebeur deurdat hy dit volledig as sonde erken, hy dit by homself verafsku en dit geheel en al aflê en nie meer begaan nie.

[6] Aangesien dit nou so is en onmoontlik nie anders kan wees nie, hoe kan dan enkeles van julle, Essene, vir die mense sê: “Ons is vir die mens deur die hoogste God uitverkore tot Sy plaasvervangers en het die reg om die mens hulle aan ons opgebiegte sonde te vergewe, wat ook in die hemel geldig is, as die een wat sy skuld bely die boetedoening wat ons hom oplê verrig en die of daardie offer bring!” - waarby dan veral op die laaste gelet word?! En as Ekself geen mens sy sonde kan vergewe nie, alvorens hy dit nie homself op julle getoonde manier vergewe het nie, hoe kan julle dan in God se plek die mens vir betaling van offers sonde vergewe, wat nooit teenoor julle begaan is nie?!

[7] Ja, as goeie artse kan julle van die mens, wat hulp by julle soek, seker wel nadruklik verlang dat hulle julle al hulle sondes en gebreke beken, sodat julle hulle vervolgens die korrekte advies vir die verdere lewe kan gee en by die presiese opvolg daarvan ook die gewenste genesing van hulle siel en hulle liggaam. Maar julle is ook in die geval geen sonde vergewende plaasvervangers van God nie, maar slegs helpende broeders en vriende van die na liggaam en siel lydende medemens, dan sal hulle sonde in die hemel ook almal vergewe wees, as hulle julle advies presies opvolg en hulleself hulle sonde volledig sal vergewe!

[8] As julle die mens in die vervolg dus werklik wil help, leer hulle dan veral hoe om hulleself te help; want as daar geen ernstige selfhulp voorafgaan nie, is daar ook geen hulp van God moontlik nie! In die besonder geld dit vir die siel van die mens, wat deur allerlei sonde swak en siek geword het en dikwels al heeltemal dood is; kragtens haar vrye wil en goeie verstand is die siel wat God betref op haarself aangewese en moet sy haarself reinig van alle slakke van die materie en die oordeel daarvan, sodat sy daarna ook deur die gees gereinig en versterk kan word.

[9] Lê daarom al julle ou dwaashede en los bedrieërye af en maak julle vry daarvan; reinig julle siele, dan sal Ek daarna ook vir julle kan sê: “Nou is julle ook in My oë rein!” Ek sal julle dan versterk deur My Gees, en dit sal julle dan opwek tot `n hoër daadkrag en julle tot ware, volmaakte mense maak.

[10] Noudat julle dit weet en dit uit My mond gehoor het, handel dan ook daarvolgens, want anders het My mees waaragtige en lewende woorde net so min nut as julle los, onwaaragtige en dooie woorde ooit vir die mens gehad het.

[11] My woorde is weliswaar die krag en die lewe uit God Self, maar hulle word eers tot `n bestanddeel van julle lewe deurdat julle daarvolgens handel. Wees daarom altyd egte daders en nie louter hoorders van die woord wat Ek tot julle gespreek het nie, dan sal in die hemel ook al julle baie sondes julle vergewe word en Ek sal julle dan altyd kan help! Het julle dit goed begryp?”

[12] Die owerste van die Essene sê: “O Heer en Leraar in U goddelike Gees van ewigheid! Wie sou dit nie begryp het nie? Want hierdie waarheid is so lig soos die son op `n klaarligte dag, en in die lig daarvan het ons nou eers heeltemal ingesien wat die mens moet wees en hoe hy moet lewe en handel, om waaragtig mens te wees volgens God se wil en orde. Ons sal daarom van nou af aan ook nie maar net hoorders nie, maar tot aan die einde van die tyd van die aarde ook baie vurige uitvoerders van U heilige woord wees en bly.

[13] Ons ou sondige kasteel moet materieel en geestelik tot op die grond afgebreek en vernietig word, en in die plek daarvan sal ons `n kasteel bou wat aan alle kante vry en oop is. In die toekoms moet die stewige mure van ons ou kasteel ons nie meer vir allerlei vyande beskerm nie, maar alleen die krag en ewige mag van U goddelike woord!

[14] En mag U leer ooit onder die mense deur allerlei valse leraars en profete verontreinig word, binne ons vry mure en in ons harte sal dit tog na betekenis, begrip, gees en volledige daad net so suiwer bly soos dit goddelik suiwer vanuit U heilige mond ons hart en ons siel binnegedring het. O Heer en Leraar, spreek U almagtige “amen” daaroor uit, dan sal ons Essene soos toekomstige vrye bouers en messelaars van U goddelike kasteel onder die mense op aarde ook die mees getroue bewaarders daarvan bly!”

[15] Ek sê: “Ja, daaroor spreek Ek die groot “amen” uit die mond van die Vader, wat Homself in My persoon vanuit die hemele na julle toe gestuur het, en môre sal julle al die gevolge bespeur van die groot “amen” wat Ek nou uitgespreek het! Maar laat ons nou die werk van vandag as beëindig beskou. Wie egter nog iets te vra het, kan vra, en Ek sal hom `n antwoord gee.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205