Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die versoek van die Fariseërs vir `n veilige geleide

2 Hierop gaan Lasarus na buite, begroet volgens die gewoonte die tempeldienare en vra hulle vervolgens wat hulle versoek aan hom was.

[2] Die een Fariseër sê: “Aanvanklik het `n bose gees ons hierheen gevoer, en was dit wat ons jou eintlik wou vra dus ook volstrek niks goeds nie. Die woorde van hierdie meer as verstandige en wyse jongeling en die uitsonderlike mag van hierdie sewe manne, wat nog om ons heen staan, het ons van gedagte laat verander en ons het baie gou ingesien hoe ydel en dwaas ons boosaardige opset was, en omdat dit ongegrond was, het ons dit dan ook laat vaar.

[3] Nou vra ons jou egter as vriende om ons toe te staan om jou weer in Bethanië te mag besoek, waar ons graag baie dinge met jou onder vier oë wil bespreek. Vervolgens vra ons jou nou egter ook om ons `n veilige geleide te gee oor die berg tot in die stad; want daar, ietwat verder benede op die weg lê drie leeus, wat sekerlik aan die sewe manne behoort, omdat hulle op hulle roep onmiddellik weer verskyn het. Hierdie boosaardige diere sal - wat die geval skyn te wees - waarskynlik goed getem wees, en wat in die plek van honde die sewe manne dien tot beskerming op hulle reise, maar ondanks hulle makheid is hulle nie te vertrou nie! Selfs die kwaadaardigste hond ken ook snags sy huisheer; maar `n vreemde gryp hy en verskeur hom, en dit sou van die drie leeus des te meer verwag kan word! Daarom vra ons jou of jy nie die sewe manne wil laat sorg daarvoor dat die drie diere daar weer weggaan nie.”

[4] Hierop sê Lasarus: “Wanneer julle innerlike bedoeling dieselfde is as julle woorde, en wanneer julle die skade wat julle aan baie arm mense, weduwees en wese toegebring het, soveel moontlik weer wil goedmaak, dan kan julle baie kalm langs hierdie leeus verbygaan, en daar sal nie één na julle omkyk nie; maar as julle in julle harte `n ander mening toegedaan is as wat in julle woorde klink, dan sal dit nie baie veilig vir julle wees om die leeus te nader nie! Ondersoek daarom julle harte, en sê openlik en eerlik hoe dit daarmee gestel is!

[5] Ook tot Bethanië, en my woonhuis, sal julle geen toegang verkry, solank julle in julle harte ander gevoelens toegedaan is as wat uit julle woorde blyk nie; want dergelike wagters, soos die drie daar benede, bewaak ook my huis. Wie met opregte bedoelinge na my toe kom, het niks te vrees nie; wie egter met onopregte en bose bedoelinge my huis nader, met hom sal dit sleg gaan!”

[6] Die woordvoerende Fariseër sê: “Jy kan my glo dat ons nou almal so dink, soos wat ek praat, en ook sal ons, as ons iemand op enigerlei wyse skade berokken het, ons uiterste bes doen om die kwaad soveel as maar enigsins moontlik is, goed te maak; maar ons durf nie alleen langs die drie diere verbygaan nie! Gee ons daarom tog `n veilige geleide!”

[7] Lasarus sê: “Die sewe manne sal julle `n veilige geleide gee, as julle bedoelinge opreg is. Maar nou nog `n vraag aan julle! Sê My, om watter rede glo julle nie dat die profeet van Nasaret ten volle die ware Messias is nie? Julle het tog die Skrif gelees, en het ook Sy leer gehoor en die tekens gesien wat Hy doen! Hoe is dit moontlik dat julle nog steeds so `n verstokte mening oor alles het? Duisende Judeërs en heidene glo in Hom, en baie heidene kom van alle uiteindes van die aarde, buig voor Hom, neem Sy Woord aan en glo dat Hy die Heer is; slegs julle, wat voor die hele volk `n voorbeeld moet wees, versit julle nog erger daarteen as die harde berge vir die stormsee.

[8] Die Heer het in die vlees as mens na hierdie aarde toe gekom, soos wat Hy dit Self deur die mond van die profete geopenbaar het, en doen nou ook die werke, wat die sieners al eeue gelede besing het - wat julle as Skrifgeleerdes as eerstes sou moes herken het - en tog glo julle, soos gesê, nie in Hom nie! Wat is die rede daarvoor?”

[9] Die Fariseër sê: “Dit, beste vriend, wil ons binnekort by jou in Bethanië eers baie duidelik bespreek; hier kan ek jou nou egter al wel sê dat dit nou in die tempel `n baie moeilike saak is om mens te wees. Jy is weliswaar priester, maar daarom nog geen mens nie. Elkeen is `n vyand van die ander en trag om hom skade toe te bring, om daaruit vir homself voordeel te behaal, en dus is jy daar waar jy as mens liewer sou wou huil, gedwonge om saam met die wolwe te huil, sodat jy nie deur hulle verskeur sal word nie. Maar laat dit nog maar `n kort tydjie wees soos wat dit is, dan sal die doen en late van die tempel `n drastiese verandering ondergaan; want op die lange duur kan `n mens nie meer daar bly nie.

[10] Nou weet jy ook hoe ons eintlik daaroor dink; wees daarom die goedheid self om die sewe manne te sê dat jy ons behoue en goed van hierdie berg af na die stad sal begelei!”

[11] Eers hierop sê RafaEl nou weer vir die Fariseërs: “Waarom het julle eintlik so `n haas om weer na die stad toe te gaan? Wanneer julle waaragtig goeie en eerlike bedoelinge het en ook al sê julle dat julle in die Messias wil glo, dan is julle veiliger hier by ons, as in die stad! Julle wat tog hierheen gekom het met die bedoeling om as vyande van die Messias, hier te wete te kom waar Hy Hom êrens ophou? As julle egter van mening verander het ten opsigte van Hom, waarom wil julle dan nie nou, as Sy vriende, navraag doen waar Hy verblyf het nie, sodat julle Hom kan opsoek en julleself aan Hom kan toon as mense wat in Hom glo?”

[12] Die Fariseër sê: “Beste wyse jongman, as ons dit sou doen, dan sou dit ongunstig teen ons aangereken kan word en kan miskien so vertolk word dat ons onsself net mooier voordoen as wat ons is, om nou tog van julle te wete te kom waar die Messias verblyf het. Daar is vir ons nou waarlik niks meer daaraan geleë om te weet waar Hy Hom ophou nie! Want ons is waarlik nie meer Sy vyande nie; maar om ons nou as bekeerde vriende aan Hom voor te stel, daarvoor voel ons onsself nog veels te sleg en Hom nie waardig nie, en dan is dit tog wel begryplik dat ons nou gladnie nader kan gaan en inligting wil hê oor Sy uiteindelike verblyfplek nie en daarom in ons huise wil wees, om te beraadslaag wat ons in die vervolg moet doen om volkome by hom aan te sluit. Bowendien moet ons ook eers die mislukking van ons onderneming aan die tempel meedeel, sodat die mense daar nie, voordat hulle `n berig van ons ontvang het, reeds ander spioene uitstuur en so in die hele stad en die hele omgewing onrus veroorsaak nie. Ons dink dat ons julle nou al ons beweegredes voldoende uiteengesit het, omdat ons verplig is om so spoedig moontlik weer na die tempel en na ons huise terug te keer; - staan ons daarom `n veilige aftog toe!”

[13] Nou sê RafaEl: “Ek kan julle egter verseker dat mense in die tempel tot more op julle beriggewing sal wag, en daarom geen nuwe spioen sal uitstuur nie. En Lasarus het hier ook genoeg vertrekke ter beskikking, waarin julle beraadslaging kan hou, en hy het voedsel en die beste wyn in oorvloed, sodat julle julleself kan versterk. Omdat julle nou eenmaal hier is, sou ek julle wil aanraai om minstens tot middernag hier te bly en julle dan eers onder `n veilige geleide na die stad te begewe. Maar as julle nou al beslis wil weggaan, dan sal julle ook nie langer deur ons opgehou word nie! Die leeus - soos julle goed kan sien - is al weg, en daar in die naby staande tent lê julle Griekse mantels! Doen nou wat julle wil!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205