Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 202

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die genesing van die armes

202 Alle Judeërs en heidene wat nou genees was, bedank My en loof en prys My baie uitbundig!

[2] En die een wat sy arms weer teruggekry het, sê hardop: “Alle dank, alle lof, alle eer en liefde aan God in die hoë, wat nou aan `n mens `n dergelike mag en krag gegee het! Baie duisende bly hier rondom die groot wonderkasteel en hoop op hulp en troos; maar daar sal hulle nie gehelp word nie. Hier is nou die ware wonderkasteel, waar elkeen gehelp kan word. Dank ook aan die jong Arabier wat ons die weg getoon het na hierdie ware wonderkasteel van God, die Heer en Leraar, en ons langs hierdie regte weg ook hierheen gebring het!

[3] O, as die baie duisende, wat hulle nou al maande lank rondom die groot kasteel ophou vanweë hulle hoop op hulp, dit eers weet - hoe haastig sou hulle dan nie die dooie kasteel verlaat en hulle hierheen begewe nie, waar die groot Heer en Leraar nou Self as mens onder die mense woon en Sy vriende ewig lewe gee en die krag om alle siektes te genees! Sou dit vir die baie lydendes en ontroosbares nie `n boodskap wees wat suiwer uit die hemele kom nie, as ons, wat genees is, hulle die berig mag bring waar die ware, lewende wonderkasteel hom nou bevind nie?!”

[4] Ek sê: “Omdat jy in jouself die oortuiging gevind het wie Ek is, kan jy wel saam met die ander geneesdes daarheen gaan en voorlopig net aan die arm mense en hulpbehoewendes onthul waar hulle gehelp kan word, as hulle geloof en `n egte vertroue besit. Maar die rykes, wat hulle baie dooie kinders meestal in goeie afgeslote kiste hierheen gebring het om hulle weer tot lewe te laat wek, moet julle dit nog nie vertel nie; want daar is nog genoeg tyd om hulle te help, maar eers sal hulle nog `n preek te hore kry!”

[5] Toe Ek dit vir die geneesdes gesê het, bedank hulle My almal en haas hulle vervolgens na die groot, oop plein, wat deur die groot kasteel en die lang ringmure omgewe word en as “Die groot wagplein” bekend gestaan het. Daar bring hulle die arm mense op hoogte van die ware wonderkasteel, wat baie maklik vir hulle was, omdat hulle `n eie plek toegewys gekry het, wat die verste van die kasteel af gelê het, en nou dus die naaste aan die ware wonderkasteel was.

[6] Toe die geneesdes by hulle kom en almal ook weldra sien dat hulle genees was, word hulle ook onmiddellik deur die baie arm mense en hulpbehoewendes gevra: “Waar, waar, hoe en wanneer is julle genees? Nouliks `n uur gelede was julle selfs nog die laaste en agterste by ons en ons het nie gesien dat iemand julle na die kasteel geroep het, en julle daarnatoe gebring en ingelaat is nie! O, bring ons ook na die plek van heil!”

[7] Toe sê die Judeër: “Glo en vertrou en gee alleen die enige ware God van die Judeërs die eer; volg ons, so goed en so kwaad as wat julle kan, dan sal julle gehelp word! Want waar ons genees is, bevind hom nou die ware, lewende wonderkasteel.”

[8] Toe die arm mense, wat met allerlei kwale, besmetlike siektes en vreeslike uitslae behep was, en die blindes, dowes, stommes, jiglyers en allerlei verlamdes en kreupeles dit hoor, begin hulle so goed as wat hulle kon, die plein te verlaat; die blindes en diegene wat te ernstig verlam en te kreupel was, word terstond deur hulle begeleiers gelei en ook gedra, om maar so vinnig moontlik op die plek van die heil te kom.

[9] Na `n uur was daar op die hele groot plein voor die herberg meer as duisend gebreklikes byeen en onmiddellik daarna kom die geneesde Judeër na ons toe in die eetsaal om dit vol ontsag aan My mee te deel.

[10] Daarop sê Ek vir die owerste Roclus: “Gaan nou na buite, strek jou hande in My Naam één keer oor hulle almal uit, wat ewe kragtig sal werk as wanneer jy elkeen afsonderlik die hande sou oplê - dan sal hulle almal genees word!”

[11] Roclus doen dit onmiddellik, en kyk, op dieselfde oomblik was almal genees!

[12] Toe hierdie groot genesing plaasvind, ontstaan daar `n gejuig onder die geneesdes waar byna geen einde aan kom nie, en baie dring na die owerste toe en sê: “Jy was tog nooit daartoe in staat gewees nie, hoe is dit dat jy dit nou wel kan doen?”

[13] Roclus sê: “julle moet my nie daaroor prys nie; want die God van die Judeërs, die een en enige ware, het dit vir julle gedoen! Glo in Hom en prys Hom alleen daarvoor!”

[14] Toe vra almal: “Waar, waar is hierdie een en enig ware God, sodat ons voor Hom kan neerkniel en Hom alleen kan aanbid?!”

[15] Toe kom Ek na buite na Roclus toe en sê vir hom: “Sê vir hulle dat hulle die God van die Judeërs nou maar net in hulle harte moet dank, wat Hy sekerlik sal hoor, en dat hulle nou na hulle herberg moet gaan om hulle met spys en drank te versterk. Eers vanmiddag sal hierdie arm mense My sien.”

[16] Toe Roclus dit vir die geneesdes gesê het, gehoorsaam hulle, staan sonder enige moeite van die plein af op en gaan dadelik na hulle herberg, waar hulle deur die herbergiers onder groot verbasing dadelik uitstekend bedien word.

[17] Die herbergiers kon met hulle verstand gewoon nie daarby kom nie en sê: “Daar moes `n magtige persoon na hierdie plek gekom het; want so `n genesing het nog nooit hier voorgekom nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205