Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 205

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die ware verering van die Heer

205 Nou sê Roclus: “Wel nou dan, verhef julle harte en julle oë! Hierdie man, wat hier aan my regtersy aan tafel sit en die hart en niere van elkeen van ons ondersoek, is Die Een na wie julle na Galilea wil reis!”

[2] Toe die dertig dit van Roclus hoor, val hulle in diepe eerbied neer met hulle gesig na die aarde toe en roep: “Eer aan U, God in die hoë! Gewy en bo alles ewig magtig is U Naam! O Heer van die ewigheid, verstoot ons, kinders van Abraham, nie, en wees ons barmhartig en betoon medelye! Alleen U heilige wil is vir ons die hele toekoms tot wet, waarvolgens ons wil handel, lewe en sterf!”

[3] Hierop sê Ek: “Dit is in My oë alles wel baie prysenswaardig van julle dat julle voor My neerval, maar soos julle ook nou hier lê, kan Ek nie met julle praat nie. Staan op as vry en verstandige denkende mense en laat julle oordrewe eerbied agterweë! Want Ek het nie na julle toe gekom om My as `n afgod deur blinde heidene te laat aanbid en vereer nie, maar om vir julle God, wat julle vergeet het, en Sy wil opnuut te laat ken, om die ryk van God, die ware ryk van die ewige lewe, op aarde te stig en om die ou boeie en kerkers van die sonde, die duiwel, die oordeel en die dood van die siel te vernietig. Daarom wil Ek dat die mens nie in sinlose eerbied soos wurms voor My in die stof kruip nie, maar hulle as mens, wat kinders van God kan en moet word, vry, oop en regop soos ware vriende en broeders om My heen versamel, na My luister en ook met My praat. En noudat julle My wens en wil gehoor het, moet julle opstaan en vry en openhartig met My spreek!”

[4] Toe die dertig, wat nog met hulle gesig na die grond gelê het, dit uit My mond hoor, staan hulle langsaam op, maar was nog heeltemal duiselig van suiwer ontsag, en geeneen van hulle durf My iets vra of iets versoek nie. 

[5] Omdat Ek dit goed gesien het, sê Ek vir hulle: “Ja, vriende, wanneer julle julleself steeds so teenoor My sal gedra, sal ons nie goeie sake met mekaar kan doen nie! Wie het julle wel so `n belaglike en sinlose eerbied vir God ingeblaas? Dit het julle van die heidense afgodepriesters geleer! Maar God verlang van die mens egter nie meer nie, as dat julle in Hom glo as die een, enige ware en ewig lewende God, Sy Naam nie ydel in die mond neem of selfs laster, Hom dus erken as die goeie Vader en Hom liefhê bo alles en sy medemens soos homself. Alles wat meer is as dit, is uit die bose, eweseer soos dit wat minder is! Lê julle oordrewe eerbied vir My dus af, en spreek openlik en openhartig met My! Of beval dit julle dalk, as julle sien dat ouers hulle kinders so opvoed, dat hulle naamlik in alle eerbied voortdurend voor hulle ouers moet kruip?! Wat word daar van sulke kinders? Niks anders as lafhartige en uiteindelik tog selfsugtige en heerssugtige kruipers, van wie geen medemens ooit iets goeds kan verwag nie.

[6] Omdat julle julle kinders ook so dwaas opgevoed het, was dit ook baie waar en billik dat hulle van julle afgeneem is, nog voordat julle blinde afgodiese dwaasheid hulle siele geheel en al kon knel en bederf. Lê die dwaasheid teenoor My nou dus af, omdat Ek julle kinders nie andersins werklik meer sou kan teruggee nie!” 

[7] Hierdie woorde van My help en die spreker loop na My toe en sê: “O Heilige! Hoe wil U dan dat ons, arme sondige mense, U aanroep?”

[8] Ek sê: “Ek is Heer en Leraar, roep en spreek My dus ook as sodanig aan; meer is egter nie nodig nie! Maar kom nie meer na My met die uitdrukking “Heilige” nie! Want Ek is hier, net soos julle, slegs `n mens en Ek sê vir julle dat niemand gewyd is nie behalwe alleen God se Gees nie! Weliswaar woon Die in My, maar dit gaan julle voorlopig nog niks aan nie. Maar wanneer julle self in hierdie Gees wedergebore sal wees, sal Hy eers julle eers van belang word en dan sal julle Sy gewydheid begryp!

[9] Wanneer die mens in hulle blindheid “gewy, gewy, gewy (heilig, heilig, heilig)” tot God sal roep, sal dit ellendig onder hulle daaruit sien! Wie so tot God wil roep, moet eers self van hierdie gees vervul raak, anders is sy roep sinloos en dwaas en lyk dit soos die aanroep van die heidene, wat deur die oordeel van die sonde van die wêreld, geknel en geboei is en sodoende onmoontlik die ewige, oneindige vryheid in God, wat nou juis die gewydheid is, kan opneem en begryp!

[10] Daarom is Ek nou, solank julle nog in die oordeel van die wêreld lewe, wel julle Heer en Leraar; maar wanneer julle self in My Gees vry en bewus siende geword het, dan eers sal julle God in My herken en “Heilige Vader” tot Hom roep. Maar dan sal julle nie, soos nou ook, met die mond roep nie, maar in julleself, vanuit die lewende gees; want God is in Homself gees en kan daarom ook maar net in die gees en die lewende en ligtend vrye waarheid aangeroep en aanbid word! - As julle dit nou begryp het, verander dan onmiddellik julle houding, spreek openlik en openhartig met My, en sê wat mens hier vir julle kan doen!” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205