Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 212

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die ete wonderwerk van die Heer

212 Ons sit nog almal bymekaar aan ons tafel en toe Roclus ons so met sy broeders aantref, was hy baie bly daaroor; want hy dink dat Ek in die tyd, wat hy met die Fariseërs deurgebring het, baie heilbringende, lewende woorde gespreek het. 

[2] Ek sê: “Beste vriend en selfs broeder! Wees maar nie bang nie, want Ek het My leerlinge maar net vertel, hoe en wat jy volkome volgens My wil met die Fariseërs, met die siekes, met die hooflui en ten slotte met die herbergier en nogmaals met die geneesdes bespreek het! Jy het vir My werklik tot `n deeglike werktuig vir My vyande geword; en omdat jy getrou teenoor My was in die kleine, sal Ek jou ook oor groter dinge aanstel.  

[3] Maar kom sit nou weer met jou broeders by My; want die middagmaal sal dadelik opgedien word - `n maal wat Ek Self bestel het uit My onuitputlike voorraadkamer, en so ook die wyn uit My kelder! Want as Ek, die Heer, in jou en jou broeders baie bekwame arbeiders vir My akkers en wingerd gekry het, dan moet dit ook uitstekend op hierdie dag, in hierdie tyd, deur My bedien word!”  

[4] Met hierdie woorde kom ons herbergier die eetsaal binne en sê enigsins verleë vir My: “Heer en Leraar, toe ek U al vroeër dienswillig gevra het wat se middagmaal ek vir U moes berei, het U barmhartiglik gesê dat ek My nie vanmiddag daaroor hoef te bekommer nie, want U sou hierdie keer Self `n middagmaal voorberei. Maar ons het nou meer as `n uur heeltemal vergeefs in die kombuis op U gewag en het vir hierdie tafel niks aangeraak nie. Maar nou sou dit tog tyd wees om die spyse op die tafel te sit, en daar is nog niks voorberei nie! Wat moet ek nou doen?”

[5] Ek sê: “O vriend, wees tog nie besorg oor niks nie! Dink jy dalk dat Ek, net soos julle mense, `n volle voorraadkamer, `n kombuis en `n ryklik van volle wynkruike voorsiende kelder nodig het? Kyk, Ek is nou onder My vriende, wat My goed herken het en eweneens in My Naam goeie werk gedoen het. En deur die mag van My woord en hulle geloof in My het hulle groot tekens gedoen; daarom wil Ek nou ook vir hulle `n wonderdaad doen. In die kombuis staan weliswaar niks vir ons gereed nie - maar kyk nou net na die tafels!”

[6] Toe Ek dit gesê het, was alle skottels wat nog van die oggendmaal oorgebly het, stampvol met die beste spyse, bestaande uit visse van die edelste soort, welbereid, kalfs- en lamsvleis, allerlei soet vrugte en baie goeie brood; en so was alle kraffies ook tot die rand toe gevul met die beste wyn, wat die hart versterk en die ingewande verkwik het. 

[7] Toe die herbergier dit sien, slaan hy die hande op die bors en sê: “O Heer en Leraar! Wie dit sien en nog nie glo dat in U God se Gees en Sy Mag, Krag en heerskappy in alle volheid woon nie, die sou in sy siel en sy verstand wel met `n duisendvoudige blindheid geslaan moet wees!

[8] Weliswaar is alles `n wonder, ontspringend van U mag en wysheid, en die hemel en hierdie aarde is vol van U werke, wat ons egter tog nie soos wonderwerke opval nie, omdat ons al vanaf ons geboorte gewoond geraak het aan die tekens se ontstaan, bestaan en ook weer die vergaan daarvan; maar die skielike ontstaan van sulke spyse, wat andersins net deur mensehande berei word, en ook die van die wyn volkome uit niks uit nie, is iets hemelhoog anders!

[9] Want as `n boom geleidelik aan uit `n saadkorrel opgroei, groot en sterk word en vrugte begin te dra, sien mens daarby allerlei metodes as oorsaak van wat uit die metodes voortkom. Maar waar is hierdie metodes? Hier is geen boom, waaraan hierdie verskillende vrugte gegroei en in die lig en die warmte van die son ryp geword het nie! Op watter akker is die graan vir die heerlike brood geoes? In watter water is hierdie visse gevang, waar is die lammers en die kalf geslag en bo watter vuur so goed voorberei, en in watter wingerd het hierdie wyn gegroei?

[10] Alles ontstaan skielik, alleen deur die eindelose mag van U wil! En dit is nou waar dit my tot opperste verbasing bring, en wel omdat U, wat onmiskenbaar die Oerskepper van alle dinge in die hemel en op aarde is, na my ervaring alles maar net geleidelik aan in `n onveranderlike orde laat ontstaan, waarby die een uit die ander voortkom; maar hier was dit `n oomblik, en wat voorheen niks was nie, word baie skielik tot dit wat nou voor ons verbaasde oë en harte die eettafels vul! O Heer en Leraar in U Gees reeds van ewigheid, sou dit vir U dan ook nie moontlik wees om `n hele wêreld in `n volmaakte lewe te roep en al die ander daarop eweneens op dieselfde oomblik te laat ontstaan nie, wat die mens alle arbeid en inspanning en baie sorg sou bespaar?”

[11] Ek sê: “O ja, vriend, dit sou Ek sekerlik kan doen, as die mens daarmee sou gebaat het as hy tot volkome traagheid sou verval en dus ook weldra in alle materie en haar oordeel sou wegsak! Maar aangesien Ek wil dat die mens, in die wêreldse lewe ter beproewing van die vrye wil, deur allerlei aktiwiteite steeds ryker word aan ervaringe en die daaruit voortvloeiende kennis, en God en homself leer ken, moet die wêreld self en alles wat daar in en op is nou eenmaal so ontstaan en bestaan, soos wat dit ook ontstaan en bestaan het

[12] Kyk, dit is in kort die rede waarom Ek op die materiële wêrelde alles geleidelik aan laat ontstaan en ook weer laat gaan; want die materiële wêrelde, met alles wat daarin, daarop en daar bo is, is nie geskape om ewig te bestaan nie, maar wel die siele van die mens, wat uit die oordeel van die materie voortkom en hulle in die mens sterk maak vir die onverganklike, ewige lewe en op die manier ook sterker word in My Gees in alle liefde tot My!

[13] Maar wanneer Ek hier onder My geestelike nou byna reeds volmaakte leerlinge en vriende `n klein uitsondering maak van My oeroue orde, word geen enkele siel daardeur tot haar verderflike luiheid en blywende passiwiteit gebring nie, en het Ek julle almal hiermee laat sien dat by God alles moontlik is. 

[14] Maar kom jy nou ook by ons sit, en eet en drink! Na die ete sal ons nog tyd vind om die een en ander goed te bespreek.”

[15] Daarop kom die herbergier aan ons tafel sit, eet en drink flink met ons saam, en kon die goeie kwaliteit van die spyse nie genoeg roem en prys nie - wat ook al die ander doen.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205