Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 29

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die verhouing tussen die wesens en die universele intelligensie

29 (Die Heer:) “Die mens, wat met `n eie lewensbewussyn begiftig is, beskou egter die eindelose skeppingsruimte en die ongekende baie wat hulle daarin bevind as stom, dood en sonder intelligensie. Dat dit vir die mens so blyk te wees, het `n wyse rede, wat lê in die feit dat sy lewensbewussyn die volle goddelike lewenselfstandigheid moet kan verwerf. Daartoe is die mens, deur My wil, volledig afgesonder van die algemene lewensbewussyn met sy eindelose en hoogste intelligensie, sodat die lewensbewussyn van die mens hom in homself sal vind en hom daardeur langs dié, as`t ware van buite af geopenbaarde weg, ook self sal ontwikkel en bevestig vir die ewige selfstandige voortlewe.

[2] Solank `n mens egter met homself besig is om sy lewensselfstandigheid te verwerf, het hy nouliks `n vermoede daarvan dat hy deur louter lewe en die hoogste lewensintelligensie omgewe is en ook wat sy liggaam betref daarmee deurdring is; anders sou hy in feite gladnie bestaan nie. Wanneer hy egter volgens God se geopenbaarde wil klaar is met homself, deurdat sy innerlike gees hom heeltemal deurdring het, dan tree die hele mens ook in `n vrye verbinding met die hoogste lewe en die verligtende intelligensie daarvan in die algemeen, die oneindigheid van God, sonder om daarby sy individualiteit en persoonlikheid te verloor. Dan gewaar hy om hom heen ook geen dooie en stomme ruimte meer en geen dooie klip nie, maar dan word alles vir hom lewe en lig, en van homself die bewuste intelligensie.

[3] Dat dit so is, word vir julle in die eerste plek bewys deur My, deur julle dikwels beproefde alwetendheid. Hoe sou Ek immers eindeloos baie en alles kan weet, wanneer die ruimte tussen My, dit wil sê My individueel-persoonlike wese, en byvoorbeeld die son of `n ander nog baie verder verwyderde voorwerp sonder lewe en intelligensie sou wees? En ten tweede word dit ook al bewys deur die wysheid van baie mense wat, sonder om hulle plek te verlaat, baie weet van wat homself êrens op `n groot afstand bevind en hoe en wat daarmee gebeur of eers in die toekoms sal gebeur.

[4] Die sewe Egiptenare is `n sprekende voorbeeld daarvan. Wie het aan hulle berig gebring dat Ek hier is? Deur die groot en algemene intelligensie het hulle in hulleself daarvan bewus geword, net soos van die weg wat hulle hierheen gebring het. As die ruimte tussen hier en Opper-Egipte lewensloos en sonder intelligensie sou wees, dan sou hulle ook onmoontlik te wete gekom het wat hier is en gebeur.

[5] Die siel van die mens is in haar liggaam slegs geskei deur `n baie dun wand, wat in geen enkele verbinding staan met die algemene lewensintelligensie nie, en dit is voldoende om daarvoor te sorg dat sy in haar natuurlike toestand meestal geen enkele vermoede het van wat daar dikwels baie naby, as`t ware agter haar rug, is en gebeur nie, en sy begryp selfs nie `n duisendmaal duisendste deel van wat daar voor haar oë is en gebeur nie. Dit kom alles deur die uiterste dun, vroeër genoemde skeidingswand tussen haar besondere en die algemeen eindelose ruimtelewe. Wanneer die skeidingswand baie ondeurdringbaar en uitgestrek sou wees, wat sou so `n enorme geïsoleerde siel dan nog weet van wat haar aan alle kante omgewe?!

[6] Dat `n siel egter af en toe om My alleen bekende redes deur `n sterker en digter skeidingswand van die algemeen allerintelligentste goddelike lewe geskei is, kan julle baie goed sien by swaksinniges, stommes en sogenaamde onnoseles; `n dergelike siel is dus ook maar net tot `n baie powere en dalk ook heeltemal geen ontwikkeling in staat nie.

[7] Waarom ook dit toegelaat word, weet Ek baie goed, en sommige van My ou leerlinge weet dit vir `n deel ook; julle ander sal egter nog wel alles daaroor te wete kom. 

[8] Siele van diere en plante is egter nie streng geskei van die algemeen goddelike lewe in die ruimte nie en is daarom deur hulle innerlike gewaarwording sonder enige onderrig in staat om dit te doen waarvoor hulle volgens hulle hoedanigheid en inrigting bestem is. Elke dier ken die voedsel wat goed is vir hom en weet om dit te vind; hy het sy wapens en weet hoe om dit sonder enige oefening te gebruik. 

[9] So ken ook die gees van die plante baie presies die stof in die water, in die lug en in die aarde, wat bevorderlik is vir sy spesifieke individualiteit. Die gees of die natuursiel van die eik sal nooit ofte nimmer die stof na hom toe trek wat die seder vir sy bestaan en wese nodig het nie. Wie bring `n plant immers by om steeds net die stof wat vir haar bestem is, na haarself toe te trek? Kyk, dit is alles die werking van die hoogste en algemeen lewensintelligensie van die ruimte; hieruit put elke plante- en dieresiel dit vir haar spesiaal noodsaaklike intelligensie en is vervolgens, volgens die aanwysing daarvan werksaam.

[10] As dit egter so is, wat elke mens uit ervaring altyd goed kan insien, dan is dit tog duidelik dat die eindelose ruimte en alles wat daarin aanwesig is, één lewe en één allerhoogste intelligensie is; die menslike siel sien dit maar net nie bewustelik nie, omdat sy deur haar afgesonderde intelligensie, wat uiters omvangryk is, haar duursame lewensselfstandigheid kan skep. Dit is iets waartoe geen diere- of plantesiel in staat is nie, en daarom het dit op sigself geen afsonderlike bestaan nie, maar slegs `n mengbare en as gevolg daarvan tot aan die menslike siel `n ontelbare kere veranderende bestaan, waarvan sy ook geen herinnering oorhou nie, omdat sy na elke menging en verandering van wese ook oorgaan na `n ander intelligensiesfeer.

[11] Selfs die siel van die mens, as die hoogs gepotensieërde vermenging van minerale-, plante- en dieresiele, het geen herinnering aan haar vorige bestaansvorm nie, omdat die spesifieke sielsdele in die vroeër genoemde drie ryke geen eie en streng afgesonderde intelligensie besit nie, maar ten behoewe van hulle soort, slegs `n soort intelligensie wat aan die algemeen goddelike lewe in die ruimte ontleen was. Weliswaar is in `n mensesiel al die tallose spesifieke pre-intelligensies met mekaar verenig, en dit lei daartoe dat die menslike siel uit haarself alle dinge sekerlik kan herken en verstandig kan beoordeel, maar `n spesifieke herinnering aan die vroeëre vlakke van bestaan is nie denkbaar of moontlik nie, omdat in die menslike siel maar één mens ontstaan uit die eindeloos baie afsonderlike siele.

[12] Wanneer die mens egter volkome deurdring is van die gees van alle lewe en lig, sal hy `n dergelike orde in homself waarneem soos Ek ook dit ewig en altyd in Myself waarneem, naamlik dat alles uit My bestaan en Ek alles in alles is. - En sê My nou, vriend Lasarus, of jy dit nou alles ook goed begryp het! En dit staan ook elkeen van julle vry om sy gedagtes daaroor te kenne te gee.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205