Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die plek van die geesteswêreld

33 Agrippa sê: “Heer en Leraar, dit is vir My nou helder, soos ook sekerlik vir die ander ook, en ek dank U vir die lig. Maar ek het nog `n kleinigheid daarby op te merk, en dit is, of U ons sou wil aangee op watter plek, in vergelyking met hierdie aarde, die eintlike geesteswêreld homself bevind. U het in U woorde weliswaar `n klein vonkie laat val, maar ek kon tog nie volledig daaruit wys word nie. As U dit goedvind, sou ek U wil vra om dit ook vir my in hierdie opsig passend te vertel.”

[2] Ek sê: “Die hele geesteswêreld het weliswaar, soos Ek ook reeds baie kere uiteengesit het, met die ruimte en die tyd van hierdie materiële, geoordeelde en bygevolg onvry wêreld, absoluut niks meer te make nie; maar die ruimte, as `n buitenste omhulsel, is uiteindelik tog die draer van alle hemele en alle geesteswêrelde, omdat hulle hulleself op geen enkele wyse êrens buite die oneindige skeppingsruimte kan bevind nie. En so moet daar, om helder en vir julle begryplik te spreek, ook bepaalde ruimtelikhede bestaan, waarin die geesteswêrelde hulle as`t ware op `n plek bevind, alhoewel die plek van die ruimte veral `n voleindigde gees net so weinig interesseer as hierdie Olyfberg nou vir jou, wanneer jy julle Rome of Athene voor die gees wil haal, want vir die gees bestaan daar in die vorm nóg `n bepaalde ruimte nóg afgemete tyd.

[3] Maar wat die sogenaamde individuele wese van `n gees aanbetref: daar kan hulle, net so min soos Ek, hulle tog nie volledig buite ruimte en tyd bevind nie; en so is dan ook die siele van hulle wat in hierdie materiële wêreld gesterwe het in `n bepaalde plaaslike ruimte, alhoewel veral die siele, wie se lewe nie voleindig is nie, geen idee daarvan het nie - net so min as wat jy in `n droom, waarin jy nou eers in hierdie en dan weer in `n ander streek egter behaaglik en selfs aktief besig is, sonder om daarby die materieel-ruimtelike plek waar jy as persoonlike individu aanwesig is, ook maar `n haarbreedte kan verander.

[4] Jy wil egter van My die eintlike, as`t ware vaste plek leer ken, waar hulle na die dood van hulle liggaam, veral waar die siele hulle bevind wat hulle lewe nog nie voleindig het nie, en Ek wil jou dit dan ook getrou meedeel. Luister dus na My en verstaan goed wat Ek jou daaroor sal sê!

[5] Wanneer `n mens tydens sy lewe in die liggaam `n spesiale liefde vir die een of ander plek op die materiële wêreld gehad het, dan bly hy ook as oorlede siel op die plek, dikwels baie honderde jare lank, en word hy self langs die weg van die geestelike ooreenstemminge soms ook innerlik daarvan bewus, al is dit ook nie te helder nie.

[6] Waar julle dus op hierdie aarde `n plek het, het julle ook `n plek vir die wêreld van die geeste, wat in feite natuurlik geen materiële, maar `n geestelike plek is, omdat dit ontstaan uit `n sekere fantasie van die geeste deur middel van hulle wil.

[7] Jy kan dus kris-kras deur `n dergelike, deur jouself geskape, wêreld heen reis, jy bly as individu nietemin onveranderlik op één en dieselfde materiële plek.

[8] Laat ons byvoorbeeld `n mens neem, wat `n groot verlange in hom dra om die maan, die son en ook die sterre van naderby te leer ken. Wanneer die siel van so `n mens haar liggaam aflê, is haar materiële plek al daar, waar haar liefde haar heengetrek en geplaas het. Daar sal sy ook weldra met die geeste van hierdie wêrelde in kontak kom en haar baie aktief gaan verdiep in hulle aldaar geldende opvatting en studies.

[9] As `n siel egter reeds hier volledig deurdring is van die liefde tot God, dan word haar materieel-individuele plek van bestaan in die nabyheid van hierdie aarde, as bakermat vir die opvoeding van die kinders van God, weliswaar nie verander nie, maar deur My toedoen sal sy desondanks, na gelang van die voortdurend toenemende behoeftes van haar intelligensie en die daaruit voortvloeiende saligheid, deur die hele oneindigheid kan trek, sonder om daarby die materieel-ruimtelike plek van haar individuele wese ook maar `n haarbreedte te wysig, net soos Ek ook, wat nie in die gees verander nie, en tog in die hele oneindigheid oral tegelyk aanwesig is.

[10] Meer en dieper gaande dinge kan Ek julle nou nie daaroor sê nie; wanneer julle egter self in die gees wedergebore sal wees, sal julle ook meer dinge glashelder begryp. - Het julle dit nou goed begryp?” 

[11] Hierop sê Agrippa en ook baie ander: “Heer en Leraar, ons dank U vir hierdie uitleg, wat vir ons almal baie nodig was; want ons was almal herhaalde kere in die geleentheid gewees om `n besetene van allerlei soort en aard te sien en waar te neem, en ons kan die saak onmoontlik anders verklaar as dat sulke ongelukkiges deur baie reële duiwels besete is en derhalwe ook hulle prooi is, wanneer hulle hulleself nie daarvan kan bevry nie.

[12] Deur `n dergelike beoordeling van die optrede van besetenheid was ons genoodsaak om oftewel die besetene self as `n baie ernstige sondaar te beskou, deur God reeds op hierdie wêreld volkome verdoem, of ons haal heimlik ons skouers op oor God se liefde en hoogste geregtigheid, en wel in die besonder wanneer ons ons dikwels van die onbesproke gedrag van die besetene, asook van die vroomheid van sy ouers in alle opsigte kon oortuig, wat ons werklik nie kwalik te neem was nie. Maar nou het hierdie saak absoluut `n baie ander aansien gekry, en ons is buitengewoon bly dat ons deur U barmhartigheid ook daarmee in die reine gekom het.” 

[13] Ek sê: “Wel nou, dan is dit goed so; as julle nou ook op die gebied duidelikheid het, dan het ons tot die oggend nog ongeveer vier uur tyd om nog baie dinge met mekaar te bespreek en duidelik te maak. Wanneer iets vir iemand van julle nog nie helder is nie, laat hy dit dan hardop vra, dan sal hy `n goeie en helder lig ontvang; want aan julle wil Ek gee dat die misterie van God se hele ryk goed begryp word!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205