Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Oor die bid vir die oorledenes

38 (Die Heer:) “Dergelike geeste, al is hulle ook nie van die goeie en suiwer soort nie, kan dus vir `n mens nie gevaarlik word nie, en dit is goed om vir sulke siele te bid. Want die gebed van `n van ware liefde en erbarming vervulde siel in vol liefdesvertroue op My, het `n goeie invloed op sulke werklik arme siele aan die ander kant, want dit vorm `n bepaalde stof van lewenseter om hulle heen, waarin sy, asof in `n spieëlbeeld haar gebreke en tekortkominge sien, haar verbeter en daardeur makliker tot die lewenslig kom.

[2] En Ek reik julle Self hierdie moontlikheid, sodat julle ook vir julle oorlede broeders en susters werklik van nut kan wees.

[3] Maar hoe moet julle dan vir hulle bid?

[4] Dit is baie maklik! Julle moet by julle gebede nie van mening wees dat julle My daardeur tot groter erbarming kan beweeg nie, aangesien Ek waarlik Self eindeloos baie barmhartiger is as alle beste en mees liefdevolle mense van die hele wêreld bymekaar, maar dra hulle gelowig en vanuit die ware liefdesgrond van julle hart, dus in julle hart, die evangelie voor, dan sal hulle dit hoor en hulle ook daarvolgens rig! En op hierdie manier sal julle ook die werklike armes van gees die evangelie verkondig, wat hulle van groot nut sal wees.

[5] Al die ander gebid en opdreun van gebede help `n oorlede siel nie die minste nie, maar skaad haar veeleer, omdat sy haarself maar net vererg wanneer sy dit hoor, aangesien dergelike gebede vir die siele van oorledenes, soos ook veral die by die Fariseërs, wat selfs volgens die wet gebruiklik is, met groot offers betaal moet word.

[6] Die manier van bid vir die oorledenes en die versorging vir hulle geestelike armoede, soos Ek dit ook nou vir julle getoon het, is sekerlik `n vrugbare seën vir hulle; daarenteen is `n duur betaalde gebed van die Fariseërs vir hulle `n vloek, waarvoor hulle vinnig op die vlug sal slaan en dit diep verag.

[7] Mag julle dit ook sien as `n goeie raad, wat deur My aan julle gegee is, om te onthou en ook goed in ag te neem; want daardeur sal julle ware, groot, magtige en baie dankbare vriende in die groot wêreld aan die ander kant verwerf, wat julle nóg aan hierdie, nóg aan die ander kant ooit sal verlaat as julle in nood sou raak! Sulke vriende sal dan julle ware beskermgeeste wees en hulle altyd oor die welsyn van hulle weldoeners bekommer.

[8] Maar julle kan dit maar net verwerf wanneer julle op die deur My aangegewe manier bekommerd en besorg oor hulle sal wees. Daarvoor hoef julle nie te wag op ou kastele en boerderye nie, maar julle kan dit altyd doen vir soveel oorlede siele as wat julle julleself maar kan voorstel; want julle geloof, julle ware liefde en erbarming en die waarheid vanuit My, reik nog eindeloos baie verder as die groot sfere van die aan julle beskrewe groot kosmiese mens. Want julle is nie net My skepsele nie, maar julle is vir My, julle Vader, eindeloos baie meer, en die Groot Skeppingsmens is nie eens `n voelbare lewenspuntjie van bestaan in die kleinste lewenssenuwee van julle klein toontjie nie, - dit word alles natuurlik slegs geestelik, oftewel vanuit die standpunt van die diepste waarheid beskou.

[9] Waarlik Ek sê vir julle: Julle is `n eindelose groot invloedsfeer toegedeel, waarvan julle self die omvang egter eers meer volmaak sal aanskou, wanneer julle eenmaal in My ewige ryk met My in één Vaderhuis sal woon en werk! Want nou is dit alles nog maar net `n wonderlike droom vir julle, soos dit ook dikwels by goeie kinders van vroom ouers die geval is; maar wat Ek julle hier sê, is `n diep en goddelike waarheid.

[10] Soos Ekself ook alle mag en soewereiniteit in die hemel en op hierdie nietige aarde besit, so moet julle almal, wat in My glo en My bo alles liefhet, dit ook volkome besit; want die kinders van `n Vader mag nie minder as eindeloos volmaak wees nie, soos ook hulle Vader dit is. 

[11] By die mens op hierdie aarde sien dit wel meestal anders daaruit, in die besonder wanneer die vader sy aardse kinders te veel verwen; maar dit is by My werklik nooit as te nimmer die geval nie, want Ek weet sedert die ewigheid wat My kinders nodig het.

[12] Wel, Ek het julle nou `n klein voorproef gegee, sodat julle daardeur weet wie Ek is, en wie julle is en eintlik nog baie meer moet word. Handel daarom oral en altyd volgens My woord, dan sal julle met gemak bereik wat julle volgens My Vaderlike woorde moet bereik; want `n versekerde en magtiger borg as Ek Self is nie in die hele ewigheid en oneindigheid te kry nie. Maar, soos ook gesê is, onthou dit baie goed in die diepste grond van julle lewens, anders sou Ek dit vergeefs vir julle gesê het!  

[13] Soek geen beloning vir die klein offers wat julle My in hierdie wêreld bring nie - want waarlik, dan sou julle nie My kinders wees nie, maar kinders van hierdie wêreld en aarde, wat `n slegte voetbank is vir My liefde en My erns, maar doen alles wat julle doen uit ware, innige liefde tot My, julle Vader, dan sal Ek wel weet waarmee Ek My geliefde kinders `n ware wedervreugde moet berei!

[14] Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle: geen menslike oog het ooit aanskou, geen menslike oor gehoor en geen menslike sintuig gevoel, wat Ek gereed hou vir My kinders, wat My as hulle Vader waaragtig, met `n eenvoudige hart liefhet nie!

[15] Maar dit sê Ek ook vir julle almal: Ek laat My absoluut nie naas die wêreld saam voortsleep nie! Want of heeltemal die één, of heeltemal die ander; maar `n dergelike halfslagtigheid is iets van die duistere heidene en lewer dan ook slegte vrugte op.

[16] Want wat se nut kan `n mens daarvan hê, as hy alle skatte van die wêreld sou besit, maar daarby groot skade sou ly aan sy siel? Bekommer julle daarom altyd oor skatte wat nie deur motte opgeëet kan word en nie deur roes verteer kan word nie, dan sal julle altyd die beste daaraan toe wees! 

[17] Onthou dus ook weer hierdie raad en volg dit op, dan sal julle ook reeds op hierdie aarde `n goeie bestaan hê en die ander mense, wat julle woorde sal glo, saam met julle; al die ander moet egter wegkwyn, sodat die vlees nie te hoogmoedig word nie! Want alleen Ek is as enigste Heer en doen volgens My ewige Wysheid altyd wat Ek wil! Die wêreld mag dan moord en brand skreeu, so kragtig en hard as wat sy maar wil, en nou eens hieroor en dan weer daaroor, en Ek sal nooit luister na haar los geblêr nie!

[18] Maar wat My ware kinders en vriende My sal voorlê, daarna sal Ek ook luister en die kwaal maklik en spoedig verhelp; maar alles wat “wêreld” heet en is, moet van nou af aan honderd keer meer getugtig word as sedert die begin van die wêreld ooit die geval was! Dit is ook My woord, en die tyd sal die mens leer dat Ek hierdie woorde nie vergeefs gespreek het nie.

[19] Wee almal wat wêreldbelus is en My wil weerstaan! Want hierdie aarde is `n wieg vir My kinders, en sy word nie bekwaam sonder die tugroede nie; en as `n sagte waarskuwing niks help nie, dan sal daar skerper en baie ernstige opgetree word, wat dan My sorg sal wees. Maar nou moet ons nog `n deel van jou vraag afhandel!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205