Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

`n Skrifgeleerde verwys na God se orde

4 Een ander Skrifgeleerde sê: “Ek kan jou geen ongelyk gee nie en deel in baie opsigte jou mening; maar as `n volledige uitgemaakte waarheid kan ek jou mening tog eintlik nie aanneem nie! Want ek kan nie glo dat God as die mees wyse Skepper van hemel en aarde, wat tog die son, die maan, die sterre en hierdie aarde voortdurend in stand hou, ons as volmaakte werke van Sy Wysheid en Mag slegs geskape het om te dien as Sy verganklike speelpoppe nie!

[2] Dat die mens maar `n kort lewe op hierdie aarde het, daarvan skyn die rede meer daarin geleë te wees dat sy siel haarself in die liggaam op `n bepaalde manier moet ontwikkel en `n bepaalde en duursame deeglikheid moet verkry, sodat sy daarna kan voortbestaan in `n ander, met haar wyse ooreenstemmende wêreld, wat onbegrens moet wees.

[3] Want wanneer die mens met liggaam en siel net bestem sou wees vir hierdie materiële wêreld wat, al is sy hoe groot, tog haar grense het, dan, as gevolg van die daaglikse toename van die aantal mense, wat onsterflik sou wees wat hulle liggaam betref, sou hierdie aarde al gou te klein en te beperk geword het vir die mens, te meer omdat sy uit baie meer water as vaste, bewoonbare grond bestaan; God sou na `n bepaalde tyd die mens onvrugbaar moes maak en hulle ook nie meer ouer laat word nie, sodat hulle dan in `n bepaalde normale krag en sterkte ewig kon voortlewe en die aardbodem bewerk vir hulle lewensonderhoud.

[4] Dat die mens egter na verloop van tyd ook genoeg sou kry van so `n noodsaaklikerwys eentonige lewe, kan ons met sekerheid aanneem; want die daaglikse ervaring leer ons immers dat elkeen in een en dieselfde steeds gelyke lewensomstandigheid hulle erg begin te verveel en snak na verandering, en omdat selfs die mees vindingryke mens na baie duisende jare tog aan die einde gekom het met al sy geliefde veranderinge, sou hy ten slotte in die grootste verveling beland, wat hy nêrens meer sou kan verjaag nie.

[5] Uit hierdie diepgaande beskouing blyk wel dat God se Wysheid die mens vir `n ander, hoër en vryer lewe geskape het en nie vir `n in alles baie beperkte wêreld, wat weliswaar goed genoeg is om die mens tot `n eerste ontwikkelingstrap te dien nie, maar nooit bestem kan wees om hom `n salige ewige bestaan te gee nie.

[6] Om hierdie en nog baie ander redes glo ek in die onsterflikheid van ons siele, want as dit sterflik sou wees, sou ons ons God - wie se mag en hoogste wysheid uit al Sy werke duidelik blyk, net soos Sy goedheid en Sy geregtigheid - as magteloos moet voorstel of as onwys of selfs as heeltemal non-bestaande.

[7] Geen enkele enigsins helder denkende mens kan tog beweer dat die een of ander blinde en stomme kragwerkstukke, wat ons mense is, tot `n geordende bestaan geroep kan word nie. Want wat mens self nie het nie, daarvan kan mens ook onmoontlik vir iemand anders iets gee. Of gee maar net vir iemand wat baie dom is en nouliks sy moedertaal kan brabbel, `n taak as leraar in `n vreemde taal aan `n skool! Wat sal dit tot stand bring? Niks meer as `n standbeeld nie! Daarom moet daar wel `n baie wyse en almagtige God bestaan, en elkeen wat helder kan dink, sal dit as waar moet erken.

[8] As die almagtige God egter baie wys is, dan is Hy ook baie goed en regverdig en het Hy met ons mense seker ware en goeie bedoelinge en het Hy deur die mond van die profete en ander wyse mense ook aan alle ander mense meegedeel, watter bedoelinge Hy met ons mense het, en wat die mens moet doen om reeds hier op aarde `n goeie en salige voortlewe uitgemeet te hê en hulle deur middel van die voortlewe so bekwaam en ontvanklik moontlik te maak vir die daaropvolgende ewige lewe.

[9] `n God egter, wat dit gedoen het en nog voortdurend doen, het nie eens `n muggie, en verseker nie ons mense, as beklaenswaardige speelgoed vir Sy grille geskape nie! Of kan mens hulle `n wyse en derhalwe ook goeie mens voorstel, wat behae daarin sou skep om te sien hoe sy arme medemens voortdurend op die afskuwelikste manier gekwel word? Vir sover ek die mens in alle opsigte bekyk het, het ek ook steeds gemerk dat God die mens volstrek geen kwaad berokken nie; dit doen die mens maar al te graag die meeste vir mekaar. Want ten eerste dryf hulle nooit te bevredigde selfsug en hebsug die mense daartoe om mekaar soveel moontlik te agtervolg en mekaar daardeur allerlei kwaad aan te doen; en omdat hulle daarby geen ag meer slaan op die geopenbaarde wil van God nie, kry hulle deur die mees ongereëlde leefwyse ook allerlei liggaamlike siektes, wat hulle voortlewe ten seerste vergal.

[10] Vraag: Is God se Wysheid en Goedheid ook maar enigsins skuldig daaraan? As dit die geval sou wees, dan sou die hooggeëerde mense, wat steeds vóór hulle, volgens die wette van God geleef het, ook nie deur verskeie sulke kwaadaardige siektes gekwel gewees het as diegene wat vanaf hulle jeug `n goddelose lewe gelei het en daardeur die natuur van hulle wese in die grootste wanorde gebring het. O nee, ek het myself al baie daarvan oortuig dat die mens, wat volgens God se orde leef, meestal `n hoë leeftyd bereik en aan die einde `n opvallende sagte dood sterf.

[11] Daar bestaan hier en daar ook wel voorbeelde van vroom en regverdige mense, wat uiteindelik ook deur `n nie bepaalde sagte dood van hierdie wêreld geskei het; maar daarby kan ons altyd twee gevalle veronderstel, naamlik dat God die geduld van so iemand swaarder op die proef stel, sodat sy siel vir die lewe aan ander kant `n groter nederigheid verkry. Waarom? Dit sal God seker baie goed weet!

[12] In die tweede geval egter kan die op bejaarde leeftyd vroom en regverdig geworde mens deur baie jeugsondes die natuurlike orde van sy liggaam versteur het, en dit kan dan aan die einde van sy lewe net soveel bittere gevolge hê dat sy laaste ure bepaald nie die aangenaamste vir hom kan wees nie. Maar ons kan as volledig seker en gewis aanneem dat mense wat van die begin af aan volgens God se orde lewe, steeds baie rustig sterwe.

[13] Dit is nou so my ware getuienis, waaraan ek vir myself tot die einde van my aardse lewe trou sal bly; elkeen van julle kan glo en doen wat hy wil!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205