Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Vergewing van sonde

43 Ek sê: “Daarom moet julle slegs die waarheid vir die mense verkondig! Wie dit sal aanneem, sal vry en salig word; wie dit egter nie sal aanneem nie, sal dan ook voortdurend in hulle sonde bly en in die oordeel en die geestelike dood daarvan.

[2] Ek verplig julle immers nie om hierdie lewenswaarhede aan alle mense in `n baie kort tydjie as sodanig by te bring, dat hulle ook al volkome daarvolgens moet lewe nie. Voorlopig het Ek dit immers slegs aan julle gegee om die geheim van God se ryk te begryp, en nie ook aan alle, in hierdie tyd, ontsettende blinde mense nie. Later sal julle egter wel `n groot aantal mense teëkom, wat hulle met alle ywer by julle sal aansluit en met julle sal saamwerk ter wille van die verkondigde waarhede deur My aan julle oorgedra. 

[3] Wat die skuldbelydenisse voor die priesters egter betref, wat julle aangeroer het; dit is op die manier waarop dit nou bestaan sleg en dus volkome verwerplik, omdat dit die mens nie verbeter nie, maar hulle slegs tot aan hulle einde in hulle sonde laat volhard; maar Ek is ook weer nie daarteen, as `n swak persoon, wie se siel siek is, uit goeie wil aan iemand wat sterker is en `n gesonde siel het, sy swakhede en gebreke eerlik beken, omdat die gesonde en ligsterkte mens hom dan uit waaragtige naasteliefde maklik die ware metodes aan die hand kan doen, waardeur die siel van die swak naaste sterker en gesond kan word. Want op die manier word een mens dan vir die ander `n egte sieleheiland. Ek maak egter ook geen wet daarvan nie, maar gee julle daarmee maar net goeie raad; en wat Ek doen, moet julle ook doen, en bring aan elkeen die waarheid!

[4] Die belydenis alleen reinig `n mens ewemin van sy sonde as wat `n liggaamlike sieke reeds gesond gemaak is, wanneer hy sy kwaal, en hoe hy daaraan gekom het, aan `n arts vertel, al doen hy dit hoe opreg; maar hy moet luister na die raad van die arts, wat wys is en baie kennis het, en die raad dan ook getrou opvolg en in die toekoms alles vermy wat hom die kwaal besorg het.

[5] So is dit ook goed dat broeders in een gemeente mekaar ken, sowel wat hulle sterk as wat hulle swak kante betref, sodat die een die ander volgens die volle waarheid wat die siel aanbetref en ook liggaamlik kan en wil ondersteun. Die een wat egter niks wil sê nie, omdat hy dink dat hy met sy belydenis iemand ergerlik maak, moet deur niemand uitgedaag word om sy swakhede te beken nie! 

[6] Wanneer iemand van julle egter wys is, en sy gees openbaar hom die swakhede van die swak en angstige broeder, dan moet die wyse hom onder vier oë goeie advies gee en hom met raad en daad uit sy verborge nood help, dan sal sy loon hom nie weerhou word nie!

[7] Maar laat elkeen sy vry wil toe en lê niemand enige dwang op nie; want julle weet nou dat elke morele dwang volkome in stryd is met My ewige orde! Wat Ek nie doen nie, moet julle ook nie doen nie!

[8] En so het ons nou ook die regte woorde gespreek oor die openlike belydenis van swakhede en geheime sonde; alles wat bo dit is of daaronder bly, is teen My orde en uit die bose.

[9] Julle moet egter die swak broeder, wat in vertroue openhartig was teenoor `n sterkere van julle, nie bejeën met `n dreigende gesig soos die van `n regter nie, maar hom steeds met alle liefde en vriendelikheid die waarheid openlik te kenne gee en ook vir hom die metodes aan die hand doen, waardeur hy maklik en veilig genees kan word, dan sal hy ook nie moed verloor nie en sal hy `n dankbare leerling van die vrye waarheid word; maar wanneer julle hom met allerlei boetepreke gaan benader, sal julle nie net niks of weinig met hom bereik nie, maar hom nog baie ellendiger maak as wat hy ooit vooraf was.

[10] In latere tye sal dit egter helaas gebeur dat skuldbelydenis ten opsigte van valse profete in My Naam nog meer in swang sal wees as wat dit ooit onder die Fariseërs en aartsjode was, en dit sal lei tot die val en die oordeel van die valse profete wat in My Naam werk. Want net soos die heidene, sal hulle aan die mense sê dat God net aan hulle die reg verleen het om alle sondaars hulle sonde te vergewe of ook toe te reken; so sal hulle blinde gunstelinge vir groot offers voor alle hemele salig en gewyd verklaar.

[11] Wanneer dit sal gebeur, sal die tyd weldra nader kom waarin die groot oordeel oor die nuwe heidendom sal plaasvind. Wees daarom versigtig met die openlike belydenisse, sodat hulle julle nie te gou nadoen, met `n nog slegter mentaliteit as wat nou by die Fariseërs en aartsjode die geval is nie!

[12] Ek het julle, en in die besonder My ou leerlinge, ook eens gesê dat julle diegene wat teen julle gesondig het, hulle sonde kan vergewe, en dat aan diegene van wie julle hier op aarde sal vergewe ook in die hemel vergewe moet en sal wees; as julle egter vanweë `n onmiskenbare onverbeterlikheid goeie redes het om hulle die sonde wat hulle teen julle begaan het, toe te reken, dan sal dit hulle ook in die hemel toegereken wees.

[13] Ons het destyds al vasgestel dat julle eers die reg het om sondaars hulle sonde vir hulle toe te reken, wanneer julle hulle vooraf al sewemaal sewe-en-sewentig maal vergewe het.

[14] As julle, as My naaste leerlinge, egter eers op die genoemde wyse van My die reg het om maar net diegene wat teenoor julle sondig, hulle sonde toe te reken of ook te vergewe, dan is dit tog duidelik dat geen enkele priester ooit van God die reg sou kan hê om ook sondes te vergewe of toe te reken wat nie teenoor hulself gepleeg is nie.

[15] Aan die een wat byvoorbeeld teen Kajafas gesondig het, kan Kajafas ook die sonde vergewe of, na gelang die saak daaruit sien, ook toereken; wie egter teen Herodus gesondig het, daar het dit met Kajafas, en hy met hom, niks te make nie, maar slegs met Herodus. Wie egter teen die tempel gesondig het, die moet maar sien hoe hy met die tempel in die reine kan kom! 

[16] Maar daarmee bedoel Ek natuurlik nie die tempel soos dit ook nou is nie, maar soos hy ook vroeër was - want nou sou Ek ook `n sondaar teen die tempel wees, net soos julle dit ook almal is - en ons sal teenoor die tempel dan ook geen skuldbelydenis hoef af te lê nie; want nou is ons die hoogs ware tempel van God, en die daar benede het `n moordkuil geword. Daarom sal die oes van sy bose vrugte dan ook weldra begin, wat hy op sy akkers uitgesaai het. Dan sal mens van sy dorings en distels geen druiwe en vye oes nie.

[17] Soos dit nou ook egter met die tempel gestel is, nota bene in die Naam van JaHWeH, so en nog baie erger sal dit eenmaal met die nuwe heidendom in My Naam gesteld wees; maar die oes van die vrugte daarvan sal nog baie slegter wees as die oes van hierdie tempel daar benede.

[18] Julle sal sekerlik geen skuld aan die nuwe heidendom hê nie, soos ook die profete geen skuld daaraan het dat die tempel daar benede nou geword het soos hy ook nooit moes geword het nie, maar alle skuld sal by die mense lê, wie se behaaglike traagheid hulle nie toelaat om self handelend op die weë van die waarheid te gaan nie, maar in hulle plek liewer ander en veral die sogenaamde priesters aanstel om heen te skry deur die smerige offers wat hulle aangereik is, - wat egter ook nie die weë van die waarheid bewandel nie, maar slegs die weë van bedrog en leuens. Daar lei die een volkome blinde dan die ander net so lank, tot albei by `n kuil kom en hulle albei vervolgens ook daarin val. 

[19] Noudat julle dit uit My mond gehoor het, moet julle dit ook volgens volle waarheid begryp, en laat julle nooit verlei deur die traagheid van die hooggeplaastes nie! Want wie nie self wil werk nie, sal ook nie eet van die gereg van die lewe nie!”

[20] Die Skrifgeleerde sê: “Nou ja, dit was buitengewoon helder deur U gespreek, en die waarheid van wat U gesê het is baie duidelik! As Moses en die profete ook so duidelik tot die volk gespreek het soos U, o Heer en Leraar, wat nou tot ons gespreek het, dan was die hele Judeërdom baie anders daaraan toe as nou in hierdie slegte tyd! Wanneer U leer onder die volk sal bekend raak, sal dit sekerlik vir altyd baie ander vrugte dra; maar van ons sal hierdie leer werklik ewe weinig veranderd op die ander mense oorgaan as wat die sterre aan die hemel onveranderlik op en onder gaan. Ons vra U net, o Heer en Leraar, om ons nooit meer met U barmhartigheid en hulp te verlaat nie, net so ook diegene wat na ons, U volkere sal lei en bestuur!”  


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205