Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 47

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die toekoms van Rome en van die Antichris

47 Na ongeveer `n kwartier, waarin ons almal met groot aandag na die oggendtafereel kyk, sê Ek weer vir alle aanwesiges: “Let nou goed op wat daar nog vóór die volledige opgang van die son alles aan beelde sal plaasvind; want Ek wil dat julle ook met julle oë sien hoe alles hulle in die laaste tyd van die nuwe heidendom sal ontwikkel!”

[2] Nou rig almal hulle oë met verdubbelde aandag na die ooste. Dit was nog ruim `n halfuur voor die volledige sonsopkoms, en dus kon nog baie beelde voor die oë van die toeskouende leerlinge ontwikkel.

[3] Eers sien mens in die verte `n digte en heeltemal swart newel van die horison af opstyg. Toe dit ongeveer sewe keer die hoogte van die ver gebergte aan die horison bereik het, lyk dit weldra asof dit gloei; en daar skiet naamlik ontelbare bliksemstrale daaroorheen, sodat alle aanwesiges dan ook dink dat daar nou `n geweldige onweer woed.

[4] Ek sê egter: “Bekommer julle maar oor iets anders, want behalwe ons, sien niemand ook maar iets van die verskynsel nie!”

[5] Daarop word daar weer in alle rustigheid verder gekyk, wat daar nog alles sou volg.

[6] En kyk, op die boonste swart en deur die baie bliksems geheel gloeiende rand van die newelmassa verskyn `n groot stad!

[7] En Ek sê: “Kyk na die beeld van die nuwe Babilon!”

[8] Toe sê Agricola: “Heer, dit vertoon `n sterk ooreenkoms met ons Rome! Ek sien slegs `n groot aantal ruïnes om die stad heen, en in die stad self, behalwe wat aan my maar al te goed bekend is, geboue wat tog ook `n groot aantal nuwe geboue en tempels insluit, waarvan die gewels op wonderlike wyse met kruise versier is. Wat het dit tog te beteken?”

[9] Ek sê: “Kyk, dit is die ondergang van die ou en tegelyk die begin van die nuwe heidendom! Reeds oor so `n 500 tot 600 jaar, van nou af gereken, sal dit letterlik so daaruit sien. Bekyk die beeld egter nou maar verder!”

[10] Opnuut rig almal hulle aandag op die beeld, waarvan die taferele hulle vinnig na mekaar ontwikkel. En kyk, mens sien groot volksverhuisings en baie hewige gevegte en oorloë, en in die midde van die stad sien mens iets wat homself so hoog soos `n berg verhef! Op die berg staan `n hoë en groot troon, wat lyk asof hy van gloeiende goud was. Op die troon sit `n heerser met `n drievoudige kroon op die hoof en met `n staf waarvan die bokant met `n drievoudige kruis versier was. Uit sy mond kom tallose pyle, en uit sy oë en uit sy bors skiet eweneens tallose bliksems van toorn en baie groot hoogmoed. En daar kom konings na hom toe, van wie baie diep voor hom buig. Diegene wat so voor hom buig kyk hy vriendelik aan en hy bevestig hulle mag; maar diegene wat nie voor hom buig nie, word hewig deur sy pyle en bliksems vervolg en toegetakel. 

[11] Toe sê Agricola: “Heer, dit voorspel niks goeds vir die latere heersers van die nuwe Babilon nie! Dit blyk wel asof hulle mag nog groter, maar ook baie wreder sal wees as wat dit nou is. Want nou word slegs die ergste misdadigers met die kruis gestraf, maar net met `n enkelvoudige kruis; maar hy wat daar is hou alle ander konings sowaar met `n nie minder as drievoudige kruis in sy heersershand voor nie! Heer en Leraar, verklaar dit tog ietwat vir ons!”

[12] Ek sê: “Dit stel geen spesiale heerser oor baie lande en volkere voor nie, maar slegs die sigbare persoonlikheid van die Antichris. Die drievoudige kruis staan vir My leer, wat in die tyd drievoudig vervals aan die konings en hulle volkere opgedring sal word: vals in die woord, vals in die waarheid en vals in die werklike toepassing.

[13] Die konings egter, wat nie voor hom buig nie en wat hy vervloek, is diegene wat nog min of meer die waarheid van die ou leer besit. Sy pyle en bliksems bereik hulle wel, maar dit kan hulle tog geen skade van enige belang toebring nie. - Maar kyk nou weer verder na die beeld; want Ek kan julle daarin slegs die hoofmomente laat sien!”

[14] Nou kyk almal weer met groter oplettendheid.

[15] (Die Heer:) “Kyk, baie konings, wat voorheen nog baie diep gebuig het voor die een wat op die troon sit, versamel hulle leërs en trek teen hom op! Kyk, dit gee `n verbitterde stryd af, en sy verhewe troon sak al `n baie groot ent na benede tot heeltemal in die stad, en julle sien nog maar enkele konings, wat soos gesê slegs vir die skyn voor hom buig, terwyl die baie ander konings, wat van hom afvallig geword het, baie pyle en bliksems na hom toe terugstuur. Maar nou is daar van hom byna niks meer te sien nie, en dit sal gebeur oor 1000 tot 1500, 1600, 1700 jaar.

[16] Maar kyk nou nog `n keer! Kyk, hy wend pogings aan om hom nogmaals te verhef, omgewe deur swart bendes, en enkele konings reik hom die hand om hom te help; maar kyk, diegene wat dit doen, word dadelik magteloos, en hulle volkere ruk die krone van hulle hoofde af en gee dit aan die sterk koning! En kyk! Nou sak sy troon na benede, en die sterk konings haas hulle daarheen en kap dit in meer stukke, en so gaan nou al sy mag, hoogheid en grootheid ten onder! Weliswaar slinger hy nog pyle en swak bliksems om hom heen, maar dit beskadig niemand meer nie; want die meeste keer na hom terug en verwond hom en sy swak en duistere hordes.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205