Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 48

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Oor die duisendjarige ryk

48 (Die Heer:) “Maar sien nou hoe die son reeds alles met haar lig begin te deurdring, en julle sien die duistere hordes in alle rigtings vlug, maar nie daarheen waar die son vandaan kom nie! Voor haar lig verdwyn nou alles en versink in die ryk van die vergetelheid.

[2] Maar kyk nou nog weer `n keer, dan sien julle hoe daar uit die ligte wolkies `n nuwe aarde ontwikkel! Wat stel die ligte wolkies dan wel voor? Dit is met mekaar verenigde mense wat heeltemal verlig is deur die goddelike waarheid. En kyk, nou gaan hierdie vereniging steeds nader en nader na mekaar toe en vorm so één groot vereniging; dit is dan die nuwe aarde, waarbo daar vol lig en helderheid `n nuwe hemel uitsprei!

[3] Julle moet daarby egter nie dink dat hierdie natuurlike aarde dan sou vergaan en in `n nuwe verander word nie, maar slegs die mense sal, deurdat hulle die goddelike waarheid volkome in hulle hart opgeneem het, as ware broeders en susters in My Naam met mekaar `n nuwe geestelike aarde skep.

[4] Dan sal Ek self op hierdie nuwe aarde wees en heers onder hulle wat Myne is, en hulle sal met My omgaan en My nooit meer uit die oog verloor nie.

[5] Maar kyk nou intussen ook na die ou aarde! Sien hoe daar uit die nuwe aarde, in steeds digter strome, ligte na benede swewe na die ou aarde, en haar so laat ontbrand dat sy lyk asof sy in vuur en vlam staan! Daar sien julle baie dooies wat as`t ware uit hulle grafte kom en na die lig toe gaan; sien hoe hulle ook weldra beklee word met die kleed van die waarheid en vervolgens omhoog sweef na die ryk van die nuwe aarde.

[6] Maar terselfdertyd merk julle ook dat een baie groot, duister gedeelte hulle ook inspan om die kleed van die lig oor hulle swart kleed aan te trek, om daarvan en daarmee uit eiebelang en heerssug nogmaals `n nuwe antichristelike heidendom te maak; maar Ek self laat My toorn, dit wil sê die vuur van My waarheid, oor hulle losbreek, en My engele van die nuwe aarde stort hulle as`t ware met vlammende swaarde op hulle en jaag elke verdere duistere poging op die vlug en in die afgrond van algehele vernietiging in.

[7] Dit is dan die allerlaaste en grootste oordeel, so `n duisend jaar later. Die tyd sal My duisendjarige ryk op aarde genoem word, wat deur die allerlaaste oordeel nog eenmaal vir `n baie kort tydjie deur oorlog onderbreek sal word; maar die oorwinning sal vinnig en vir alle toekomstige tye volkome wees. Van dan af sal die hemele en die aarde tot één herder en één kudde word. Die Herder sal, soos ook altyd, Ek wees, en die kudde sal die mense op aarde vorm, volledig verenig met die saliges in My hemele.

[8] Hierdie laasgenoemde sal naamlik weer, net soos dit ook in die oertyd van die mens op hierdie aarde was, sigbaar met die mens op aarde omgaan. Maar voordat dit sal gebeur, sal ook die natuurlike aarde baie ingrypende veranderinge ondergaan. Groot lande en ryke, wat nou nog deur die groot en diep see bedek word, sal as baie vrugbare bodem opgehef word, en baie hoë berge sal verlaag word; hulle afgebrokkelde toppe sal baie diepe klowe en dale opvul en vrugbare land vorm.

[9] Aangesien die mens in die tyd geen aardse en verganklike skatte meer sal begeer en najaag nie, sal daar ook honderdduisend maal soveel mense as nou baie goed voorsien en gelukkig op aarde kan lewe. Tegelyk sal ook in die tyd, alle nare siektes wat die vlees geweldig kwel, van die aarde verdwyn. Die mens sal blymoedig `n hoë leeftyd bereik en baie goed kan doen, en niemand sal bang wees vir die dood van die liggaam nie, omdat hy met `n heldere blik die ewige lewe van die siel voor hom sal sien. 

[10] By die verrig van goeie werke sal dit in die tyd hoofsaaklik daarom gaan dat die kinders op die korrekte manier opgevoed word en dat die een wat sterk is, die fisieke swakkere oues sal ondersteun, soveel hy maar kan.

[11] Daar sal op die nuwe, gelukkige aarde ook huwelike gesluit word, maar ook soos dit in die hemel gebeur, volgens My orde, en daar sal ook groot aantalle kinders verwek word, maar nie langs die weg van suiwer wellus nie, maar langs die weg van die ware liefdes-erns, en dit tot aan die einde van alle tye van hierdie aarde.

[12] Hier het julle nou `n getroue beeld van die laaste oordeel oor alle heidene op die hele aarde, wat julle ook baie maklik en goed kan begryp!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205