Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die Fariseërs spreek met mekaar oor die vroegtydige dood van kinders en oor die Messias

5 Hierop sê die eerste spreker: “Ja, daarteen kan ek waarlik niks anders inbring nie, as dat jy ons by al jou buitengewone goeie opvattings nie ook opheldering gegee het oor hoe die vroegtydige dood van kinders te verenig is met die Wysheid, Goedheid en Geregtigheid van God nie.

[2] Die mens is volgens jou opvatting deur God daartoe geroep, om hulle deur middel van `n goeie geordende voortlewe op hierdie aarde `n ware en met die bedoeling van God ooreenkomstige solidariteit van sy siel te verskaf - want dat dit in die bedoeling van God lê, blyk immers duidelik uit alle openbaringe wat deur die mond van die aartsvaders en die profete tot ons gekom het. Maar wat gebeur daar aan die ander kant met die kinders, by wie, vanweë hulle vroeë dood, eintlik nog van `n ongeordende en nog minder van `n geordende voorafgaande proeflewe sprake gewees het? Wanneer die siel van die mens slegs deur `n goeie geordende voorafgaande proeflewe die ware, ewige lewe kan bereik, waardeur bereik die siel van `n kind dit dan? Of sterf die kindersiel saam met die liggaam?”

[3] Daarop sê die tweede, goeie spreker: “Uit die oertyd van die mens is dit nie bekend of daar toe ook kinders gesterwe het nie; die vroegtydige dood van kinders is slegs deur die sonde van die ouers veroorsaak, en daarom is hulle bewustelik of onbewustelik die skuld van die vroegtydige dood van hulle kinders. Maar God sal in Sy hoogste wysheid ook weet om vir die onskuldige siele van die kinders te sorg; hulle sal sekerlik in die groot wêreld aan die anderkant kan inhaal wat hulle hier sonder hulle skuld versuim het!

[4] Is hierdie aarde dan dalk die enigste wêreld? Laat ons kyk na die sterrehemel! Groot wyses uit die ou tyd en selfs Moses in sy by-boeke, wat ons nog wel het, maar waaraan ons geen geloof skenk nie, het daarop gewys dat die son, die maan en alle sterre wêrelde is, en dikwels baie groter as die van ons; - as dit egter so is, dan sal dit vir God se Wysheid en Mag ook gladnie so moeilik wees om vir die siele van die kinders `n ander ook in baie opsigte beter leefwereld aan te wys nie, waarop hulle dan hulle lewensvoltooing kan bereik.

[5] Dat God in die ewige groot skeppingsruimte nog ander skolingswêrelde vir mense sal hê, daaraan is werklik nie te twyfel nie - ons klein en swak mense het immers ook vir ons kinders meer as één enkele skoolgebou! Wat by ons magtelose mense moontlik is, waarom sou dit vir die almagtige en baie wyse God iets onmoontlik wees?

[6] Die aartsvaders, wat sekerlik nou meer as ons met God se hemel in verbinding staan, het baie goed geweet dat dit so is; - ons het egter deur ons materiële wêreldse instelling alles verloor wat van die gees is en weet nog nouliks iets daarvan. Ek is weliswaar ook maar `n materiële mens, maar ek het baie geleer en ondervind en spreek daarom nou soos wat Ek spreek. Natuurlik kan ek nie in die tempel in die teenwoordigheid van almal so spreek nie!”

[7] Die eerste spreker sê: “Nou kan ek niks meer daarteen inbring nie en is egter bly dat jy my van mening laat verander het. Maar dit is nou ook tyd om na ons hooftema, naamlik na die wonderlike profeet uit Galilea terug te kom. Daaroor het ek dadelik aan die begin opgemerk dat daar op aarde altyd bepaalde besondere mense bestaan, uit wie se woorde en dade maklik en onbetwisbaar `n hoër, aan God gelyke begaafdheid herken kan word, soos ook dit nou by ons Galileër die geval skyn te wees.

[8] Maar ook by ander mense ontbreek dit nie aan soortgelyke gawes nie. Neem nou net vandag die skielike verdwyning van ons mantels en die tevoorskyn toor van die drie leeus! Dit is `n reëlregte wonderwerk, wat `n gewone mens nie kan begryp nie. Nou sou hierdie mens ook kan sê: “Ek of hy daar is julle Messias, omdat hy in staat is om wonderwerke te doen!” - wat ons natuurlik nie kan aanneem nie! Want as ons dit sou doen, dan sou dit baie gou wemel van louter messiasse! Die Essene doen ook wonderwerke, maar daarom is hulle nog lank geen messias nie. Die Galileër bied Homself egter aan ons as sodanig. Wat moet ons daarvan sê?”

[9] Die tweede, goeie spreker sê: “My mening, wat ek egter om begryplike redes nie kan uitspreek nie, is as volg: sy leringe en dade is aan my welbekend. Hy is wat sy lewe en handelswyse betref die suiwerste Judeër, geheel in die sin van Moses. Hoe dit egter by ons in die tempel daar met die beste Moses uitsien, dit weet ons almal maar al te goed, en ook Hy skyn dit baie volkome te weet, anders sou hy ons vanmôre nie sulke harde woorde toegevoeg het nie. Bowendien het hy by die blindgeborene slegs deur sy wil `n ware godswonder gedoen, wat voorheen vir niemand moontlik was nie, en dus is ek van mening dat ons as skerp waarnemers die saak moet laat rus. Kom tyd, kom raad. As Hy uiteindelik tog Die Een is vir wie hy Hom homself openlik by alle mense uitgee, dan sal ons ewig niks teen hom kan uitrig nie; is hy dit uiteindelik tog nie, dan sal hy ook teen ons niks kan uitrig nie - ondanks al sy wonderwerke!

[10] Dit is die beste om in die geheim al sy leringe en dade te ondersoek. As ons vasstel dat dit heeltemal suiwer, en sy dade heeltemal van goddelike aard is, dan sal ons ook in Hom glo; as hy egter in ons oë nie aan hierdie voorwaardes voldoen nie, dan bly ons wat ons is, en laat al die ander aan God oor!”

[11] Daarmee was almal dit eens en eet en drink weer daarna.

[12] Na hierdie toespraak gaan Lasarus op My bevel weer na hulle toe. Hy weet wat hulle alles gesê het, want Ek het dit aan elkeen vertel.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205