Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 52

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Maria van Magdala en die Heer

52 Nou kom Maria van Magdala na My toe en sê: “O Heer en Leraar, kan ek ook nog salig word en ook die ewige lewe ontvang? Want ek is `n groot sondares, en in U baie heilige nabyheid kom dit My steeds meer voor dat ek ook vir U allerminste barmhartigheid te onwaardig is!”

[2] Ek sê: “Bly jy maar steeds in die suiwer liefde, en sondig nie meer nie! Dit moet jou sorg wees; vir al die ander sal Ek wel in jou plek voor sorg. Ek het jou bevry van jou onreine geeste en het ook vir jou gesê: Jou sonde is jou vergewe, omdat jy die arm mense baie liefde bewys het en nou ook vir My bo alles liefhet. Vir wie Ek egter sê: “Jou sonde is jou vergewe!”, is ook werklik vergewe. Maar hy moet in die vervolg geen sonde meer begaan nie; want as hy weer opnuut sondig, begeef hy hom in `n nog erger toestand as die eerste. Maar Ek sien by jou die ernstige wil om nie meer te sondig nie, en dan sal jy ook in My liefde en barmhartigheid bly. Wie egter in My liefde en barmhartigheid bly, het reeds die ewige lewe in hulle en daarmee die ewige saligheid.

[3] Wie uit liefde tot My alles doen wat die naasteliefde vereis, vir diegene sal Ek ook alles doen wat in My mag lê. En in My mag lê nie net baie nie, maar alles. As jy, liewe Maria, dit nou weet, wees dan opgewek en doen voortaan die goeie, dan sal Ek jou nie verlaat nie!”

[4] Hierop val Maria van Magdala aan My voete, dank My diep ontroerd en maak My voete nat met haar trane en droog dit met haar hare af. My ou leerlinge vind dat die tafereel egter ietwat te lank duur en volgens hulle mening ook enigsins ongepas en hulle mor heimlik onder mekaar.

[5] Ek merk dit egter en sê vir hulle: “Waarom vererg julle julle eintlik daaroor? Ek is al `n lang tyd by julle; julle het My nog nooit so `n dergelike liefde betoon nie en Ek het dit ook nie van julle verlang nie. Maar Ek sê julle nou ook: waar My evangelie ook aan die mense verkondig word, moet hierdie Maria ook duidelik vermeld word; want sy het My `n groot liefdesdiens bewys. Onthou julle dit ook! Jy, Maria, staan nou weer op en wees verseker van My volle liefde en barmhartigheid!”

[6] Daarop staan Maria op en dank My nogmaals, haar hart geheel vervul van liefde.

[7] Die leerlinge vra vir My en vir haar nou om vergewing vir hulle klein ongeduld.

[8] Ek sê: “Leer om die swakkes te verdra, dan sal julle daardeur in My oë meer krag van julle siele aan die dag lê, as wanneer julle net met helde stry en hulle oorwin!

[9] Die son het nou egter al taamlik hoog bo die horison opgestyg, en die oggendmaal staan gereed; ons sal dit tot ons neem en ons daarna van hier na Bethanië begewe!”

[10] Daarop gaan ons vinnig die huis binne en gebruik die oggendmaal, waaraan ons Maria ook deelneem. 

[11] Na die oggendmaal maak Lasarus die rekening met sy herbergier op en neem die wins, net soos die ander skatte en kosbaarhede, saam met hom. Daarvoor was sewe muildiere nodig om dit te dra, aangesien die skat van die diverse bekeerde priesters ook daarby was, wat Lasarus in bewaring neem.

[12] Nikodemus, Josef van Arimatea en die ou rabbi beveel hulle in My barmhartigheid en liefde aan, bedank vir alles en gaan saam met die magiërs die stad in, waar hulle een en ander te doen het. Die magiërs begewe hulle egter na hulle metgeselle, wat reeds met groot verlange op hulle wag. Beide die Romeine, wat in Emmaus woon, trek met die sewe Egiptenare na Emmaus, vanwaar die laasgenoemdes vervolgens na enkele dae weer na hulle land vertrek. Alle ander aanwesiges trek nou saam met ons na Bethanië.  

[13] Hier hoef nie verder in besonderhede aangegee te word watter mense nog daar was nie, aangesien hulle in die loop van die verhaal oor die gebeurtenisse op die Olyfberg immers al verskeie kere genoem was.

[14] Maria van Magdala vra My ook om ons na Bethanië te mag volg, en sy vra My hoe lank Ek in Bethanië sou bly. 

[15] Ek sê: “Ek sal drie dae daar uitrus; want Ek het nou baie gewerk, en na baie werk mag mens jouself ietwat rus gun. Wanneer jy tuis alles gereël het, kom dan na ons toe in Bethanië!”

[16] Daarop begewe Maria haar ook dadelik na haar huis om vinnig alles daar in orde te kry, en wel vir `n paar dae, omdat sy haar voorneem om die tyd by My deur te bring. 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205