Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 54

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die hebsugtige tollenaar en die Heer. Oor die geloof met die praktiese werke van die liefde. Oor skadevergoeding

54 Die tollenaar herken My baie gou, kom na My toe en sê: “O Heer en Leraar, sedert ek U woorde en lesse op die Olyfberg in my laat deurdring het, het ek werklik `n ander mens geword, en ek dank U nou nog eens uit die grond van my hart vir die meer as groot barmhartigheid wat U My en my huis bewys het! Ek het alles wat ek van U gehoor het, getrou aan al my verwante meegedeel, en hulle glo nou in U; laat daarom ook U seën oor my hele huis neerdaal! 

[2] Ek sê: “Omdat jy dit gedoen het, sal die heil ook nie ver van jou en julle huis bly nie! Maar tog eis jy ook selfs tol van die inwoners, wanneer daar te min vreemdelinge na Jerusalem kom; en wanneer daar vreemdelinge kom, dan eis jy na willekeur baie meer as wat volgens die wet vasgestel is. Maar dit het Ek werklik nie onderrig nie, en `n dergelike handelswyse het in die verste verte nie te make met naasteliefde nie, wat Ek elkeen veral op die hart gedruk het. As jy egter nie die daadwerklike naasteliefde besit nie, dan is jy ver verwyderd van My ryk; want die suiwer geloof, sonder die werke van die liefde, is dood, en die een wat so `n geloof het, dus ook. Verander daarom jou handelswyse, anders sal daar weinig heil voortkom uit jou geloof in My!  

[3] Dat jy `n tollenaar is waarvan die tempeldienare sê dat julle voortdurend groot sondaars is, dit word jou nie deur My as sonde aangereken nie; maar dat jy die reisigers benadeel en van hulle `n hoër tarief eis as wat wetlik vasgestel is, is in stryd met die naasteliefde en is sodoende ook `n growwe sonde, wat vir geen enkele mens heil oplewer nie. Verander dus jou handelswyse, as jy `n goeie en vrugbare volgeling van My leer wil wees!”

[4] Die tollenaar sê nou baie verleë: “O Heer en Leraar, ek sien nou dat niks vir U oë verborge bly nie en ek sal my handelswyse daarom volkome verander! Ek dank U nou egter nogmaals opreg vir U vermaning.”

[5] Ek sê: “Maar vergoed ook die berokkende skade aan die arm mense, anders bou jy jou toekomstige naasteliefde op dryfsand!”

[6] Toe die tollenaar dit van My hoor, buig hy en sê: “Heer en Leraar, aan my wil daartoe sal dit nie ontbreek nie, maar wel aan die moontlikheid om dit uit te voer, aangesien ek die meeste van hulle nie ken en hulle nie kan terugbetaal wat ek af en toe teveel geëis het nie!”

[7] Ek sê: “Kry dan die ernstige wil daartoe, en doen wat jy kan, dan sal die wil jou as werk aangereken word! Daar is egter in die omgewing van Jerusalem nog genoeg arm mense wat so nou en dan hulp nodig het; doen goed aan hulle en bring hulle `n offer, dan sal jy jou onreg goedmaak!” 

[8] Na hierdie woorde van My buig die tollenaar nogmaals, beloof baie plegtig om My advies op te volg, en ons trek daarna verder.

[9] Halfpad op die pad na Bethanië sit `n blinde langs die pad en bedel. Hy het `n gids by hom, wat die blinde vertel dat Ek verbykom.

[10] Toe die blinde dit hoor, begin hy dadelik luidkeels te skreeu: “O Jesus van Nasaret, ware Heiland van die mense, help My, arme blinde!”

[11] Omdat hy so hard skreeu, bedreig My leerlinge hom; hulle verbied hom sy luide geskreeu en sê dat Ek hom ook wel sou kon help as hy nie so hard sal skreeu nie.

[12] Ek wys die leerlinge egter tereg en sê: “Waarom vererg julle julleself as hierdie blinde My om hulp vra? As julle las het van sy geskreeu, hou dan julle ore dig toe en laat hy My om hulp roep! Want as hy sou kon sien, sou hy nie so geskreeu het nie; maar omdat hy werklik volkome blind is, skreeu hy, sodat Ek hom verhoor wanneer sy geskreeu deur My gehoor word. Hy het nie vir julle om hulp geroep nie, maar slegs vir My, en dus gaan sy geskreeu julle ook niks aan nie, en julle mag julle nie daaroor vererg en die blinde bedreig nie!” 

[13] Toe word die leerlinge stil, en Ek loop na die blinde toe en sê: “Hier staan Ek voor jou. Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?”

[14] Die blinde sê: “O goeie Heiland, Heer en Leraar, gee My die lig in my oë terug; want ek het gehoor dat U alle blindes kan genees en siende kan maak! En daarom vra ek U dat U Uself nou ook oor My sal ontferm!”

[15] Ek sê: “Glo jy dan wel onwrikbaar vas dat Ek jou kan help?”

[16] Die blinde sê: “Ja, Heer en Leraar, slegs U kan My help as U dit wil!”

[17] Ek sê: “Wel nou, dan wil Ek dat jy weer sal sien! Maar Ek sê jou ook dat jy voortaan nie meer moet sondig nie; want as jy in jou ou sonde sou verval, sou jy ook weer blind word! Onthou dus goed wat Ek jou nou gesê het!”

[18] Die blinde beloof My dit plegtig, en daarop raak Ek sy oë met My vinger aan; op dieselfde oomblik was hy siende, en van louter vreugde daaroor weet hy geen raad nie, en hy bedank My met opgehewe hande, omdat Ek hom gehelp het. 

[19] Toe sê Ek egter vir hom: “Omdat jy siende geword het en verder nog `n kragtige mens is, moet jy opstaan van hierdie plek af en `n betrekking soek in een of ander huis en vir jouself jou daaglikse brood verdien; want ledigheid is steeds die aanleiding tot en die begin van allerlei sonde en ondeug!”

[20] Nou sê die blinde wat siende geword het: O goeie Heiland, Heer en Leraar! Ek sou nou baie graag wil dien en werk, as daar maar `n werkgewer sou wees! Ek en my gids hier sou wel baie graag werk as iemand ons in diens sou neem.” 

[21] Nou kom beide die herbergiers na vore en sê: “Gaan dan saam met ons, dan sal jy dadelik `n betrekking en werk hê; want ons is besitters van baie akkers, tuine, weidings en wingerde!”

[22] Toe die twee dit hoor, word hulle baie bly, staan op van hulle ou bedelplek af en trek baie welgemoed met ons verder na Bethanië, waar hulle `n hele dag goed versorg word.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205