Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 56

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die besondere plek van die aarde

56 Toe ons nog tussen die akkers en tuine naby in die omgewing van Bethanië rondwandel, bereik ons weldra die geliefde rusplek van Lasarus op `n klein heuwel om daar in die ope lug ietwat uit te rus, aangesien ons, met die besigtiging van die landerye van Lasarus, tog byna drie uur lopend deurgebring het. Daar kom één van die Romeine na My toe en vra: “Heer en Leraar, tot nou toe het ek maar net geluister en self geen woord gesê nie, en ek sê nou dat alles wat deur U, maar ook deur die merkwaardige engel gesê en uitgelê is en wat ons gesien het, My `n onweerlegbare bewys gegee het van U regstreekse aanwesige en persoonlike goddelikheid. Maar U het ons ook die sterrehemel verklaar en ons deur U goedheid en deur die almag van U heilige wil in `n sodanige toestand gebring dat ons die ander hemelliggame net so helder kon bekyk soos die velde van hierdie aarde nou met ons liggaamlike oë, en ons het oral mense aangetref en `n groot aantal ander skepsele. Ja, ons tref in die deur ons waargeneme ander hemelliggame selfs nog baie pragtiger lande en gebiede en mense en ander skepsele aan in `n eweneens baie hoër volmaaktheid, en dit is nie te beskryf hoeseer die skoonheid en groot reëlmaat in die vorm van hulle wonings wat hierdie aarde s`n oortref het nie. 

[2] Wel nou, toe ek my gedagtes daaroor laat gaan, kom die vraag in my hart op, hoe en om watter rede U, o Heer, juis op hierdie, en in alle opsigte skamel aarde hom beklee het met `n menslike liggaam soos die mens dit ook op hierdie aarde het, aangesien daar vir U, vir hierdie doel, tog tallose miljarde van die pragtigste en grootste sonwêrelde ter beskikking staan. Wil U nie vir ons ook daaroor nog enige, en vir ons Romeine `n begryplike, opheldering gee nie?”

[3] Ek sê: “O ja, - alhoewel Ek by die ontsluiering van die materiële skepping, met name by die beskrywing en duidelike verklaring van die ordening van die sonne in `n hulssfeer en daarna van die gehele groot Skeppingsmens, julle almal daarop gewys het hoe en waarom Ek juis op hierdie aarde en ook juis in hierdie tyd Myself met `n liggaam beklee het; maar ook as Ek dit vir julle opnuut sou uitlê, sal julle dit tog nie heeltemal tot op die bodem kan begryp nie, solank julle nog nie self in die gees wedergebore is nie. Maar desondanks sal Ek julle tog `n klein aanwysing daaroor gee, omdat Ek voorsien dat juis hierdie punt, onder die toekomstige filosowe en godgeleerdes, `n baie belangrike strydvraag kan en ook sal word. Luister dus nog `n keer na My!

[4] Die eintlike rede is natuurlik geleë in My wysheid en My wil. Dat elke mens net soos elke warmbloedige dier `n hart het, waar sy liggaamlike lewe van afhanklik is, sal julle almal goed weet, maar hoe die hart opgebou is, weet julle nie; Ek weet dit egter baie goed en weet daarom ook wat dit is waardeur die hart leef.

[5] In die hart is daar twee uiterste klein kamertjies, wat ooreenkom met beide die groot bloedkamers. Voor julle oë sou hierdie twee kamertjies byna as baie klein puntjies sigbaar wees. Hoe klein hierdie puntjies egter ookal mag wees, tog hang in die eerste plek, die lewe van die hart en daardeur ook die lewe van die hele liggaam en al die tallose dele en organe van die inrigting daarvan af.

[6] Die een, eerste, en as gevolg daarvan, allerbelangrikste kamertjie, kom ooreen met wat van die gees is en derhalwe van wat die eintlike lewe is, en ons sal dit die “bevestigende”, die “positiewe” en dus die ware noem. Die tweede, en in `n sekere sin minder belangrike, hoewel ook absoluut noodsaaklik vir die natuurlike lewe van die liggaam, sal ons met die materie ooreenkomstige, dus ook die “ontkennende” noem. Dit het op sigself geen lewe nie, maar is slegs `n opnamehouer van die lewe wat met elke nuwe hartslag uit die bevestigende kamertjie as`t ware opnuut opneem en dit vervolgens via die bloed aan die hele liggaam meedeel.

[7] Uit die maklike te verstane beeld kan julle nou goed aflei van watter aard die hart in sy bestaansgrond is en moet wees, om aan die hele liggaam lewe te kan verskaf. Dat die hart bowendien nog `n baie uitgebreide, buitengewone kunstige en uiterste wyse organiese-meganiese werking het en moet hê vir die verdere oordra van die lewe wat daarin ontwikkel, dit spreek ook sonder verdere verklaring vanself; want wanneer iets verder gebring moet word, moet vir die doel ook goeie gebaande weë bestaan en die middele om dit oor te bring moet aanwesig wees. Vir die beligting van ons onderwerp, het ons egter vernaamlik alleen die twee kamertjies nodig, en daarvan eintlik alleen die bevestigende positiewe kamertjie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205