Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Lasarus vertel sy ervaringe aan die Heer

6 Toe die goeie versadigde Fariseërs Lasarus in die oog kry, druk hulle almal hulle vreugde uit oor die feit dat hy nou ongeroep by hulle aangekom het.

[2] Lasarus begroet hulle ook, en sê: “Dit doen my baie genoeë dat julle julle op hierdie plek, wat julle vervloek het, tog so goed voel! En aangesien, tot groot vreugde van my hart, alles wat julle hier in die geslote kring bespreek het, aan my bekend is, dink ek dat julle, wat werklik wyse manne is, nou geen gebruik sal maak van julle banvloek oor my besitting nie?”

[3] Die eerste spreker sê: “Verseker nie; maar hoe - by Moses! - kon jy deur geslote deure en vensters hoor wat ons so saggies as moontlik onder mekaar gespreek het? Vertel ons die inhoud van ons gesprekke, anders moet ons glo dat jy hier die draak met ons wil steek!”

[4] Hier besweer Lasarus hulle dat hy nooit so iets sou doen nie, en hy herhaal daarop woord vir woord alles wat hulle voorheen met mekaar bespreek het.

[5] Toe die Fariseërs dit hoor, sê die eerste weer: “Maar hoe - by alle sterre van die hemel! - het jy dit agtergekom?”

[6] Lasarus sê: “Julle het tog self met julle eie woorde gesê dat daar in die wêreld mense bestaan wat seldsame vermoëns besit! Waarom sou God byvoorbeeld ook aan my nie `n enkele seldsame gawe geskenk het nie? Maar ek kan julle nog iets baie belangriker sê, en dit is dat julle as gevolg van julle insig en spraak baie naby die ryk van God is, as die slegte lug van die tempel julle nie daarin sal hinder nie. In die besonder dui ek egter daarmee op julle teenpleiter, met wie julle uiteindelik self op alle punte instem, net soos ook al die ander, vandaar dat julle almal nou tot my werklike baie groot vreugde met hierdie wel baie agtenswaardige teenpleiter op één en dieselfde punt staan; want manne van julle soort sal daar nou nie meer baie in die tempel wees nie. Daarom sê ek aan julle, as julle ou en ware vriend, dat julle nou nader aan die ryk van God staan as wat julle vermoed!”

[7] Nou sê die tweede spreker: “Beste vriend, verklaar jouself van naderby! Wat wil jy daarmee vir ons sê? Hoe sou en kan ons nou nader aan die ryk van God wees as wat ons kan vermoed? Moet ons dalk hier sterf? Het jy dalk gif in ons wyn gegooi?”

[8] Lasarus sê: “Hoe kan julle as werklik verstandige mense ook maar so iets dink! Ek wil dadelik uit julle bekers drink om te bewys hoe onwaar die gedagte is; julle sal nog lank genoeg op hierdie aarde moet lewe! Alleen met julle kennis sal julle naby die ryk van God kom en met julle geheim gehoue geloof, maar nie met julle aardse lewe nie!”

[9] Die eerste Fariseër sê: “Wat verstaan jy dan onder die ryk van God ?”

[10] Lasarus sê: Niks anders as dat julle in julle gemoed die korrekte kennis van God besit nie! As julle Hom, wat julle tot nou toe vervolg het, bowendien ook nog sou aanneem as Die Een wat Hy in waarheid is, dan sal julle al volledig in die ryk van God wees, wat vol lig is! Begryp julle nou wat ek wou sê met: Julle het nader aan die ryk van God gekom, as wat julle kan vermoed het?”

[11] Daarop sê die eerste spreker weer: “Nou, dit is goed dat jy die onderwerp aanraak! Dat jy jou baie met die wonderbare Galileër opgehou het, weet ons al `n geruime tyd, en ons het julle dit, waar of onwaar, ook goed te kenne gegee. Dit is vir ons niks nuuts nie. Maar aangesien jy die man sekerlik beter ken as ons en ons nou hopelik weer goeie vriende geword het, omdat jy deur jou gawe, wat aan ons voorheen onbekend was, jou daarvan oortuig het hoe ons eintlik daaroor dink, is dit nou miskien die beste oomblik dat jy ons die man van naderby laat leer ken. Jy hoef ons daarvoor gladnie te sê waar hy Hom op hierdie oomblik ophou nie, omdat ons van die belaglike besluit van die tempel tog nooit meer gebruik wil en sal maak nie; en ook hoef ons die Galileër nie van naderby te leer ken vanweë die geslepe tempelpriesters nie, maar alleen ter wille van onsself; daarom kan jy nou wel baie openlik met ons oor Hom spreek!”

[12] Daarop sê Lasarus: “Hoe en waar Hy gebore is, en wat daar by Sy geboorte alles voorgeval het toe die ou, boosaardige Herodus dertig jaar gelede in Bethlehem so baie onskuldige jong seuntjies van één tot twee jaar oud laat vermoor het, omdat die drie wyses uit die ver Moreland, deur `n ster hierheen gelei is, hom gesê het dat daar in Bethlehem onder die Judeërs `n nuwe koning gebore was, dit weet julle almal netso goed as ek; maar julle weet nie dat die nuut gebore koning van die Judeërs deur goddelike Voorsienigheid en beskikking nie in die hande van die wrede Herodus geval het nie, maar deur God se hulp, en deur bemiddeling van die toe nog jong Romeinse hoofman, Cornelius, veilig en wel na Egipte en - na my wete – na die ou stad Ostrasine ontsnap het, en eers toe die ou Herodus drie jaar later, opgevreet deur die luise, gesterwe het, behoue en wel in die omgewing van Nasaret teruggekeer het en daar in stille afsondering sonder enige noemenswaardige onderrig opgegroei en `n volwasse man geword het.

[13] Toe Hy twaalf jaar oud was, het Hy met Sy aardse ouers vir die voorgeskrewe jongelingseksamens na Jerusalem gegaan, bly drie volle dae in die tempel en bring deur Sy antwoorde en vrae, alle oudstes, Skrifgeleerdes en Fariseërs in opperste verbasing, wat my vader, wat self vanweë die armoede van Sy ouers die taamlike hoë eksamengeld vir Hom betaal het, my vertel het.

[14] Ook dit sal die oueres onder julle hulle nog seker onthou, alhoewel nie die feit dat Hy aan die woede van Herodus ontsnap het en na drie jaar weer uit Egipte na Nasaret teruggekeer het nie.

[15] En kyk, die man wat nou sulke groot werke doen, slegs deur die suiwer goddelike mag van Sy wil en Sy woord, is presies dieselfde as wat dertig jaar gelede in Bethlehem gebore is, en koning van die Judeërs is en presies dieselfde as die wyse jongman, wat twintig jaar gelede die hele tempel in opperste verbasing gebring het!

[16] Nou weet julle met Wie julle in die persoon van die buitengewone Galileër te doen het en dit is sekerlik ook nodig, om `n gunstige oordeel oor Hom te kan vel.

[17] Wat Hy egter nou doen, weet julle vir `n deel, maar julle beskou die meeste van wat julle oor Hom, Sy onderrig en dade vertel word, vir meer as die helfte as fabels en oordrywing van die volk, wat aan Hom hang en aan Hom glo - en daar vergis julle julleself baie erg!

[18] Ek is waarlik, soos julle My ook goed ken, `n man wat nie `n kat in die sak sal koop nie! Ek het myself daarom ook baie noukeurig gedurende lang tye en op verskillende plekke daarvan oortuig, wat se persoon hierdie Man nou eintlik was. En sien, hoewel ek tog ook goed tuis is in die Skrif, het ek nooit iets verdag aan Hom gevind nie, terwyl dit met die skreeuerige magiërs so dikwels die geval was.

[19] Sy leringe is geheel en al die van Moses en die profete, en Sy wonderwerke doen Hy slegs waar dit nodig is, en Hy laat hulle nooit iets daarvoor betaal nie. Kortom, Sy kragtige woord is die suiwerste Woord van God, Sy wysheid God se Wysheid, en Sy dade is eweneens suiwer God se dade, omdat geen mens in staat is om dit te doen nie.

[20] Toe ek meer as `n halfjaar gelede met Hom en Sy destyds baie leerlinge na Bethlehem getrek het, tref ons daar voor die poorte van die ou stad van Dawid `n groot aantal bedelaars aan, omdat daar `n fees gehou was. Hierdie arm mense van beide geslagte smeek ons onder luide gejammer om `n aalmoes. Die geheel mismaakte mense, sonder hande en sommiges ook sonder voete, roep die allerhardste en ek wou hulle dan ook volgens my vermoë uithelp.

[21] Hy gee My egter te verstane dat daar nog tyd genoeg daarvoor was, en vra vervolgens aan die arm mense, as hulle volledig gesond sou wees en hulle ledemate weer sou hê, hulle nie liewer met die werk van hulle hande die noodsaaklike brood sou wil verdien nie. Almal betuig dit so, as dit moontlik sou wees om liewer dag en nag te werk as ook maar één oomblik langer om aalmoese te vra. Daarop sê Hy: “Staan op en loop en soek werk!” Op dié woord was almal oombliklik van hulle uiteenlopende kwale genees. Die blindes kon sien, die dowes en stommes hoor en praat, die verlamdes spring op soos jong bokkies, en die mismaaktes sonder hande en voete kry - nota bene - duidelik nuwe ledemate, en dit alles was die werk van één enkele oomblik! Ek het vervolgens al die wonderbaarlik geneesde mense by my in diens geneem, het hulle dadelik geld en hulle aanwysings gegee, waar hulle heen moes gaan.

[22] Wanneer mens self getuie gewees het van so `n daad en van nog honderde ander, waarvan mens nie eens meer kan sê: “Kyk hierdie was groter en gedenkwaardiger as die ander, wanneer mens gesien het dat ook alle diere, alle elemente, die hele natuur, selfs die son, die maan en die sterre en die seë van die aarde net soos die berge aan Sy wil gehoorsaam, en Hyself sê: “Ek en die Vader in die hemel is één! Wie My sien, sien ook die Vader. Wie in My glo, sal die ewige lewe hê, want Ek self is die Waarheid, die Weg en die Lewe!”, dan kan mens met sy gesonde sintuie en sy gesonde verstand tog nie meer daaraan twyfel dat dit is soos wat Hy ook leer, en soos sedert Adam ook alle vaders, patriarge en profete van Hom voorspel en onderrig het.

[23] Ek glo nou volkome en onwankelbaar in Hom en durf dit ook teenoor die hele wêreld hardop te beken, omdat ek my onomstootlike redes daarvoor het; en ander kan egter doen wat hulle wil! Nou weet julle in kort en in die volle waarheid die belangrikste wat die groot Galileër betref. Oordeel julle nou self wat julle van Hom moet dink en glo!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205