Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Lasarus kapittel die laksheid van die Fariseërs

7 Die tweede, goeie spreker sê: “Ja, vriend Lasarus, daarin kan ek jou beslis geen ongelyk gee nie; want as ek in jou plek was, sou ek ook gedoen het wat jy gedoen het! Maar die dinge kan ek eerder geheim hou, net soos elke ander beter oortuiging, omdat ek in my posisie nie openlik teen die slegte stroom van die wêreld kan inswem nie. Jy is egter baie ryk en deur jou Romeinse burgerreg heeltemal `n vry man en kan net soveel goed doen as wat jy maar wil. Niemand kan jou dwarsboom nie! Hoe dit egter met ons tempelnarre gaan, dit weet jy goed! Daarom kan ons die waarheid slegs in stilte toegedaan wees: In die openbaar is ons egter genoodsaak om leuens te vertel. Dat dit nou in hierdie leuenagtige tyd so gestel is met ons, ons wat nog uit die ouer en beter tyd afstam en die waarheid vir onsself goed begryp, dit weet jy net so goed soos ons.

[2] Ek glo nou wat jy glo en dit is so en sal nooit anders wees nie, aangesien te sterk en onloënbare bewyse van allerlei aard maar te veel daaroor spreek en getuig; openlik kan ons egter nog niks vir hierdie saak doen nie, behalwe dat ons in die raad nóg vir, nóg teen sal wees, en onsself kategories van elke stemming sal onthou en by `n goeie geleentheid duidelik sal maak dat in hierdie situasie elke poging tot vervolging heeltemal tevergeefs is. En ek glo dat ons daardeur, alhoewel nie dadelik `n bevorderlike, tog geen belemmerende invloed op die goeie saak sal hê nie, en dit kan ten slotte ook nie as geheel en al sleg beskou word nie! Wat is jou mening daaroor, vriend Lasarus?”

[3] Lasarus sê: “Vriend, eerlik gesê, wanneer mens in homself volledig oortuig is van so `n groot, en al die sonlig oortreffende waarheid, maar nie aandurf om dit voor die oë van die wêreld openlik ten gunste van die waarheid uit te spreek nie - ongeag die posisie wat mens in hierdie wêreld inneem - dan is mens daarin te vergelyk met `n mens wat nie koud en ook nie warm is nie. As ek nou dink en volgens die sterkste en mees onweerlegbare bewyse gelowig moet beken: “Dit is die Heer Self, deur Wie se liefde, barmhartigheid en wil ek leef.” - soos ook alle profete oor Hom voorspel het - dan beteken Hy net alles vir My en die hele wêreld en die hele tempel niks meer nie! Hy het nou vervul wat Hy beloof het; Hy, wat op Sinai aan Moses en aan ons vaders die gebooie gegee het, is nou liggaamlik onder ons en toon ons deur woorde en dade dat Hy dit is, die ewige getroue, waaragtige JaHWeH. Hoe is dit vir `n mens nog moontlik om homself by so `n belangrike lewensaak lou te gedra?

[4] Ek sou in julle plek, aangesien julle insien dat die tempel, soos dit ook nou daar saamgestel is, dit nie lank meer sal uithou nie, my vermoë neem en trag om `n ware lewensleerling van die Heer te word. Van nou af aan kan julle in die tempel nie meer baie wen vir julle aardse lewe nie, omdat die offers, om begryplike redes wat aan julle bekend is, van jaar tot jaar kariger word. Bowendien is julle langsamerhand aan die einde van julle aardse lewensjare en moet julle vir julleself sê: Met ons sal dit op hierdie wêreld waarskynlik nie al te lank meer duur nie! En wat dan?

[5] Oor die lewe aan ander kant het julle volgens my beste wete wel vermoedens, maar nog lank geen sekerheid nie. Die Heer, wat nou onbegryplikerwys Self as mens onder ons verkeer, sou julle die lewe aan ander kant kan toon en julle verseker van die toekomstige lewe, en dit sou vir julle tog seker die grootste lewenswins wees! Wat dink julle daarvan?”

[6] Die eerste spreker sê: “Ja ja vriend, jy het baie goed gespreek, en met die Galileër sal dit ook wel so gestel wees; maar mens moet ook daaroor nadink hoe mens homself op `n goeie manier van die tempel kan vrymaak, sonder dat dit die orige ampsgenote opval. As ons nie die oudstes van die tempel was nie, kon ons die tempel onder een of ander voorwendsel verlaat, byvoorbeeld om as Judese apostels heidene tot die Judeërdom te bekeer; maar ons is al te oud daarvoor en beklee die vernaamste posisies in die tempel, en daarom is dit `n moeilike saak.

[7] Ons sou ons wel met pensioen kan laat stuur teen betaling van `n tiende deel van ons vermoëns, maar daardeur sou ons die goeie saak van die verhewe Galileër meer skaad as goed doen; want as ons ons poste in die tempel verlaat, sal dit weldra beset word deur ander, wat al beslis daarna loer. Die plaasvervangers sou as nuwe besems die goeie saak van die Galileër verseker nog baie kere woedender tegemoet tree as ons, wat nou via jou weet, wat ons ten minste vir onsself van Hom moet dink.

[8] Ons kan nou in die Hoë Raad matigend werk vir die Galileër en so menige belemmerings by sy verhewe leraarskap vir hom uit die weg ruim, omdat ons as oudstes van die tempel tog wel `n groot invloed op die hoëpriester het, wat vir sy omgewing `n ware tiran is. By `n goeie geleentheid kan ons hom ook baie buitengewone dinge vertel en hom laat sien, wie die Galileër is, wat so deur hom gehaat word, en dat dit waansin is om homself, as `n swakke mens, op te stel teenoor iemand wie se wil in staat is om `n hele wêreld en één oomblik te vernietig.

[9] Wanneer ons dit duidelik vir die hoëpriester voor oë sal hou, sal hy sekerlik in sy woeste ywer afkoel en nie aanhoudend dag en nag beraadslaag, hoe die Galileër met sy hele aanhang gegryp en ten gronde gerig kan word nie. Ons sal dan vir onsself wel `n geleentheid vind om voortaan as ware vriende en aanhangers van die Galileër op die een of ander manier persoonlik met hom saam te kom en ons deur hom te laat onderrig. Ek dink dat hierdie opvatting van My ook die moeite word is!”

[10] Lasarus sê: “O, beslis; maar vir julle self is daarby, eerlik gesê, nog weinig heil te verwag! Wat julle van nou af aan ten gunste van Sy taak in die tempel wil doen, het `n goeie menslike bedoeling; maar as julle dink dat Hy, wat julle nog steeds die beroemde Galileër noem, waarlik die Heer self is, aan wie alle Mag en Wysheid ten dienste staan, moet dit vir julle tog duidelik wees hoe onnosel en sinloos die gedagte is en hoe dom die inbeelding van die mens, om in sy sterflike swakheid en blindheid deur middel van `n advies of daad vir God te wil help. Hy het ons hulp ewig nie nodig nie, maar ons alleen die van Hom!

[11] Wanneer Hy ons mense in Sy Naam goeie dinge laat doen, dan gebeur dit alleen vanweë ons eie heil; want daardeur oefen ons onsself in die ware en lewende liefde tot God en van daaruit tot die naaste. Hoe meer iemand egter in sy hart in die liefde tot God en die naaste gegroei het, des te meer vermoëns sal hy van God ontvang om Hom en die naaste steeds meer en meer te kan liefhê!

[12] Maar daarvoor het God ons werksaamheid nie nodig nie, soos wat ons mense byvoorbeeld die werksaamheid van ons knegte en diensmaagde nodig het; maar as ons volgens Sy raad en volgens Sy leer werksaam is, is ons dit maar net tot ons eie heil, egter ewig nooit tot heil van die Heer nie, wat Self die ewige heil van alle skepsele is.

[13] Dat dit met hierdie saak so en nie anders gestel is nie, sal julle self nou goed kan insien, dit wil sê as julle in julle beroemde Galileër dit sien en herken wat ek al lankal gesien en herken het, naamlik dat Hy JaHWeH Self is.

[14] Beskou julle Hom egter nog steeds maar net as `n buitengewone mens, wat by al sy wonderbaarlike vermoëns nietemin ook nog af en toe die hulp van mense nodig het, dan is dit wat julle vir Hom wil doen, beslis prysenswaardig; want die naasteliefde gebied ons dat ons mense mekaar oor en weer met raad en daad bystaan.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205