Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 70

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Oor die natuurwetenskaplike inhoud van die sesde en sewende boek van Moses. Die ouderdom van die aarde.

70 Ek sê: “Luister, My Markus, vir wie Ek baie lief geword het! Ek het julle al baie gesê en getoon en Ek sal julle dit ook nog sê en toon; maar alles wat Ek julle nou gesê en getoon het, sal nie verder reik as julle eerste nageslag nie, omdat die wêreldse mens dit nie sal opneem, nie sal begryp en derhalwe ook nie sal glo nie. Jy het wel `n baie goeie rede aangevoer, waarom dit deur jou verlangde verklaring oor die dinge en lewensomstandighede van hierdie aarde spesiaal noodsaaklik skyn te wees om die mens vaster in My leer te bring in geloof. Maar Ek het julle ook gesê dat die gees alle dinge wat daar in My skepping voorkom, sal openbaar aan elkeen, wat in die gees wedergebore word. Die een aan wie die Gees dit sal openbaar, sal dan ook in die ware lig werklik ten volle begryp hoe dit gestel is met alle dinge wat vir jou nou nog so onbegryplik toeskyn.

[2] Wat Ek julle nou hier mondelings oor sal spreek, sal julle wel van My aanneem, omdat Ek dit vir julle sê; maar die volledige diepgang daarvan sal julle ook nie begryp nie, en nog minder sal julle in staat wees om die ander, nou in die gees nog volkome blinde mense, `n ware begrip daarvan by te bring. En daarom sal die mens nog lank moet wag tot alle sogenaamde belangrike vrae op sodanige wyse vir hulle beantwoord kan word, dat hulle dit kan verstaan.

[3] Kyk, die Israeliete was eenmaal die mees verligte volk op aarde, afgesien van die feit dat Moses hulle alles self deur die mond van sy broeder Aäron in twee agterna toegevoegde boeke verklaar het; nou het dit ook met hulle sover gekom dat hulle van alle dergelike prehistoriese dinge absoluut niks meer geweet en verstaan het nie. Alles wat hulle maar aan dergelike oorblyfsels gevind het, het hulle `n gevolg van die sondvloed van Noag genoem, wat nie meer deur hulle verstaan was nie. En as julle hulle iets anders geleer het, sou hulle jou as `n ketter vervloek het!

[4] Julle heidene het in julle godeleer `n mite van twee groot oorstrominge van die aarde en skryf in die eerste instansie die oorsaak van die verskynsel daaraan toe, en die volk glo vas daaraan. As jy die mense nou die waarheid sê, sal hulle julle uitlag en in die gunstigste geval sê: “Ag, wie kan dit weet? Slegs die gode weet dit!” Wat kan julle hulle dan antwoord? Kyk, daarom sal die mens eers in staat wees om die soort waarhede in te neem, wanneer hy ten eerste bedrewe sal wees in allerlei wetenskappe en, ten tweede, as hulle gewekte gees dit aan hulle sal openbaar!

[5] Maar aan julle sal Ek nou wel etlike aanwysings gee oor hoe dit met hierdie dinge gestel is, hoewel Ek maar al te goed weet dat julle dit nie alles met julle huidige begripsvermoë sal kan opneem nie, in die eerste plek omdat dit julle ontbreek aan die begrip van buitengewone groot getalle, en in die tweede plek omdat julle van die sterre en hulle grootte, afstande en bewegings nou maar net weet en glo wat Ek julle daaroor vertel het; maar dit bly ook by julle slegs uiterlike kennis, totdat dit in julle gees as `n selfstandige en self geskape verligtende waarheid sal vorm aanneem. 

[6] Dat hierdie aarde `n dermate hoë leeftyd het dat julle die aantal jare wat dit bestaan, nie kan begryp nie, ook al sou Ek dit aan julle meedeel, het Ek julle al op die Olyfberg laat sien. Maar om kort te wees: As hemelliggaam bestaan die aarde vir julle begrippe al byna oneindig lank en het baie veranderinge op haar oppervlak moes ondergaan totdat sy haar huidige gedaante aangeneem het. Vuur, water, aardbewings en ander groot storms, veral in haar oertyd, was die handlangers wat volgens My wil dit van haar gemaak het wat sy nou is. En sodat haar voortbestaan nog geskikter kan word vir die tydelike voed van nog baie meer mense en ander skepsele, moet vuur, oorstrominge, aardbewinge en klein en groot storms nog steeds in haar woed, en op haar en bo haar werksaam wees, na gelang dit nodig is.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205