Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 74

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die sielsontwikkeling van die pre-mense

74 Markus sê, vol verbasing: “Heer en Leraar van die ewigheid! Ek en hopelik ook al die ander het U benaderde uitleg goed begryp, maar van `n deurdringende volledige begrip kan by ons nog geen sprake wees nie, omdat dit by ons ontbreek waarop U ons Self gewys het. Maar ons het in onsself tog in soverre `n helderheid verkry dat ons ten eerste nou weet wat ons moet dink van die oorblyfsel, wat in die diepte van die aarde gevind is, en hoe dit deur die veelvuldige periodieke veranderings prosesse van die aarde en die daaropvolgende heen en weer gaande beweging van die see op sulke diepgeleë plekke beland het, en ten tweede het, altans ek, verstaan wat die groot profeet Moses met sy ses skeppingsdae op so `n verborge wyse aangedui het. En dit is vir ons voorlopig voldoende, en ons kan nou rustig wag totdat ons deur ons eie geestelike vervolmaking meer sal verneem. Maar ek begryp ook dat dit `n leer vir slegs weiniges is en ook sal bly. 

[2] Ten minste één vraag het daar nog by my oorgebly, en U o Heer en Leraar, wees U so barmhartig dat ek U nog één keer daarmee mag lastig val!”

[3] Ek sê: “Julle weet tog dat Ek graag na jou luister; jy kan dit dus gerus vra!”

[4] Die Romein Markus sê: “Heer en Leraar! Hoewel die genoemde pre-mense slegs met `n instinkagtige intelligensie en maar weinig vrye wil begiftig was, het hulle tog ook siele gehad wat as sodanig nie sterflik nie, maar miskien wel veranderlik kon wees. Hoe is dit nou met hierdie siele gesteld? Waar en wat is hulle nou in hierdie sesde periode van die aarde, en wat sal daar tog verder nog van hulle word? Mens sou natuurlik kan sê dat hierdie vraag te ver gaan en verwerplik is; maar omdat ek nog steeds `n weetgierige Romein en geen slaperige Judeër is nie, vra ek U om my hierdie vraag ook nog ten goede te hou en my `n kort antwoord daarop te gee!”

[5] Ek sê: “O ja, waarom sou Ek dit nie doen nie? Ons het immers nog tyd genoeg daarvoor, julle kan dus rustig na My luister! Kyk! As selfs die siele van klip, plante en diere voortlewe en in die toestand, waarin hulle vry is van die materie, laat ons sê, al in menslike siele kan oorgaan deur hulle met mekaar te verenig, en vervolgens in die liggaam van `n mens tot ware mens kan word, dan sal die siele van die pre-mense tog ook `n verdere lewe hê, soos ook die siele van die mense van alle ander wêrelde in die eindelose skeppingsruimte vir ewig voortlewe. 

[6] As siele, wat verder in die geesteryk lewe, word hulle op een of ander groot hemelliggaam, dit wil sê op `n plek wat geestelik daarmee ooreenstem, tot diepere kennis gebring oor God en Sy Mag en Wysheid, en so lewe hulle ook baie salig verder en kan ook steeds saliger word. Maar dit sou sinneloos wees om julle ook nog te vertel waar daar in hierdie hulssfeer so `n dergelike groot hemelliggaam is, omdat julle so `n hemelliggaam nie sou kon waarneem met julle sintuie nie, en daar sou gedurende julle liggaamlike lewe ook geen sprake daarvan kan wees dat julle julleself daarvan kan oortuig of dit inderdaad daar so uitsien soos wat Ek julle sou beskryf het nie, solank julle nie volledig in julle gees wedergebore is nie; tot dan moet julle julleself dus tevrede stel met dit wat Ek vir julle sê: - in die huis van My Vader is baie wonings! Wanneer julle eenmaal in My ryk is, sal alles vir julle duidelik word. - Het julle My verstaan?”

[7] Markus sê: “O ja, Heer en Leraar! Maar nou het ek nog iets, want van die één kom die ander!

[8] Was in die tyd van die pre-mense op hierdie aarde ook al die bepaalde lewenskamertjie in die hart van die Groot Skeppings­mens?”

[9] Ek sê: “Indien nie volledig in die handelende werklikheid nie, maar tog in die bestemming daartoe; want `n ander planeet was handelend in die prehistoriese tyd. Die mense daarvan het egter te veel tot die grootste hoogmoed en `n totale godvergetenheid verval, en diegene wat nog in `n God geglo het, het geen ag op Hom geslaan nie, het Hom getrotseer en gepoog om Hom in hulle blindheid so te sê van Sy troon van ewige mag te stoot. Hulle het Hom gesoek, en slegte wysgere sê vir hulle dat God in die sentrum van hulle aarde (planeet) gewoon het; en dat `n mens myngange daarheen sou moes grawe en Hom daar gevange neem. Hulle het dan ook ontsettende diep gate in die aarde gegrawe, waarby daar baie omgekom het.

[10] Wanneer Ek hulle boodskappers gestuur en hulle gewaarsku het, dan word hulle steeds gewurg, en die mense verbeter nie hulle lewens nie. En kyk, toe laat Ek toe dat die aarde van binne-af in baie stukke uiteengeruk word! Dit het nou aan die begin van die sesde periode van hierdie aarde gebeur, en hierdie aarde word toe die lewenskamertjie. Waar hierdie aarde (planeet) homself bevind, eweneens in `n baan om hierdie son, daarop sal ons nog ietwat van naderby ingaan. Maar laat jy, Lasarus, nuwe wyn bring; daarna praat ons verder!” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205