Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 75

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die drink van wyn. Die uiteensetting oor die vernietigde hemelliggaam

75 Lasarus gaan nou met enkele dienare nuwe wyn haal, wat besonder goed smaak. Hiermee word die bekers opnuut gevul; ons drink almal daarvan en ons hele liggaam word daardeur versterk; almal word baie opgewek en prys My, omdat Ek sulke goeie en versterkende dinge op hierdie aarde geplaas had.

[2] Maar Ek sê: “Ja, ja, `n dergelike wyn is `n versterkende drank, maar alleen wanneer dit met mate en op sy tyd gedrink word! Maar vir die een wat onmatig is by die drink van wyn en hulle vergryp, is dit dan geen versterkende drank nie, maar `n drank wat sy hele wese verswak. Drink hierdie drank daarom altyd matig in My Naam, dan sal dit julle ook versterk vir die ewige lewe van die siel; in die oormatige gebruik van hierdie drank skuil egter die bose gees van geilheid en ontug. Hierdie gees wek die siel nie tot lewe nie, maar maak haar dood vir die ware lewensgees uit die hemele en maak die geestelike wedergeboorte van die siel in die gees uit die hemele nagenoeg onmoontlik op hierdie aarde. Onthou julle dit ook!”

[3] Ek sê dit op hierdie oomblik egter nie net ter wille van die waarheid nie, aangesien Ek dit al lankal gesê het, maar omdat Judas Iskariot te groot slukke neem en op die punt staan om dronk te word. Hy merk dit wel en staan op van die tafel, gaan na buite en besigtig die stadjie Bethanië.

[4] Toe hy buite was, sê die leerling Andreas: “Ek is egter bly dat die aaklige man weggegaan het; want hy kom my sedert enige tyd steeds verdagter voor, en U leringe en groot tekens maak op hom geen indruk nie. Hy wen dus niks daarby nie en tog wil hy ons nie verlaat nie! As Ek, o Heer, U mag gehad het, sou hy al lankal nie meer in ons geselskap gewees het nie!”

[5] Ek sê: “Maar hy het ook `n vrye wil, en derhalwe kan hy ook bly of gaan, hoe en wanneer hy wil. En julle het gesien dat Ek selfs die duiwels ooreenkomstig hulle wil toestaan om in die varke te vaar, en so staan Ek ook hierdie mens, wat onder julle ook `n duiwel is, toe om te bly of te gaan; want wat My betref is elke mens en gees volkome vry. Maar elkeen sorg deur sy handeling ook vir sy eie loon. Of hy `n engel wil word of `n duiwel, dit staan elkeen vry. Maar laat ons nou daaroor ophou, want ons het nog baie te sê oor ander dinge!

[6] By die begin van die sesde periode het ons gesien dat daar `n planeet van binne-af vernietig word, en dat hierdie aarde met Adam die lewenskamertjie in die Groot Skeppingsmens word. Ek sal julle nou die toestand van die vernietigde wêreld laat sien, en wel soos dit ook vroeër was, asook hoe dit nou daaruit sien; en daarna sal Ek julle ook laat sien in watter verhouding hierdie aarde staan tot die Groot Mens, dit wil sê alleen in geestelike opsig, maar nie in die materiële werklikheid nie. Aangesien so iets egter met woorde alleen, sonder `n sintuiglike waarneembare beeld nie aan julle getoon kan word nie, sal Ek julle nou deur My wil die son met al haar planete op klein skaal laat sien, dan sal julle by die bekyk van die beeld My woorde weldra maklik begryp; let nou dus almal goed op!”

[7] Toe Ek dit gesê het, ontstaan daar in die vrye lugruimte `n bal met `n deursnee van `n hand breedte; dit stel die son voor. In `n so goed moontlike weergegewe verhouding in die hoedanigheid van grootte en afstand - maar die saalruimte was natuurlik te klein om hulle heeltemal in hulle korrekte onderlinge verhouding weer te gee - word ook alle planete met hulle mane weergegee, en wel soos hulle ook was, toe die vernietigde planeet met sy vier mane nog nie aan die begin van die sesde periode vernietig was nie. Ek verklaar aan almal die posisies van die planete, noem hulle name, sowel in die Judese as in die Griekse taal, en hulle sien die planeet waar dit nou tussen Mars en Jupiter sweef en met sy vier mane daaromheen sirkel. In die hoedanigheid van grootte lyk hy baie soos Jupiter, hy het slegs meer vasteland as Jupiter en ook `n hoër dampkring bo hom en `n groter inklinasie* en daarom ook `n skuinser baan om die son.  *(poolneiging: die hoek wat die hemelliggaam maak met die eklips)

[8] Toe almal dit nou goed begryp het, sê Ek verder: “Kyk, so was die ordening ongeveer vierduisend jaar gelede, gereken vanaf nou. Toe vind die vernietiging van hierdie planeet egter plaas, waaroor Ek julle vertel het. Hoe en waarom dit plaasgevind het, het Ek julle al gesê. Maar kyk nou, hoe die planeet daar uitsien nadat die vernietiging plaasgevind het!”

[9] Almal kyk nou na die planeet, wat nou in baie groot stukke uiteenval. Slegs die vier mane bly oor; maar omdat hulle hulle sentrale hemelliggaam kwyt was, raak hulle orde versteur en verwyder hulle hulleself meer en meer van mekaar, reeds omdat hulle `n ekstra stoot deur die oopbars van die sentrale planeet gekry het.

[10] Die stukke van die planeet val verder uiteen in die baie breë ruimte tussen die bane van Mars en Jupiter. `n Groot aantal kleinere brokstukke verdwyn ook via beide bane, en sommiges val op Jupiter, sommige op Mars, en enkeles selfs op hierdie aarde, op Venus, op Mercurius en ook op die son.

[11] (Die Heer:) “En selfs die mense wat, wat hulle liggame aanbetref, reusagtig groot was, word by die bars van die planeet in groot aantalle in die vrye ruimte ingewerp, net soos ook die ander skepsele. Sommige verdroogde lyke swewe nog rond in die wilde eterruimte, ander sit en lê dood en heeltemal verdroog in hulle huise, wat nog op die groter brokstukke van die planeet bestaan; enkele van die lyke het selfs ook op hierdie aarde geval, waar hulle egter reeds na enkele honderde jare ontbind, en so gebeur dit ook op ander planete. 

[12] Die groot seë van hierdie planeet verdeel hulleself met die bars, saam met hulle bewoners van allerlei soorte, eweneens in groter en kleinere druppels, waarvan enkeles `n deursneë van baie ure het, wat ook die vaste aardbodem in hulleself dra en ook nog deur sommige diere bewoon word. Op die vier mane lewe nog die vroeëre skepsele, slegs in `n reeds meer verkrummelde toestand, soos dit ook die geval is op die enkele baie groot stukke wat oorgebly het, maar in `n nog meer verkrummelde toestand; op die kleiner brokstukke heers egter geen organiese lewe nie, behalwe die van die verwering en langsame ontbinding.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205