Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 78

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die belang van `n voorbeeld

78 Markus, die Romein, en ook Agricola sê eenparig: “Heer en Leraar, ons het U goed begryp en ons sien ook in dat die wegvee van die genoemde newel van liefde vir die wêreld by elke mens `n absolute noodsaaklike voorwaarde moet wees, omdat hy andersins nooit waaragtig en werklik in homself oortuig U ryk sal kan binnegaan nie; maar ons meen dat die newel van wêreldse liefde, wat so vashou en op sy plek bly tussen die gesigsvermoë van die siel en die ryk van God, wel baie moeilik weggevee kan word, en wel om buitengewone baie redes.

[2] Die aarde met haar tallose baie verskillende bekoorlikhede tot vermaak is en bly vir die jonger, liggaamlik gesonde en vir die mense wat goed van die nodige lewensbehoeftes voorsien is, nou eenmaal seker een van die groter bekorings, omdat so `n mens geen floue vermoede het van die innerlike heerlikheid van die ryk van God wat nog maar nouliks in hom ontkiem het, en dat deur sy wêreldse opvoeding, al is dit hoe sedelik, dit ook nie kan kry nie.

[3] Wanneer `n mens nou vir so `n mens sal sê dat hy nie so `n belang moet heg aan alle skoonhede van die aarde nie, omdat so `n aardse liefde soos `n digte newel die heerlikheid van die hoër en ewige ryk van God sal verberg en aan die blikke van sy siel onttrek, sal hy dan nie sê: “Laat My die heerlikhede dan sien, dan sal ek die van hierdie aarde die rug toekeer!”? Hoe kan ons die wêreldse newel nou wegvee by so `n mens, wat op sy manier ten slotte tog ook gelyk het?

[4] Maar daar is dan miskien nog mense van die wêreldse goeie soort, en ons kan ons wel voorstel dat `n boom nie met één slag val nie, ook al is die byl hoe skerp - en kom tyd, kom ook raad! Maar daar is ook `n hele klomp mense, wat in alle opsigte van hulle wêreldse posisie afhanklik is; daarby hoort ten eerste die priesterstand, vervolgens die wydvertakte groep staatsamptenare en ten slotte die meestal nog baie ruwe soldate. By al hierdie baie legioene van mense, en wel by die grootste deel, is die newel van wêreldse liefde `n vaste, duistere massa. Hoe sal dit weggevee kan word? Oor die dienare en slawe, wat tog ook mense is, maar gewoonlik `n baie lae ontwikkelingspeil het, wil ons dit hier heeltemal nie hê nie. Die wegvee van die newel van wêreldse liefde, wat tog eers sal moet gebeur, sal by die meeste Judeërs al `n swaar saak wees; hoe moeilik sal dit dan nie wel daarna wees by die ander volkere op aarde nie! Omdat hierdie eerste werk, hoe moeilik dit ookal is, baie belangrik is, vra ons U, o Heer en Leraar, om ons nader toe te lig hoe ons dit moet aanlê om nie tevergeefs te werk nie!” 

[5] Ek sê: “My goeie vriende, dat die werk nie maklik is nie en baie inspanning en offers sal verg, voordat die verlangde resultaat daarvan sigbaar sal word, weet Ek wel die allerbeste; maar Ek gee julle immers ook die middele en die nodige hulp, om dit op geskikte plekke net so te bewerkstellig soos wat Ek dit nou by julle doen - en meer as wat Ekself het, kan Ek julle tog nie gee nie! Op die regte uur en die regte tyd sal My Gees in julle volkome duidelik laat sien wat julle moet doen om dit te bewerkstellig wat vir die ontvang van God se ryk nodig is.

[6] Die mens word daardeur bewus van wat hom ontbreek en wat kortkom, en dan sal hulle hulleself op velerlei maniere inspan om dit te bereik, wat julle goed aan hulle sal waarneem. Want so sê Ek ook in julle taal: exempla trahunt*. Want as iemand aan julle sal sien dat julle God se ryk te besit, dan sal hulle sekerlik kom vra: “Hoe het julle eintlik daaraan gekom?” En kyk, dan sal julle ook maklik kan praat, en dan sal die newels deur julle woorde en dade weldra wegvlug, net soos ook die van julle deur My woorde en dade! *(Latyn vir: “voorbeelde trek” goeie voorbeeld doen goed, want hulle sal daarin volg).

[7] Maar dat julle nou dadelik al in ongeveer een jaar of selfs op één dag alle berge en heuwels met die dale gelyk moet maak, verlang Ek tog gladnie van julle nie. Dit is voldoende as elkeen van julle met sy eie goeie en redelike wil maar net doen wat hy kan; vir die res sal Ek dan self goed sorg. Ek sal van julle tog nie meer verlang, as wat Ek self, wat rekening hou met wat die vrye wil van die mens, kan doen nie! Of sou dit nie dwaas wees van `n sterk vader, om van sy nog swak kinders te verlang dat hulle baie swaarder laste moet dra as wat Hyself dra nie? Ek sê vir julle - en julle sal dit self ervaar - dat die juk wat Ek julle opgelê het, sag is en die las lig om te dra.

[8] Maar desondanks sal die wêreld haarself versit om haar valse lig agter haar te laat, en in die tyd wanneer die lig uit die hemele reeds by baie mense volledig opgeneem sal wees, sal hulle `n heftige stryd voer vir die binnedring van die suiwer hemelse lig, en dan sal daar baie onskuldige bloed vergiet word; maar uiteindelik sal God se ryk tog vir ewig die oorwinning behaal, en al die valse lig van die wêreld sal ten gronde gaan en alle waarde verloor, soos vals goud en silwer in die oë van die kenner.

[9] Maar dat die mens ook vreugde kan belewe aan die pragtig getooide aarde, het Ek nooit verbied nie; as hulle maar altyd daarby in hulle hart dink aan Die Een wat die aarde so mooi gemaak en getooi het, want dit sal verheffend werk op hulle hart en gemoed. Want wie die werke van God met die regte oë bekyk, kan ook wel met `n suiwer vreugde daarvan geniet. Die vriende van die mooi natuur van die aarde is ook sekerlik beter mense en is maklik ryp te maak vir God se ryk.

[10] Maar die vriende van die dooie skatte van die aarde, die vriende van haar Mammon, is moeilik om tot `n beter lig te bekeer. Dit is te sien by die Fariseërs, baie ander ryk Jode en by die baie kooplui, wisselaars en handelaars. Om die ryk van God aan hierdie mense te verkondig, sou dieselfde wees as om die More te wil wit was. Hierdie soort mense is soos varke, wat julle nooit met die pêrels uit die hemele moet voer nie.

[11] Want mense van hierdie soort sal na hulle liggaamlike dood eers hulle doodsonde op die kaal maan moet afwas, en van die ryk van God sal hulle steeds `n behoorlike end verwyderd bly; want hulle sal nooit in die nuwe Jerusalem binnegelaat word nie. Mense wat gespeen is van elke liefde vir God en vir hulle naaste, is ook gespeen van die ryk van God op sigself. Hulle moet dan ook in hulle swart skynlig bly! Op die maan sal hulle woonplek wees, en maar net aan die kant waar hy onveranderlik en onwrikbaar na die materie van hierdie aarde gekeer is.

[12] Wat Ek julle nou hier gesê het, is weliswaar iets nuuts, maar dit is waar; ons sal by `n ander geleentheid miskien nog `n paar woorde daaraan wy, hoewel dit My geen genoeë gee om baie woorde te verspil aan varkstalle en kerkers vir dwase nie. - Het julle alles nou goed begryp?”

[13] Almal bedank My vir hierdie les en ons gaan weer aan tafel sit; ons neem weer ietwat brood en wyn en Matthéüs skryf die een en ander op van wat hy gehoor het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205