Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 80

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die salwing in Bethanië

80 Hierop wend Ek My weer tot die Romein Markus en vra hom of hy dit ook begryp het.

[2] Markus sê: “Nou of ek dit begryp het! Maar met my gedagtes is ek nog steeds besig met die maan, wat in `n sekere sin `n strafplek is vir te wêreldsugtige wêreldse mense. U het ons beloof dat U ons nog iets daaroor sal sê en uitlê; daarom vra ons U nou of U ook nie U belofte aan ons wil nakom nie.”

[3] Ek sê: “Dit sal Ek ook doen; want wat Ek belowe, gaan ook in vervulling, daarvoor moet die regte tyd ook net kom. Kyk, dit is nou nog dag, omdat die son nog nie ondergegaan het nie; laat ons dus wag totdat dit nag word en die sterre die aarde verlig, dan kan Ek julle so iets beter uitlê as by die verligte dag, en julle blik is nog teveel deur aardse beelde vertroebel. Vir nou vind ons nog wel iets anders, waaroor ons nog voor die aand enige woorde kan verwissel; aan die begin van die aand sal ons dan die bepaalde Fariseër en Skrifgeleerde besoek en enkele woorde met hulle verwissel.”

[4] Daarmee was die Romein Markus tevrede en ons neem weer ietwat wyn en brood tot ons.

[5] Ons het nou ongeveer `n halfuur gerus, toe daar `n dienaar van Lasarus in die saal na ons toe kom en sê dat daar buite `n mooi jong vrou met `n paar dienare aangekom het, wat die vurige wens het om die Heer te sien en te spreek. Hy vra of sy ingelaat moes word, of dat mens haar `n ander woning moes wys.

[6] Ek sê: “Die vrou wat gekom het, ken Ek; laat haar dus binnekom!”

[7] Daarop gaan die dienaar weg, en Lasarus en die leerlinge vra My wie die vrou was.

[8] En Ek sê: “Julle ken die jong vrou Maria van Magdala, wat vanmôre vroeg ook al by ons op die Olyfberg was. Sy het tuis vinnig haar huishouding in orde gebring en haar gehaas om hierheen te kom; laat niemand van julle julle dus daaroor vererg, vanweë die feit dat sy hierheen gekom het nie!”

[9] Toe Ek hierdie woorde nog maar nouliks gespreek het, kom die jong vrou, mooi gekleed en getooi, die saal binne, val onmiddellik aan My voete, open dadelik `n goue potjie wat met baie kosbare nardussalf gevul was en salf My voete daarmee; want van oudsher was dit by die vername Judeërs as een van die hoogste eerbetuigings gebruiklik om, wanneer iemand van `n koninklike huis afstam, sy voete met nardussalf te salf. 

[10] Toe My leerlinge dit merk, sê hulle onder mekaar: “Het die vrou dalk waansinnig geword? Die salf kon vir minstens tweehonderd silwerstukke verkoop word en die geld kon mens dan onder die arm mense verdeel het - die Heer het immers tog nie sulke wêreldse eerbetuiging nodig nie!”

[11] Maar Ek sien die mompelende leerlinge aan en sê: “Wat is julle nou weer geraak en vererg julle julleself?! Arm mense sal julle steeds by julle hê, maar nie vir My nie, soos wat Ek ook nou in julle midde is. Hierdie vrou het nou `n goeie werk aan My verrig en waar die evangelie van My verkondig sal word, moet hierdie vrou ook en die voorval duidelik genoem word! Ek is tog al lank in julle midde en julle het My nog nooit `n kruik helder water gegee om My voete mee te was nie; hierdie vrou het egter al vanmôre My voete gewas met haar trane en het nou teruggekom om My voete te salf. Hoe kan julle julle dan vererg? As daar nou geskrywe staan dat Ek `n Seun van Dawid is, dan kom dit My tog ook toe dat iemand My hierdie koninklike eer bewys!” 

[12] Na hierdie woorde van My sê niemand meer iets daarvan nie en almal prys die vrou en haar daad. 

[13] Daarop staan die vrou op en wil gaan.

[14] Maar Ek sê: “Bly jy nou by My; want van nou af aan moet jy ook `n getuie van My dade en erbarming word en bly!”

[15] Toe bly die vrou, vol vreugde, en Lasarus bedien haar baie vriendelik en laat ook haar dienare bedien. En daarna praat ons met mekaar byna tot die aand, en by hierdie geleentheid vertel die jong vrou ons trouhartig baie oor wat sy meegemaak het.

[16] Toe die vrou ons nou byna `n uur lank haar belewenisse op ingetoë wyse vertel het, meen sommiges van die tot My bekeerde Fariseërs dat baie van wat die vrou vertel het, nie so betaamlik was vir die verhewe geselskap nie; dit merk jy eintlik maar net op omdat in die baie goeie verhaal van die vrou baie dinge baie fyntjies vervleg was wat ook baie nou op hulle betrekking het.

[17] Maar Ek prys die openheid en trouhartigheid van die vrou en sê vir die Fariseër en Skrifgeleerde: “My enigsins opgewonde vriende! Vererg julle tog nie, omdat deur die mond van hierdie vrou nou baie dinge in My bewussyn aan die lig gekom het, waar ook julle in belangrike mate skuldig aan is en watter skuld julle in julle vlees saamdra! Maar as die woorde van die vrou, wat geen name genoem het nie, julle gemoed al verontrus, waarom doen My alwetendheid dit dan nie? Ek sê vir julle: aan die ander kant in die ryk van die geeste sal mense julle luid van die dakke verkondig wat julle op hierdie wêreld nog so ywerig trag om te verberg; daarom is dit beter om nog in hierdie wêreld `n klein oordeel te deurstaan en julle `n klein verdeemoediging te laat welgeval, as om aan die ander kant voor die oë van alle engele van die hemel tot skande te staan.

[18] Wie hulle hier op hierdie aarde as `n beter mens wil voordoen, as wat hy in werklikheid is, besit nog `n huigelagtige gees; hiermee kan mens die ryk van God egter nog nie binnegaan nie. Wie egter ooit teenoor My wil bestaan, moet hom ook so aan die wêreld laat sien soos wat hy is; dan sal hy ook in My oë en die van die engele geen verdere oordeel meer hoef deur te maak, as hy hom in sy doen en late verbeter het nie.

[19] Kyk na hierdie vrou! Sy het werklik baie gesondig; maar omdat sy vol openhartigheid is en bowendien baie werke van naasteliefde gedoen het, is sy nou ook baie vergewe en is sy vir My nou liewer as menige regverdige wat nooit gesondig het nie. Want Ek het nie vanweë die regverdiges in hierdie wêreld gekom nie, maar enkel vanweë die berouvolle sondaars, net soos `n arts alleen ook na diegene gaan wat hom nodig het en nie na die gesonde mense, wat die arts nie nodig het nie.”

[20] Na hierdie woorde van My sê die Fariseër en Skrifgeleerde, wat enigsins geïrriteerd geraak het, niks meer nie en is geneë met hierdie teregwysing.

[21] Daarop vra die vrou My om geduld met haar te hê, dan sou sy haar uiterste bes doen om alles nog goed te maak wat daar ooit deur haar aan sonde bedrywe was.

[22] Maar Ek sê vriendelik vir haar: “Jy het nie baie meer om goed te maak nie; maar ander sou aan jou baie goed te make hê! Maar nou sê Ek jou: vergeef almal wat aan jou en teenoor jou gesondig het, soos Ek ook jou vergewe het, dan sal Ek ook aan hulle hulle sonde teenoor jou vergewe! Maar eet nou en drink, en versterk jou!”

[23] Die vrou sê: “O Heer! U alleen is vir My die beste brood en die aller kragtigste en soetste wyn uit die hemele; U alleen is die egte en mees waaragtige lewensversterking van my siel en my liggaam; wees My tog altyd barmhartig en betoon medelye en verlaat my, arme sondares, nie!”

[24] Ek sê: “My liewe dogter, hierdie woorde het die vlees jou nie ingegee nie, maar die gees van liefde in die hart van jou siel!

[25] Ja, Ek is `n ware brood uit die hemele en so ook `n egte wyn; wie hierdie brood sal eet en die wyn sal drink, sal ewig geen honger en dors hê nie. Ek is derhalwe egte voedsel en egte drank; wie My sal eet en drink in gees en in waarheid, sal die dood nie sien, nóg voel of smaak nie. Eet en drink daarom nou ook liggaamlik van die aardse brood en die aardse wyn!”

[26] Toe eers neem die vrou brood en eet, en drink ook ietwat wyn daarby.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205