Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 82

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Die oorsake van die pyn wat die dood voorafgaan

82 Ek sê: “Daarin kan ek jou nie heeltemal ongelyk gee nie, want ook ek is dit beslis nie eens met die manier waarop die mens gewoonlik sterf nie. Maar wat kan ek daaraan doen, as die mens homself so `n bittere en onaangename manier van sterf besorg? As die mens maar sou lewe volgens die orde wat hom reeds baie duidelik sedert die oerbegin geopenbaar is, dan sou daar nie één mens gewees het wat hom oor die bitterheid van die dood sou kon bekla nie. 

[2] Die aartsvaders het almal `n maklike en sagte dood gesterf; want as die engel hulle geroep het, verlaat hulle siele met groot vreugde hulle liggame, wat van hulle kinderjare tot op hoë leeftyd geen pyne hoef deur te gemaak het nie, maar meestal steeds kragtig en gesond gebly het. Die uiteindelike liggaamlike dood was ook geen gevolg van hewige lyding en pyn nie, maar vind altyd maar net plaas wanneer mens na die roep van die engel verlang; waarna die siel vry en sonder enige dwang uit die liggaam tree en die liggaam sonder die minste pyn so te sê inslaap. 

[3] Maar toe die mens steeds `n meer sinlike lewe begin te lei het en hulle meer en meer oorgegee het aan ontug, hoerery en ander oordadige genietinge wat hulle sinne verdoof het, selfs hulle gesondheid bederf het, word hulle swak, miserabel en siek en hulle liggaamlike dood moes dan ook vanselfsprekend een of ander karakter kry. 

[4] As jy `n mes neem, in jou vlees sny en pyn daarby voel, kan jy met jou gesonde verstand die Skepper dan die skuld daarvoor gee, of sou jy dalk wil sê: “Ja, waarom het die Skepper eintlik geen ongevoelige liggaam aan die mens gegee nie?” Maar Ek sê jou: as jou liggaam totaal ongevoelig sou wees, hoe sou dit dan kan lewe? Slegs `n volkome dooie liggaam is ook volkome ongevoelig!

[5] Gestel nou eers dat `n mens, ten minste aan die buitekant, `n ongevoelige liggaam sou gehad het, ongeveer soos ook die van sy hare. Wat sou by `n ligsinnige mens maar al te gou die sekere gevolg daarvan wees? Selfverminking van allerlei aard, sodanig dat die mens ten slotte heeltemal geen menslike gestalte meer sou gehad het en ook nie meer tot werke in staat sou wees nie.

[6] Maar om te voorkom dat die mens altans hulle uiterlike gestalte al te veel kan vermink, is die gevoeligheid aan hulle gegee as `n goeie wagter. Bowendien spreek dit vanself dat `n mens wat geen gevoeligheid vir pyn sou gehad het nie, ook geen diep vreugde en geluksaligheid sou kon voel nie; want vir die een is die ander nodig, en sonder die een kan die ander nie bestaan nie, is dit selfs nie eens denkbaar nie.

[7] Ek weet goed dat die mense, as gevolg van hulle groot blindheid, nou en al sedert `n lang tyd, veral by die afsterwe, baie ly, en wel ten eerste omdat hulle vir die grootste deel geen enkele sekerheid het oor die voortlewe van die siel na die dood van die liggaam nie en baie reeds die geloof van die Sadduseërs aanhang, en in die tweede plek, omdat die mens deur hulle uiterste ongereëlde leefwyse hulle liggaam met allerlei onreine geeste gevul het, waaruit mettertyd onvermydelik ook allerlei verskriklike en pynlike siektes moet ontstaan, wat `n vroeë dood tot gevolg het. En daarom het Ek ook Self in die vlees op hierdie aarde gekom, om die mens die weë te laat sien wat hy moet bewandel sodat hulle egter ten eerste weer bewus daarvan word dat en hoe sy siel, sy eintlike “ek”, na die dood van die liggaam verder leef, en ten tweede om te laat sien hoe hy, solank hy op hierdie aarde moet lewe, tot op hoë leeftyd gesond en kragtig kan bly en sodat sy heengaan nie vreeslik en pynlik sal verloop nie, maar hom bly en baie gelukkig sal maak. En so kan Ek julle as Heer van die lewe die volledige versekering gee dat die een wat - volgens die werklike betekenis van die woord! - My brood sal eet en My wyn sal drink, die dood nie sal sien, voel en smaak nie. Met ander woorde: Wie volgens My leer sal lewe, sal ook alle saligmakende werking ondergaan. - Ek dink dat jy, My Skrifgeleerde vriend, hierdie dinge nou anders sal begryp as voorheen?”

[8] Die Skrifgeleerde sê: “Heer en Leraar, nou begryp ek dit inderdaad baie anders en beter as voorheen, en ek is U ook van ganser harte dankbaar vir die lig wat U ons almal ook in die opsig gegee het; want ek beskou dit as iets baie belangrik vir die mens dat hy weet en ten slotte ook werklik voel hoe dit is met die dood van die liggaam en sodoende sy ou angste, pyne en kwellinge kan kwytraak. Want slegs wanneer die mense al hierdie dinge verseker en werklik weet, kan hy eers vanuit God verhewe voel tot die egte waardigheid van `n mens, waardeur die dierlike aan hom weer verval tot die stof van die nietigheid.

[9] Maar daar kom nou nog `n baie belangrike vraag aan U na vore, omdat slegs U dit volgens die lewende waarheid kan beantwoord. Kyk, Heer en Leraar, ons het nou met `n volkome geloof, wat ons hele wese oortuig, U leer aangeneem en sal ook streng volgens die heilige ware grondbeginsels daarvan lewe en handel. Maar vroeër het ons tog wel baie jare, in allerlei sonde deurgebring, wat beslis nie volgens U orde was nie. By dergelike geleenthede het daar wel ook baie onreine geeste in ons vlees binnegesluip en het hulle daar genestel, wat ek nou duidelik aflei uit die menige siektes wat ek al moes deurmaak. Sal hierdie liggaamlike siektegeeste deur die daadwerklike eet van U brood en deur die drink van U hemelse wyn wel heeltemal verwyder kan word, sodat hulle my tydens die afsterwe nie sal kwel nie, of sal ek vanweë die sonde wat ek begaan het, uiteindelik tog die bitterheid van die dood nog enigsins moet voel en smaak?”

[10] Ek sê: “Wanneer jy so sal lewe dat jou siel volledig wedergebore word in haar gees, sal die gees vinnig en maklik heeltemal kan afreken met alle onreine geeste wat nog in jou vlees sit, en dan sal jy `n baie salige dood sterf, ook wat betref die liggaam; maar as iemand in die algemeen weliswaar baie ernstig volgens My leer sal lewe en handel, maar daarnaas heimlik tog ook nog in sy ou gewoontes verval, ja, dan sal hy tydens sy lewe op hierdie aarde die volledige wedergeboorte van sy siel in die gees ook nie kan bereik nie en sal hy dit uiteindelik in alle deemoed en geduld wel moet laat welgeval, as hy by die heengaan met nog baie leed te kampe sal hê. Want dan sal die lyding die vuur wees waardeur die lewensgoud van die mens van baie slakke gesuiwer word. Want iets wat geestelik onsuiwer is, kan die hemel nie binnegaan nie, wat soveel wil sê as: Die suiwer Gees vanuit God kan hom nie volkome met die siel verenig nie, voordat hierdie siel nie alles wat by die materie en die oordeel daarvan hoort, volkome en vir altyd uit haarself verban het nie. - Wie derhalwe met `n salige liggaamlike dood van hierdie wêreld wil skei, moet ook goeie rekening daarmee hou!

[11] Voorts moet julle matig wees in eet en drink en nie begerig wees na onnatuurlike lekkernye nie, dan sal julle `n lang tyd die gesondheid van julle liggaam behou en die dood op hoë leeftyd sal wees soos `n aangename inslaap van `n moeg geworde arbeider in die ware wingerd van God. Die siel sal daarby salig en heldersienend uit die broosgeworde liggaamlike omhulsel wegswewe en onmiddellik deur baie vriende in die onbeskryflike vreugde van die hemele binnegelei word, en jy sal eindeloos bly en opgewek wees, omdat jy eindelik verlos is van hierdie wêreld en die ellende daarvan.

[12] Wie derhalwe geheel en al volgens My leer sal lewe en handel, sal ook geheel en al met haar salige gevolge geseën word; wie dit egter nie geheel en al sal doen nie, sal ook dienooreenkomstig seën ontvang. - Het jy, My vriend, dit nou begryp?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205