Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 8
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 84

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221.

Dit verbranding en balsem van lyke

84 Toe almal dit teenoor My uitgespreek het, kom Agricola nog na My toe en sê: “Heer en Leraar, by ons Romeine word die lyke, in die besonder die van vername mense, verbrand en die as word dan in bepaalde urns en kruike op daarvoor bestemde plekke bewaar, of van baie vooraanstaande here word die lyke gebalsem en vervolgens in die katakombes bewaar; slegs die arm volk en die slawe word begrawe op daarvoor bestemde goeie ommuurde plekke. Moet dit so bly of verander word? Wat dink U van die verbranding en balsem van die lyke?”

[2] Ek sê: “As julle dit nie kan verander nie, laat dit dan maar by die ou gebruik! Maar verbranding is nog beter as balsem, waardeur die ontbindingsproses sterk vertraag word; maar dit is die beste om die liggaam egter in die aarde te begrawe. Daar moet net daarby toegesien word dat `n lyk eers begrawe word wanneer dit volkome dood is, wat `n arts wel moet kan beoordeel op grond van die kleur van die gesig en die bose ontbindingsgeur; want by skyndooies tree die eintlike doodskenmerke nie in nie. Daarom moet hy ook nie vroeër begrawe word as wanneer hy onmiskenbaar heeltemal dood is nie.

[3] `n Volmaakte mens sal natuurlik nooit in `n skyndood beland nie; maar `n materieel en genotsugtige mens maklik, omdat sy siel dikwels met `n te groot liefde aan haar vlees hang. Wanneer so `n mens koud en styf word, geen asem en polsslag meer het nie en geen teken van lewe toon nie, is die siel tog nog in die liggaam en maak angstige pogings om dit weer tot lewe te wek, wat haar na enige dae meestal ook geluk. Maar as so `n mens te vinnig in die aarde begrawe word en vervolgens in die graf ook na die liggaam weer lewend word, dan kan julle julle wel voorstel dat dit vir hom, al is dit ook maar vir enkele oomblikke, `n toestand van baie groot vertwyfeling moet oproep. As julle egter volgens My leer lewe, waarin julle veral die naasteliefde onder mekaar moet beoefen, dan is dit baie verseker ook `n daad van ware naasteliefde dat julle goed daarop toesien dat daar geen skyndooies verbrand of begrawe word nie. As julle merk dat iemand skyndood is, bring hom dan in `n ruimte met goeie en vars lug, bid vir hom en lê hom die hande op, dan sal dit met hom beter gaan! 

[4] As iemand wat skyndood is, hardnekkig is, wees dan geduldig, en beskou hom nie vooraf as dood nie, totdat die egte doodskenmerke egter by hom duidelik sigbaar begin te word! Want wat julle in vertroue verlang dat die mens vir julle sal doen, as julle in so `n toestand, wat altyd droewig is, sou raak, doen dit ook vir hulle! En veral julle, Romeine, moet dit baie goed onthou! Want aan die begrawe van die arm mense en slawe word by julle nou nie bepaald baie aandag geskenk nie - en Ek het julle nou daarop gewys.”

[5] Toe die Romeine dit van My hoor, bedank hulle My dat Ek hulle daarop gewys het, en beloof My om so sorgvuldig moontlik daarmee om te gaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205